Brandstofpryse daal glo in Maart

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het gesê brandstofpryse sal na verwagting volgende maand daal.

Petrol sal na verwagting met 7c per liter daal, diesel met 2c en paraffien met 8c. “Die feit dat die rand sterker geword het én die afname in internasionale petroleumpryse sal na verwagting die daling tot gevolg hê.”

Die AA het gesê die rand het effens “gesukkel” aan die begin van vandeesmaand maar staan nou toenemend sterker teen die Amerikaanse dollar. “Internasionale oliepryse is tans ook die laagste wat dit nóg die jaar was.”

Die verlaging gaan egter van korte duur wees aangesien die brandstofheffing op 5 April met 30c verhoog word. Die Padongelukkefonds se heffing styg met 9c.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Penellope Jones ·

Ag tog, wil hulle nou werklik waar he dat ons moet goed voel en dit glo?
Dit word nou kastig verlaag sodat dit enorm verhoog kan word later!
Dis mos die patroon.

Nico K ·

Ons het so liedjie in die weermag gesing: “They give you 50 dollar, they take back 49”. In hierdie geval gee hulle 7 sent en dan vat hulle volgende maand 40c.

Wyn ·

Hoekom word die petrol, diesel en parafien pryse genoem maar nooit die gas pryse nie?

Loeis ·

‘n Ander ding. Ekonome vertel dat die goeie reen wat dele van die land gekry het, voedselinflasie oor die volgende jaar behoort te beveg. Geldige argument, maar wanneer brandstofpryse klim, kos dit boere meer om implimente se brandstof te betaal, vervoer van voesel gaan op ens, en dus wen die verbruiker (soos gewoonlik) nie.

Daar is gewoonlik ‘n verband tussen ekonomiese groei en inflasie, maar die groei in Suid-Afrika skiet nou tekort. Ons kry basies die nadele, maar nie die voordele nie. Met komplimente van die African National Congress.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.