Brandstofpryse dalk effens minder in nuwe jaar

Argieffoto

Motoriste kan met die aanbreek van die nuwe jaar moontlik ʼn effense verligting by vulstasies te wagte wees wanneer die nuwe brandstofpryse in werking tree.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Vrydag gesê gebaseer op die middel-van-die-maand, ongeouditeerde brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, blyk dit dat verbruikers in Januarie effens minder vir brandstof sal betaal.

“Die rand het ʼn bietjie sterker vertoon teen die Amerikaanse dollar sedert die begin van Desember, ondanks politieke onstuimigheid in die aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie,” lui ʼn verklaring van die AA. “Hierdie versterking van die rand is egter in die eerste twee weke teengewerk deur ʼn toename in internasionale petroleumpryse.”

Daar word in dié stadium verwag dat die prys van petrol met ongeveer 10c/l sal daal en die prys van diesel en paraffien rondom 6c/l sal daal.

“Die politieke landskap ná die ANC-verkiesingkonferensie, asook die internasionale ekonomiese sentiment oor die oliemark, sal waarskynlik die belangrikste aanwysers vir die brandstofpryse wees aan die einde van die maand.”

Die AA het gesê tans word daar egter slegs geringe veranderings in brandstofpryse vir Januarie 2018 verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Is ‘dalk’ dalk die in-woord vir 2018? Watter siener het hierdie ‘dalk’ gesien? Kan hy dalk ook meer lig werp op wat more vir SA voorle? Ons kan hom dalk ook in die toekoms meer gebruik vir al die ‘dalke’ wat mag opduik… as hy dalk kans sien, bygese…

jan_alleman ·

ag man , dit is die skelm anc se ou laai , sit die petrol prys op voor die vakansie , melk almal lekker en drop dit dan weer in januarie om almal weer gelukkig te kry , gelukkig vir hulle is almal in die land lekker stupid so min mense kom dit agter , ek gaan altyd op vakansie buite seisoen , so ek betaal nie vir hulle gravy trein nie

WieJan ·

Voor vakansie = op met 75c/L….
Na vakansie = af met 10c/L….

Dis sooo voorspelbaar

Annelien ·

Los dit maar eerder soos dit is as daar nie n ordentlike verskil kan wees nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.