Brandstofpryse daal dán

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Karen Sandison/African News Agency)

Brandstofpryse sal vandeesweek daal en verbruikers van diesel en paraffien sal veral van oor tot oor glimlag.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het gesê die prys van 95-oktaan petrol sal Dinsdag om middernag met 32c per liter daal terwyl die prys van 93-oktaan petrol met 23c per liter sal daal.

Die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% sal Dinsdag om middernag met 93c per liter daal en diesel met ʼn inhoud van 0,05 persent swael met 90c per liter.

Paraffien daal met 76c per liter. Gas word met 20c per kg goedkoper.

Die laer brandstofpryse is danksy die daling in oliepryse en die rand se sterkter vertoning teenoor die dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Pateties!!!!Volgende maand en daarna styg dit weer dubbeld!!!Verlaag petrol en sit diesel en paraffien op!Staat weet net van wie hulle kan roof!!!!!!

Duck ·

Nou moet die rentekoers net ‘n bietjie weer opgaan, ek maak so staat daarop en op die oomblik is dit nou nie juis iets om na uit te sien nie. Het voor die virus epedemie omtrent R10 000 per maand rente gekry op my ou spaargeldjie, nou is dit R5700. Sien so daarna uit dat dit weer terug keer na normaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.