Brandstofpryse: Mengelmoes vir Junie verwag

(Grafiek: pixabay)

ʼn Gemengde brandstofprys-prentjie wag in Junie na verwagting op motoriste.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) se voorspelling is ʼn een sent-daling in die prys van petrol, terwyl die prys van diesel na verwagting met 20 sent per liter sal styg. Die prys van paraffien gaan na verwagting 25 sent duurder word.

“Na etlike weke van bestendigheid het internasionale oliepryse nou weer begin styg, met ʼn effense piek in die eerste week van Mei, voor pryse weer effens begin terugsak het,” sê die AA.

“Hoewel daar steeds ʼn balans gevind moet word tussen internasionale aanbod en die vraag in oliemarkte, lyk die huidige verskille meer na die prentjie wat ons voor die Covid-19-pandemie gesien het. Dit dui daarop dat normale markkragte toenemend die oorhand kry oor verlede jaar se ontwrigtende oorlading wat gelei het tot die verstommende negatiewe pryse vir West Texas Intermediate-ruolie.”

Oliepryse is egter steeds kwesbaar vir inperkings wat ingestel word deur stygings in Covid-19-getalle, veral wat betref nuwe variante van die virus.

Die AA sê niks behoort as vanselfsprekend aanvaar te word tot die wêreldwye inentingsveldtog die drempel vir kudde-immuniteit verbygesteek het nie.

Intussen help die sterker rand ook om die styging in oliepryse teen te werk. Hoewel die daaglikse wisselkoers heelwat gewissel het, het die rand sedert die begin van die maand sowat 20 sent teen die dollar verstewig.

Die AA sê daar gaan egter na verwagting steeds heelwat verandering plaasvind voor die departement van minerale hulpbronne en energie die pryse later vandeesmaand bekend maak.

Daar sal gebokspring word tussen die rand en die prys van olie en die prentjie aan die einde van die maand gaan waarskynlik ietwat verskil van wat tans die vooruitsig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bart-Man ·

Ek wonder hoeveel een sente hulle gaan spandeer om die een sent daling te adverteer.

Bart-Man ·

Die ANC gebruik nog altyd brandstof om hulle flaters te finansier.

JohanR ·

Die prentjie aam met die berig luik soe bietjie soos die ANC….running on empty!

Jack ·

Nee wat as die prys nie ten minste met R1 of R2 val nie mors hulle ons tyd.Maar soos ons weet vul brandstof nou al die krake wat die ANC nie meer kan betaal of finansier nie.Dit is ‘n maklike manier om geld uit mense uit te forseer.Brandstof gaan nou net opgaan tot ons maar die perde en fietse begin gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.