Brandstofpryse: Motoriste kry goeie nuus

fuel-price-increaseDie departement van energie sal Vrydag die brandstofpryse vir September aankondig met die prys van petrol wat na verwagting met meer as 60c per liter sal daal.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), kan die prys van ʼn liter 95-oktaan petrol volgende Woensdag met sowat 72c daal.

“Dit is indien die huidige oorverhalings op die prys van petrol vir die res van die week volgehou word en die leiheffing (“slate levy”) van 4,38 sent verwyder word.”

Joubert sê die groothandelprys van diesel kan onder dieselfde toestande met sowat 25c per liter daal.

“Die rand se wisselkoers teen die dollar was gemiddeld deur die loop van Augustus op so te sê dieselfde vlakke as in Julie, maar die internasionale pryse van petroleumprodukte is al sedert die einde van Junie op ʼn dalende trajek, wat deur die loop van Augustus volgehou is.”

Joubert sê dit is wel moontlik dat die departement van energie Vrydag ʼn styging in die winsmarges wat vir groot- en kleinhandelaars toegelaat word, kan aankondig.

“Dit is nie moontlik om te voorspel wanneer sulke stygings sal plaasvind, of hoe groot dit sal wees nie, maar dit gebeur dikwels in September of Oktober.”

Joubert sê indien die departement wel so ʼn styging afkondig, of indien die leiheffing nie soos verwag daal nie, kan dit die verwagte dalings in die petrol- en dieselpryse kleiner maak, op sowat 67c en 20c per liter onderskeidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gawie Botha ·

Daar sal geen ontwrigting wees,as die EFF n behoorlikke spreek beurt kry,sonder onregmatige inmenging van die voorsittende beampte,wat bevooroordeeld is as n ANC lid!

henk ·

dis goedkoper om diesel te maak en diesel se prys verminder met NET 25 sent? Gedog dis te goed om waar te wees toe ek sien petrol word tot 60 sent goedkoper! Geweet die politici sal iewers plek kry om te steel

Paul ·

Henk, maar het jy opgelet hoeveel die prys van diesel voorheen gestyg het en hoeveel petrol gestyg het? Jy kan nie net na die verskil oplet wanneer dit jou pas en dan ‘n “teorie” daaroor formuleer asof dit die volle waarheid is nie.

Vanaf Januarie tot Augustus het die prys van 95-oktaan petrol byvoorbeeld met 72 sent gestyg, maar die prys van diesel het oor dieselfde tydperk met ‘n paar sent GEDAAL.

Ek bederf nou seker ‘n goeie storie met feite, maar dis die waarheid.

Snippie ·

My teorie: elke keer as die petrolprys so lekker daal gaan hy oor ‘n maand of twee weer net so lekker op. Spaar maar die geldjies wat nou die beursie bietjie voller gaan maak.

snip ·

ja petrol prys kom af maar kos pryse bly dieselfde. maar as die petrol prys weer opgaan gaan die kospryse ook op. kon nog nooit daai som verstaan

Paul ·

Dalk omdat die som nie sin maak nie. Die prys van kos (glo dit as jy wil!) styg nie outomaties met dieselfde persentasie wanneer die prys van petrol (of diesel) styg nie. Daar is geen sterk, direkte verband tussen die twee nie. Hoekom sal daar wees?

Onthou die diesel wat as insetkoste in die produksie van landbougewasse ingaan, word maande of selfs jare voordat dit produk uiteindelik op die rak kom, aangekoop. Die boer se trekker en waens ry daardie diesel uit met planttyd en oestyd, en dan lê die koring eers in die silo vir maande lank voordat dit gemaal word en gebak word en die brood op die rak verskyn. Die finale koste om die brood van die bakkery tot by die winkel te vervoer is nie eers 1% van die uiteindelike rakprys van die brood nie.

Ivan ·

Natuurlik is daar ‘n direkte verband tussen brandstofpryse en voedselpryse. Dit is- as ons op jou argument gaan, waarmee ek slegs deelteliks saamstem- dan laasjaar se koring wat die jaar se brandstof dek en die jaar wat vlge jaar s’n dek. Daar is voortdurend brandstofrekeninge, elke maand, die boer werk dit direk in by sy produk = direkte invloed op voedselprys. As die boer vandag ploeg, en more gaan die brandstofprys op, word dit net daar en dan by sy prys ingewerk want more moet hy diesel gaan aankoop vir die vervoer van produk. (of middelman, wie-ookal vervoer behartig, irrelevant)

Paul ·

Die boere sal bly wees om te hoor dat hulle hul pryse kan bepaal en nie eenvoudig prys-nemers is nie. Jammer, dis nie hoe dit werk nie.

Onthou, die verdere punt is ook dat brandstof as insetkoste nie so groot deel van die finale rakprys uitmaak nie.
Gestel dit maak, as mens al die stappe in die produksieproses bymekaartel, uiteintlik 20% van die finale rakprys uit (‘n groot oorskatting vir meeste kosprodukte). Met ander woorde, as die kosproduk R10 kos, dan is R2 daarvan eintlik net om die koste van brandstof te dek.

Nou goed, gestel nou die prys van brandstof styg met 30% (‘n buitengewoon groot styging). Die R2-komponent styg dus tot R2,60.
Neem aan dit word direk deurgegee na die finale rakprys, en dit beteken die prys is nou R10,60 en nie meer R10,00 nie. Dit is ‘n styging van 6%. Glad nie so groot soos die aanvanklike 30%-styging in die brandstofprys nie.

Hierdie eenvoudige voorbeeld toon dat, selfs al was daar so ‘n direkte verband, die idee dat brandstofprysstygings gelyke stygings in kospryse veroorsaak, eenvoudig nie waar kan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.