Brandstofpryse: Goeie nuus in September

(Foto: Maroela Media)

Verbruikers sal van September na verwagting minder vir brandstof betaal.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê gegrond op ongeouditeerde syfers van die Sentrale Energiefonds gaan bestendiger oliepryse – ten spyte van ʼn verswakkende rand – lei tot ʼn verlaging van sowat vier sent per liter in die prys van 95-oktaanpetrol, ʼn verlaging van 19 sent in die prys van diesel en ʼn verlaging van 24 sent vir die prys van paraffien.

“Die enigste soort brandstof wat waarskynlik gaan styg, is 93-oktaanpetrol, waarvan die prys na verwagting met ses sent per liter gaan styg,” het die AA Donderdag gesê.

“Vandeesmaand se slegte nuus was die rand, wat teruggesak het van R16,80 teen die Amerikaanse dollar verlede maand en teen die middel van die maand op pad was na R17,40, maar sedertdien effens verstewig het.

“Die goeie nuus is dat ʼn bestendige olieprysvertoning die swakker rand teengewerk het,” sê die AA.

Die AA waarsku dat die brandstofprys egter in die komende weke egter weer onder druk kan kom.

“Terwyl die land die ekonomiese skade wat die Covid-19-afsonderingstydperk aangerig het, trotseer, is daar ook kommer oor die regering se voortslepende beleidsonsekerheid en vlakke van korrupsie, soos die president [Cyril Ramaphosa] uitgewys het.”

Die AA sê dié kwessies het ʼn uitwerking op beleggersvertroue en dus die rand se waarde, wat beteken die brandstofprys is hoër as wat dit moet wees en gaan op medium- en lang termyn langer neem om na billike vlakke terug te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Agh dankie ANC. Ons is vir ewig dankbaar! Sal nie nie in 2021 vir jou stem nie….ummmm sal nooit vir jou stem nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.