Brandstofpryse: Regering gevra om in te gryp

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp wat betref die voortdurende styging in brandstofpryse waaronder verbruikers gebuk gaan.

IVP-LP Mkhuleko Hlengwa het Maandag aan Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, geskryf om te versoek dat daar ʼn debat gehou word oor brandstofpryse. Hy het gesê Mbete moet ʼn mosie ter tafel lê om brandstofheffings op te skort.

Hlengwa het in die brief gesê dit is van nasionale openbare belang om dringend die stygende brandstofpryse en die nadelige effek wat dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel het, te bespreek. “Nog belangriker moet daar bespreek word wat die effek hiervan op die welstand van Suid-Afrikaanse burgers is wat weereens die finale las van die verhoging sal dra wanneer ondernemings eenvoudig hierdie verhoogde kostes aan die verbruiker oordra,” het Hlengwa in die brief gesê.

“Die debat is noodsaaklik op hierdie tydstip, aangesien ek glo daar alternatiewe middele deur die regering gevind kan word om die toename in kostes te subsidieer.”

Maroela Media het vroeër berig motoriste is vandag met nóg ʼn prysverhoging geslaan nadat petrol om middernag met tussen 23c en 26c per liter opgegaan het. Diesel kos nou 26c per liter duurder.

Die departement van energie het vroeër gesê die prysverhogings kan toegeskryf word aan die rand se swak prestasie teen die Amerikaanse dollar, die afname in die prys van Brent ru-olie en die impak van brandstofprodukpryse.

Die jongste verhoging het brandstofpryse tot ʼn rekordhoogte van bo R16 per liter laat skiet.

Die EFF het ook te velde getrek teen die verbruikers se stryd om al hoe meer te betaal vir vervoer, kos en ander basiese benodighede weens die verhoogde brandstofprys. “Vir ʼn regering wat staatsinstansies in die afgrond in gestuur het deur miljarde rande deur korrupsie te steel, is die verhoging van brandstofpryse ʼn desperate manier om inkomste te verhoog met ʼn totale gebrek aan respek vir gewone mense,” het die party gesê.

“Dít terwyl die groot ondernemings beskerm word en daar nie aan hul bydraes tot inkomste deur korporatiewe inkomstebelasting geraak word nie. Die totale las van inkomste-invordering word op die reeds oorlaaide gewone werkers geplaas wat klaar omtrent niks verdien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Colleen ·

Hulle kan verder ondersoek instel na wat word van die heffings wat ons betaal vir die Pad Ongelukke Fonds, want as hulle 300 stoele ‘n maand kan HUUR teen R500 000 dan is daar sekerlik nog ongeruimdhede. Wonder aan wie en hoeveel betaal hulle huur per maand vir die gebou/e waarin hulle operate. Solank ons betaal, so lank sal die korrupsie aanhou. Jan Alleman kan seker nie subsidie verwag nie. Net taxis sal seker kwalifiseer of hulle staak en brand alles om hulle af.

Gollie ·

ons moet maar betaal ,want almal van ons is nie daar toe instaat om ‘n motor te besit nie,maak gebruik van taxis.dis ‘n jammer

Chris Ws ·

Colleen ek kan getuig van wat word van die heffing vir die Pad Ongelukke Fonds.Ons was in ‘n lelike ongeluk toe iemand VAN AGTER AF in ons vasgejaag het 5 jaar gelede.My vrou is ernstig beseer.Syt ook ‘n breinbesering opgedoen en was 4 maande in die hospitaal.Sy sukkel nou om met my hulp en ‘n driepoot kierie geloop te kry ,praat moeilik en kan een arm en hand gladnie gebruik nie.Die Pad Ongelukke Fonds het haar vergoed en mediese kostes wat ek self moes betaal aan my terug betaal.Sy kry nou ‘n maandelikse “pensioen” om haar uitgawes vir haar medikasie ens te dek.Haar geldjie word deur ‘n trustee firma bestuur.So die POF werk!

