Brandstofpryse: Dis Woensdag weer súlke tyd

(Grafiek: pixabay)

Die departement van minerale bronne en energie het die nuwe brandstofpryse bekend gemaak en vandeesmaand se verligting is iets van die verlede.

Die prys van petrol styg Woensdag met 53c per liter, terwyl die prys van diesel met tussen 78,84c per liter en 79,84c per liter toeneem.

Paraffien sal voortaan R1,01 per liter duurder wees.

Volgens die departement het die prys van brentruolie die afgelope maand met tussen $76 en $87 toegeneem, een van die groot bydraende faktore tot die prysstyging. Hoewel ekonomiese herstel steeds sukkel, is dit sterker as verwag. Olievoorrade het ook nog nie heeltemal bygekom nie.

ʼn Verslapping van Covid-19-inperkingsregulasies het ondanks vrese oor die Omikron-variant en danksy hoër inentingskoerse tot internasionale reise gelei en die vraag na olie laat verhoog.

Kommer oor toenemende spanning tussen Rusland en die Oekraïne het ook ʼn uitwerking op die prys van olie gehad. Die streek is ʼn belangrike olie- en gasinfrastruktuursentrum.

Volgens die departement word die balansfondsheffing met 13c per liter verminder nadat die balans daarvan teen die einde van Desember op –R3,490 miljard gestaan het.

Só lyk die prysstygings:

  • Petrol (93 oktaan): 53c/liter
  • Petrol (95 oktaan): 53c/liter
  • Diesel (0,05% swael): 79,48c/liter
  • Diesel (0,005% swael): 78,84c/liter
  • Paraffien (enkel maksimum nasionale kleinhandelprys): R1,35

Alle pryse tree Dinsdag om middernag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

En die taxi drywers rep nie n woord nie dit is darm baie snaaks.Die tyd toe die NP regeer het het die taxi drywers die petrol tankers aan die brand gesteek as petrol prys op gegaan het.

Alfred E Neuman ·

Taxis kry brandstofsubsidie. Ek en jy en ander belastingbetalers betaal daarvoor.

Christine ·

Taxis is vrygestel van enige belasting. Dis hoekom hul monde doodstil is.

Yolandie ·

Die manne in die taxi’s se petrol word deur die staat gesubsidieer en dis hoekom hulle nie boe of ba maak nie. EN vd lekker subsidie betaal hulle nie ‘n sent belasting nie. Maar ek en jy ons betaal deur ons ore vir petrol en dan moet ons nog belasting ook betaal.

JohanR ·

Die ANC het al die spoor en lug stelsis verwoes soe hoekom nie ook die pad stelsels. Dink hulle sal net gelukkig wees waaneer eienaars wat goedere met trokke vervoer dit nie meer kan bekostig nie! Wad tot skepe ook nie meer hier aandoen nie.

Mariana ·

Hulle sal nie gelukkig wees voor hierdie hele land ‘n ashoop is nie. Hulle skep nou terwyl daar nog iets is en ons moet betaal daarvoor.

Samuel ·

Almal mor en kla oor die brandstofprys wat styg, maar hoor iemand die mense in Taxi-bedryf kla?? Wonder maar net.

Christine ·

Die taxi-bedryf betaal eerstens nie belasting nie en tweedens word hul brandstofpryse gesubsidieer, dis hoekom hulle nie kla nie. Jy hoef nie te wonder nie, nou weet jy.

Pietertjie ·

Geen probleem: volgende maand daal dit weer met ‘n paar sente, dan is almal gelukkig met die goedkoop brandstof.

Marius ·

Dit is darem snaaks hoe covid nou al die skuld kry vir brandstof stygings. Dit is ‘n bog storie.

Vossie ·

Niemand sit meer die vol bedrag op die blad nie want hulle is te skaam dis so hoog.

Waarnemer ·

Die taxi bedryf word deur die staat gesubsidieer…daarom is daar sedert 1994 nie meer taxi stakings ensv wanneer brandstofpryse styg nie.

Papsak ·

Ja taxis kry mos voorkeur daarom ry hulle soos regte padvarke en maak ongelukke

Annamarie ·

Hoeveel betaal die taxi’s?????? Want hulle kla nooit oor enige prys verhoging. EN WAAROM die geheimsinnigheid????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.