Brandstofpryse gaan daal

Argieffoto

Argieffoto

Die omwentelinge in wêreldmarkte, wat reeds dalings van duisende rande in talle Suid-Afrikaners se aftreefondse veroorsaak het, bring wel op 2 September een ligpunt.

Volgens Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), gaan die prys van petrol en diesel daal, waarskynlik met sowat 70c per liter vir petrol en sowat 50c vir groothandeldiesel.

Met hierdie daling sal ʼn liter 93-oktaan-petrol in Gauteng vanaf 2 September ongeveer R12,31 kos. Dit sal sowat 8,2% minder wees as die prys in September 2014, toe dit R13,41 gekos het.

Volgens Joubert was die onlangse dalings in oliepryse se uitwerking groter as die verswakking in die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar. “Derhalwe is internasionale petroleumpryse, in rand geprys, steeds besig om te daal. Gemiddeld tot dusver deur die loop van Augustus was die pryse van petrol en diesel internasionaal op vervaardigingsvlak, in dollar geprys, beduidend laer as wat dit gemiddeld gedurende Julie was. Die rand, wat gemiddeld in Augustus swakker was as gemiddeld in Julie, het egter nie genoegsaam verswak om hierdie prysdaling uit te wis nie. Gevolglik sal plaaslike brandstofpryse, volgens die gepubliseerde formule, op 2 September daal.”

Dit is nog te vroeg vir enige goeie voorspellings, maar indien die huidige toestand deur die loop van September voortduur, kan plaaslike brandstofpryse weer in Oktober daal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoereBikerBaby ·

wel ons moet maar die geleendheid gryp en soveel petrol probeer in die hande kry teen die nuwe prys die komende maand, want as ek sien hoe sleg die rand nou teen die dollar en nie eens om te praat van die Euro nie, gaan ons lekker huil die maand daarop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.