Brandstofpryse kan weer daal

Argieffoto: Activ-Michoko, Pixabay

Die Automobiel Assosiasie (AA) sê nóg verligting wag moontlik volgende maand op motoriste wanneer brandstofpryse na verwagting die derde keer agtereenvolgens kan daal.

“Hoewel die internasionale prys van ru-olie sedert sy laagtepunt op 1 Januarie opwaarts beweeg het,” sê die AA, “is die algemene prys steeds laer as Desember se gemiddelde, en dit word in die huidige data weerspieël.”

Die AA sê die rand het boonop van ʼn gemiddeld van R14,44 begin vanjaar tot die huidige gemiddelde van R14,20 teenoor die dollar verstewig. Dinsdag het die rand teen R13,81/dollar verhandel.

Volgens die huidige tendense kan motoriste uitsien na ʼn daling van 12c per liter in die petrolprys, 36c per liter in die dieselprys en 33c per liter vir paraffien, maar die AA waarsku dié voorspellings kan in die tweede helfte van die maand verander.

“Die rand verstewig steeds effens, [maar] dis nie duidelik op watter vlak die olieprys sal stabiliseer nie,” sê die AA. “Ons sal moet kyk of dit voor- óf nadelig vir motoriste sal wees.”

Albei grade petrol het begin Januarie met meer as ʼn rand  gedaal – 93 oktaan met R1,22 en 95 oktaan met R1,23 per liter – terwyl die groothandelprys van diesel met tussen R1,54 en R1,56 per liter gedaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

canalo ·

ek kan nie help as om bekommerd te wees oor die groot verhoging na al die verlagings
maar welkome nuus dankie MM

Morné ·

Alle pryse gaan op wanneer die petrolpryse styg maar staan stil wanneer dit weer daal net om verder op te gaan wanneer dit weer styg. Dinge maak nie meer sin nie…

jan ·

DAAL DIE KOS PRYSE OOK????????? WANT DIT WORD VINNIG OP GESIT AS DAAR NET VAN N BRANDSTOF VERHOOGING GEPRAAD WORD; BAAAAA DIT IS NET BLUF.

anita ·

Lyk asof dit Zimbabwe se beurt is om ons te sponser, hullebetaal vir ons daling …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.