Lila ·

Solank die ANC regeer en die Staatskas beroof is ons uitgelewer aan die gevolge daarvan. Ons is nou ekonomiese gyselaars in hierdie land! Dit is tyd dat iemand ingryp!!!

Terrible ·

Dis juis hulle INGRYPE of eerder VERGRYPE wat hierdie petrolprys so laat styg. Stel eerder ‘n onafhanklike kommissie aan .hierdie ander spul is almal kop in een mus.

Nettie ·

@Gollie, as jy nie ‘n motor het nie, het jy niks om oor te ‘worry’ nie. Glo my, dis goedkoper om ‘têksie’ te vat, as om in jou motor te klim en te ry, want behalwe brandstof, moet jy ook nog opdok vir lopende koste, instandhoudingsplanne, ‘wear & tear’, versekering en nog talle ander goedjies. En jou motor is defnitief geen ‘belegging’ nie, trouens, jou motor se waarde verminder daagliks. En dan het jy nog te doen met gogga-goed wat voortdurend in jou kar probeer inbreek of dit beskadig.

En ek lag my ‘n papie vir talle politieke partye wat nou “on the bandwagon” spring (net so kort voor die verkiesing) om die regering te versoek om brandstofheffings af te skaf. WAT JY WÁÁRVANDAAN KRY, GEHASI??? Daar is nie ‘n manier wat die regering sal afstand doen van een van sy grootste inkomstetjies nie. Waar dink julle moet daar dan geld vandaan kom vir al die salarisse, luukse ministeriële huise en ekstra-luukse voertuie vir al die ministers-van-ministers-se-adjunk-ministers-se-skadu-ministers-se-kinders-se-aangetroude-buite-egtelike-kleinkinders-se-vriende? Daar immer mos BAIE sakke wat gevul moet word …………

Anoniem ·

Ja, ons almal kry swaar met die knaende verhogings in brandstofpryse. Maar dit klink my al te veel die EFF wil liewers hê maatskappye en salaristrekkers moet alleen verder gemelk word. Met brandstofpryse wat styg, help almal darem betaal om ekstra fondse te genereer.

Voorstel: roei korrupsie uit sodat die geld nie deur die kaders “geëet” word en daar voortdurend meer en meer fondse benodig word nie. Wen-wen vir almal (behalwe seker die korrupte kaders, maar vir hulle voel ek ‘n veer).

Driesie ·

EEF het nie gedagte nie,wil alles verniet he tot grond ook.aaahh

Willem ·

Die maklike ding is om in te gryp in die ekomonie en die regting dinge te doen, maar dit kry hulle nie eens reg nie, hulle ignoreer eenvoudig alle aanwysers, en boor die land die grond in.

Jo-ann ·

Die regering leen reeds R20 miljard per maand om skole, hospitale, SASSA en staatsinstellings en salarisse te kan betaal en aan die gang te hou. Waar sal hulle met die petrolprys bemoei kan word, hulle het baie groter probleme as dit.

Callie ·

Besef mense hoekom staak die taxis nie oor prysverhogings nie. Gerigestreerde taxis kry n kickback van die regering af. Weer die belastingbetaler wat betaal. Almal van ons gaan moet saam opstaan en baie duidelik n stelling maak van tot hier en nie verder nie

Johan Barnard ·

Wat ek net graag wil weet is waarom Sasol wat nie uit ingevoerde ru-olie gemaak word nie se pryse lustig saam styg. Dit maak glad nie vir my sin nie.

Daleen ·

Wat mense ook buite rekening hou is die R1.30 (dit kan al meer wees) per liter wat die vulstasie eienaar kry. Daardie geld gaan nie na die petroljoggies toe nie maar sodat hy luuks kan leef. Dit is n skande wat daardie eienaars aan lone betaal. Maar dan leef hulle in weelde. Ek het vir so n entitled eienaar gewerk wat afr praat

Antiestabliesment ·

Daleen, dis nie net die eienaars vanbrandstof stasies nie. Alle eienaars van groot korporatiewe (verbruikersgoedere) instellings. Enige instelling wat winsbejag is, is jou vyand. Kapitalisme is jou vyand want die wat het, sal net meer kry en die ander verder onderdruk, wettiglik beroof en uitbuit.

