Brandstofpryse daal

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse Woensdag daal.

“Die prys van petrol daal op 1 Maart met 8c per liter vir 93- en 95-oktaan,” het die departement gesê. Diesel daal met 2c per liter en paraffien met 8c per liter.

Volgens die departement het die gemiddelde internasionale pryse van petrol, diesel en paraffien toegeneem tydens die tydperk van oorsig. Die rand het versterk teen die Amerikaanse dollar. “Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die tydperk 27 Januarie 2017 tot 23 Februarie 2017 was 13,2899 vergeleke met 13,5831 gedurende die vorige tydperk.”

Die verlaging gaan egter van korte duur wees aangesien die brandstofheffing op 5 April met 30c verhoog word. Die Padongelukkefonds se heffing styg met 9c.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christelle ·

Dit maak aan my GEEN verskil nie, verbruikers produkte bly abnormaal hoog, brandstof het nog nooit regtig in die laaste paar jaar gedaal nie as ‘n mens die styging en verlaging tendens dopgehou het nie. Ongelukkig dink die regering almal is idiote.

Michael barnard ·

Hul wil darm se hul het die brandstof prys laat daal om jou te bluf, plaas dat hul dit maar net so gelos het want dit sou geen verskil gemaak het en hul gee nou net ekstra werk vir die motor hawens.

muis ·

Wat!!? Daal met so min wat nie eers n verskil aan die beursie maak nie jaar styg met so baie nie very later nie

jaco ·

ek kan verstaan dat stygende pryse van ALLES seker n manier is om ryk wit mense by te kom en te straf oor apartheid, maar dink die swart ANC regering ooit daaraan dat hierdie stygende pryse ook hulle swart rasgenote nadelig tref en dat die gevolge op hulle baie erger is as op ryk mense?

Cherokee ·

Iets om oor te juig! Gelukkig is ons, want wanneer die petrolprys styg is dit met slegs ‘n randjie of so per liter maar wanneer dit daal dan sak die prys met ‘n hele 8 sent..(vir ‘n hele maand) !!

Johann ·

Se vir hulle, hulle moet dit vat en lekkers vir hul kinders koop, dit is ‘n belediging vir Suid-Afrika

Chris ·

Ek “worrie” in elk geval nooit oor die petrol prys nie. Ek gooi altyd net R100 in.

Andries Erwee ·

As ek die baie “hulles” lees kry ek die idee dat die lesers dink ons koop petrol by iemand ( moontlik die staat) en daai iemand bepaal die prys van brandstof? Dit kan tog nie wees dat mense so oningelig is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.