Brandstofpryse daal dalk minder

Argieffoto

Argieffoto

Met die afgelope paar dae se verswakking van die rand, plus die volgehoue oplewing in oliepryse, het die vooruitsig vir ʼn beduidende daling in plaaslike brandstofpryse verminder.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê indien die huidige vlakke van die rand en petroleumprodukpryse deur die loop van volgende week voortduur, sal die prys van petrol met ongeveer 18c per liter op 7 September daal, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 48c in dieselfde omstandighede sal daal. “Vroeër is dalings van onderskeidelik 31c en 58c verwag, met die voorbehoud dat ʼn swakker rand die prentjie kon verander.”

Volgens Joubert sal die prys van 93 oktaan-petrol in Gauteng in September in die jongste verwagte omstandighede dan sowat R11,90 wees, terwyl die groothandelprys van ʼn liter diesel met 0,05%-swawelinhoud sowat R10,49 sal wees. “Dit sal steeds die laagste pryse sedert Maart 2016 wees.”

Joubert sê in die afgelope vier jaar was daar slegs ses maande waarin petrol en diesel goedkoper as hierdie verwagte pryse was. “In reële terme (aangepas vir inflasie) het die prys van petrol eintlik ook beduidend gedaal oor die afgelope vier jaar. In 2012-randwaardes sal ʼn liter petrol in September eintlik R9,46 kos.”

Brandstof 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marcel ·

Dis darem maar toevallig dat elke maand as die petrol moet afgaan ons regering iets doen om die rand op te jaag sodat dit dan nie gebeur nie. Iets sê vir my dat hulle ‘n vinger in die pie het en natuurlik ‘n voordeel trek uit hoër petrol pryse.

Paul ·

Die regering trek nie voordeel uit hoër brandstofpryse nie, Marcel. Die belasting op brandstof is vaste bedrae per liter, nie ‘n vaste persentasie van die prys soos BTW nie. Daar is geen BTW op brandstof nie. Die vaste bedrag per liter word slegs in April van elke jaar verhoog – nooit in ander maande nie.
Wat dit dus beteken, is dat die belastinginkomste vanuit petrol en diesel slegs afhang van die hoeveelheid liter wat verkoop word. Wanneer die prys van brandstof styg, word daar marginaal minder liter verkoop as wat andersins verkoop sou word. Dit beteken die regering kry dus MINDER belasting in wanneer die prys van petrol styg.

Koos1 ·

Paul, ek stem saam maar daar is nog die kwessie van invoerbelasting op die ru olie?

Paul ·

Koos1, daar is slegs op sommige tipes olie en ander petroleumprodukte enige invoerbelasting, en daardie invoerbelastings is ook spesifieke bedrae per liter, nie “ad valorem” (persentasiegebaseerde) belastings nie. So dis maar nes die ander belastings op brandstof – hoe minder ingevoer word, hoe minder belasting kry die regering, ongeag van die prys.

boppie ·

En vir wie moet ons dankie se laat die rand nou weer so skerp daal. Ai dus n jammerte.

Johann Marx ·

Suid Afrika het geen invloed op internasionale oliepryse nie….so wat kan ons in ‘n mate beheer? Die prestasie van ons geld-eenheid….So kan die Prez en sy cronies asseblief nou ophou om die Valke die wêreld vol rond te stuur, en te krap waar dit nie jeuk nie….sodat die Rand kan verstewig, sodat ons almal voordeel kan trek, sodat ons besighede beter kan doen, ons rentekoerse daal, meer mense werk kry….en…en…en…en. Hemel tog, is dit wragtag so moeilik om te verstaan??

Jaco Prinsloo ·

En so verarm ons almal in hierdie land, alles te dankie aan numma one!

Hendrik ·

In 2023 mag daar net elektriese passasiersvoertuie verkoop word in Nederland. Dink net hoeveel kan S.A spaar aan buitelandse valuta deur ‘n infrastruktuur te vestig vir elektriese voertuie.

Paul ·

Dis nie waar nie, Hendrik. Daardie wet is nog nie deur die Nederlandse parlement goedgekeur nie, en sal hopelik ook nooit gebeur nie.

Johanna Botha ·

Hiers die ding ….hulle weet die Rand gaan verswak ….so wat doen hulle …ja hulle maak geld uit dit deur Rand wat verswak …iemand moet dit net ondersoek asb ….Gerrie toe kyk of jy dit so goed kan ondersoek en help die hele land vir n slag aswat jy so agter Oscar aanhardloop.

Nico ·

Of die regering nou minder kry of nie uit belasting hulle behoort nie daar nie enige iemand kan sien dat die bietjie wat hulle kry neuk hulle nog steeds op soos gese ondersoek en fire die pres en sy trawante Dan gaan jy sien hoe klim n rand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.