Brandstofpryse kan dalk skerp daal

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Vuisvoos motoriste kan uitsien na ʼn moontlike vroeë Kersgeskenk wanneer brandstofpryse na verwagting begin Desember skerp sal daal, sê die Automobiel Assosiasie (AA).

“Solank die huidige tendense met betrekking tot die brandstofprys voortduur, kry verbruikers ná maande se volgehoue druk op die brandstofprys na verwagting ʼn blaaskans [op die eerste Woensdag] in Desember,” sê die AA in ʼn verklaring.

Die vernaamste bydraende faktor tot die verlaagte prys is die versnellende daling in internasionale oliepryse, wat sedert begin November afwaarts neig.

Die AA sê ʼn geringe versterking in die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar dra ook by tot die verwagting dat brandstofpryse aansienlik sal daal.

Volgens huidige data kan ʼn aansienlike daling van R1,54/ℓ  petrol verwag word, terwyl diesel met 92c/ℓ  kan daal en paraffien met 85c/ℓ . Tog waarsku die AA die departement van energie het onlangs die sogenaamde Slate-heffing ingestel om prysveranderings te beheer, wat ʼn uitwerking kan hê op die pryse wat verbruikers eindelik by die pompe sal betaal.

Die AA sê al lyk die prentjie tans rooskleuriger as in ʼn lang tyd, moet verbruikers in gedagte hou dat die verwagte dalings op die oomblik nog net voorspellings is.

Tien jaar gelede het ʼn liter petrol net R9 gekos, vergeleke met die huidige sowat R17. In 2010 was die prys tussen R7 en R8, maar daarna het dit tot R13 in 2013 en 2014 gestyg.

Van tussen R11 en R12 in 2016 het dit die afgelope twee jaar amper deurgaans bly styg tot die huidige rekordvlakke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

hendrik ·

Prys gaan minder daal as wat dit gestyg het. Dis maar net die ANC se foefie voor die verkiesing.

Michael ·

Pasop vir januarie hul gaan die geld opmaak wat hul des verloor het as jy van vakansie kom

Marius ·

Nes jy se hulle wurg dan die bietjie geld wat jy oor het uit jou uit na vakansie.

Johan H. ·

Skerp daling is R10 per lieter. Hulle speel met ons koppe,

nico k ·

Dis ongelukkig waar. Hulle doen dit elke jaar. Die prys daal net voor die mense op vakansie gaan, en dan styg hy vroeg Januarie net voor jy moet terug kom. (En jy moet terugkom.) Maar dat die internasionale olieprys val (en behoort te val) is ‘n feit.

Judge Dredd ·

Diesel was altyd goedkoper as petrol – tog huidiglik is hy duurder as petrol by sekere pompe en nou sien ek hulle voorspel dat diesel minder gaan verlaag as petrol. So diesel gaan nou nog meer duurder as petrol wees.
Watter slim veskoning gaan hulle nou gebruik om hul bose mark manipulasie van diesel teenoor petrol te versteek.

Hoe nou....... ·

@ Judge, ek adverteer nie regtig nie maar ek kry diesel goedkoper vir 10ppm by Sasol as enige ander plek. However dis nogsteeds mur duur!

D B ·

Lag ek nou lekker oor daai “slate-heffing”…die regering sal elke sent uit ons wurg, al word olie “verniet weggegee”.

thelsa ·

Brandstofprys is gekoppel aan Internasionale Olieprys en Rand/Dollar wisselkoers. Deur die markte dop te hou sou enigiemand kon sien wat die tendens is. Wakker slaap mense

Judge Dredd ·

SA betaal nie die internasionale olieprys al word dit elke dag op die nuus gewys.
Ons olie word ingevoer van lande soos Nigeria en Iran onder andere en hul oliepryse wissel.
Hoekom die regering/media nie die regte olieprys wil wys moet jy maar self dink.
Wakker slaap mense.

Elsabie ·

WAT? Met 10c!!!??? Wow dis awesome! En jul dink ons is dom? Regtig…..

John ·

Die nuwe wending tov grondhervorming gaan alle hoop vir ekonomiese herstel laat vervaag. Die ANC gaan die mat onder die volk se voete uitpluk en die val gaan hard wees.

Henk ·

Nou tydens beriggewing behoort ons geagte joernaliste ook sommer te se wat was die rand dollar wisselkoets en die olieprys gedurende 2008, 2009, 2010 ens. Dan sal die liewe inwoners self n vergelyking kan tref en self kan sien hoe die anc regering homself verryk uit ons!

RINA SCHEEPERS ·

Slate-heffing????? Wha! hoeveel moet ons nog vir die staat gee, en geen paaie word reggemaak nie, ons skryf bande af en probeer om die pot holes ry!

Frans du Toit ·

Ek wonder of die pryse van verbruikersgoedere ook dienooreenkomstig sal daal…

Chrisjan ·

Ai Thelsa, nie almal is ekonomies-ongeletterd nie. Wat die meerdeeheid kommentaar weerspieël is eintlik ‘n oorsig oor die tendense wat die mense oor die afgelope jare ervaar het – ongeag die ru-olie pryse en die R/$-wisselkoers en ons “konneksies” met die Arabiese lande of wat ookal. Die feit is dat bransdtofpryse tradisioneel voor verkiesings verlaag word, dit was selfs in pre-1994 die geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.