Boy van die Suburbs ·

@Callie – Ek het ook al opgemerk dat Taxi’s nie by vulstasies volmaak waar ons volmaak nie. Nog nooit ‘n Taxi by ‘n garage gesien staan om petrol in te gooi nie! Sal like om te weet waar maak hulle vol…..kan net by ‘n plek wees waar hulle korting ontvang?!

Henk ·

Maar dit IS dan die regering of te wel die ANC, wat die prys verhoging dryf!! Hoe kan hulle dan ingryp? Voor elke verkiesing word petrol duurder. Na elke verkiesing word buitensporige bedrae geld uit petronet se bankrekeninge vermis, maar dit word nooit behoorlik ondersoek nie. Boonop moet iemand vir Zuma en die ANC se korrupsie en gratis onderwys betaal. So, waarom sal hulle ingryp? Ps. Toe olie $120 per vat gekos het en die $ R12 tot R13 was, was petrol onder R12. Olie is nou $ 80 en die $ R13,50. Maar petrol oor R16,00!!??

Penellope Jones ·

Ek twyfel of die regering sal ingryp – as die wil en toegewydheid daar was, sou hulle al, en kom meer voor as handpoppe.

GM van Rooyen ·

Hoe is dit dan dat Botswana R12, Namibië R12,3, Lesotho R11,1, Swaziland R12,8 en Mosambiek R15 vir ‘n liter petrol betaal? Is daar olie in daai lande en ons het nog Sasol ook?

Chris Ws ·

GM van Rooyen,jy het ‘n goeie punt beet want al daai lande kry hul brandstof van ons af.Een verskil is hulle brandstof kom van ons af belastingvry en maak dat hulle hul brandstof so goedkoop kan verkoop.My argument is dus dit : as al ons buurlande nie belasting hoef te betaal op die brandstof wat hulle by SA koop nie,waarom moet SA se landsburgers dan belastings betaal??Dis waar die probleem hier le – by die amper R4 per liter belasting op ons brandstof EN by die Padbou heffing wat net in staatsamptenare se sakke ingaan.Haal belasting af en die’ heffing dan daal ons brandstof prys met omgeveer R5 per liter!So nou kyk ons na so R11 per liter in SA!
Die Pad Ongelukke Fonds heffing beskou ek as nodig.Ons het eersthandse ondervinding met die POF na ons in ‘n ernstige ongeluk betrokke was.Die POF het ons BAIE gehelp.

chrisjan ·

Dis omdat ONS brandstof BELASTINGVRY aan hulle voorsien word.Maar ons moet belasting betaal!Maak ons brandstof vir alle Suid Afrikaners belastingvry en skrap die padbou heffing en ons brandstof pryse val dadelik met R5 per liter.Die Pad Ongelukke Fonds heffing moet egter bly.Dis noodsakklik in ons land met al die onbevoegde bestuurders op ons paaie.

Spike ·

Hoekom is die anc bekommerd. ñ Land se ekonomie is mos nie belangrik nie. Luister net na die grond kwessie.

Jannie ·

Vat alle heffings weg POF ingesluit.
Laat eienaars van voertuie ń versekering uitneem teen beserings wat jy kan opdoen weens ń ongeluk, dit skep werk en sal beter beheer word deur ń privaat instansie.

Adrian ·

Soos ek verstaan kry ons nie ons olie vanaf Opec lande nie maar wel uit Afrika nl Angola en Nigerie maw hul gebruik Opec pryse as n lekker guideline, hoe hoer hoe beter… so als n verneukspul. M tenk met R961 brandstof betaal ons R316 aan levies …SKANDE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.