Brandstofpryse sal waarskynlik skerp styg in April

petrolIndien die huidige onderverhaling op petrol tot 31 Maart voortduur, sal die prys van ʼn liter 95-oktaan petrol aansienlik styg op 6 April.

Volgens Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), kan die prys van ’n liter 95-oktaan met sowat 73c styg. Die prys van 93-oktaan petrol sal in dieselfde omstandighede met sowat 69c styg. Die groothandelprys van diesel sal met ongeveer 90 sent per liter styg.

“Die rand was tot dusver in Maart gemiddeld ietwat sterker (R15,59) teen die dollar as gedurende Februarie (R15,79) maar die internasionale pryse van grootmaat-petrol en -diesel was heelwat hoër. Hierdie hoër internasionale pryse, gekoppel met die jaarlikse styging in die belasting op brandstof (vanjaar is dit 30c), is wat tot die verwagte hoër brandstofpryse aanleiding gee.”

Volgens Joubert word die kleinhandelprys van petrol en die groothandelprys van diesel in Suid-Afrika maandeliks aangepas na gelang van die vorige maand se internasionale pryse van petrol en diesel in dollar, wat dan na rand omgeskakel word. “Die prys van olie speel nie direk ʼn rol in die berekening van hierdie pryse nie, aangesien die dollarpryse van klaarvervaardigde petrol en diesel by internasionale raffinaderye gebruik word. Die prys van olie is slegs een van die insetkostes vir hierdie raffinaderye – dit beïnvloed nie die totale produksiekoste van die raffinaderye nie.”

In sy begrotingstoespraak in Februarie het die minister van finansies aangekondig dat die belasting op brandstof met 30c per liter sal styg op 6 April. Hierdie veranderinge aan die bedrag belasting per liter word altyd eenmalig in April van elke jaar gemaak en die bedrag bly dan konstant vir die res van die jaar. Die totale belasting op ʼn liter 93-oktaan petrol is tans R4,13 en op ʼn liter diesel is dit R3,98.

“Indien die prys soos verwag met 69c styg, sal 93-oktaan petrol in Gauteng in April R12,15 kos, 3,6% laer as in April 2015. Indien dit met 90c styg, sal die groothandelprys van diesel met 0,05% swawelinhoud R10,48 wees, 4,8% hoër as in April 2015.”

Hierdie verwagte veranderinge in die pryse is, soos altyd, aan heelwat onsekerheid onderhewig, veral met die markte so onstuimig soos hulle nou is, het Joubert gesê.

Petrolprys 2014 tot 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pappa Beer ·

Sodra die brandstof prys daal met n paar sent kan jy maar weet dit gaan oor n paar maande weer “skerp styg”. Dis n bleddie klug man!

Trolle ·

Jy is reg ja ek het geweet dit sal weer opgaan kwaai nou het hulle mos weer rede om kos duurder te maak.

Uncle Buck ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat as die brandstofprys styg dan word alles duurder, maar sodra die pryse daal dan styg die ander pryse nog steeds. Hoekom weet ek nie. Toe ek jonk was kon jy met agt maande se salaris ‘n gesinsmotor uit die spreekwoordelike boks koop. Ek ys nou want dit kos ‘n paar jaar se salaris. Wie lieg vir wie

Paul ·

Uncle Buck, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar as jy dalk twintig of dertig jaar gelede jonk was, sal jy onthou dat ‘n gewone gesinsmotor daardie jare geen lugsakke of ABS-remstelsels of “traction control” of enige noemenswaardige elektroniese fieterjasies gehad het nie. Die karre het ook brandstof gesuip, vergeleke met die karre van vandag.
Jy kan nie ‘n Toyota Corolla van 1980 of 1990 met ‘n Toyota Corolla van 2016 vergelyk nie – die 2016-model is baie meer luuks en baie groter as die ouer modelle.

Vir ‘n ietwat meer “appels met appels” vergelyking moet jy eerder iets soos ‘n Datsun Go van vandag met ‘n Corolla van 1990 vergelyk. ‘n Datsun Go sedan, wat slegs sowat R105 000 kos. As jy dit deur jou “agt maande se salaris” deel, is dit R13 125 per maand. Dis nou nie juis ‘n rykmansalaris nie. As jy nie heeltemal so goedkoop soos ‘n Datsun Go wil gaan nie, kan jy ‘n Renault Sandero vir R137 000 kry.

Gewone gesinsmotors het baie goedkoper geword oor die afgelope twee of drie dekades, vergelyke met die salarisse wat mense verdien. Nie as jy elke slag die nuutste BMW wil hê nie, maar as jy appels met appels vergelyk dan wel.

Pieter ·

En so is brandstof BAIE goedkoper in Botswana wat van Suid Afrika af kom .
BOG STORIE met al die verhogings

Christo Visagie ·

Daadie tyd was die rand baie sterker as wat hy vandag is, dit is hoekom ingevoerde goedere daai tyd baie goedkoper was as vandag, diesefde is ook van toepassing op karre,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Carina ·

So plaas hulle maar die Maart daling gelos het, dan sou die April styging nie so erg gewees het nie. Maar die petrol prys is mos ‘n lekker maklike manier om ons geld te steel. – instant cash!

Jaco ·

ek kan verstaan dat stygende pryse van alles ‘n manier is om wit ryk wit mense te straf vir apartheid, mar dink ons swart regering ooit aan hoe hulle mede-swartes sukkel as alles net duurder en duurder word?

Chris W ·

En SASOL se prys styg saam met die ruolie vervaardigde brandstof van al die ander maatskappye maar het niks met ruolie te doen doen nie.DAAR is nou ‘n bedrog spul aan die gang as jy my vra.Wat het SASOL se brandstof pryse met die ander te make?Ons kan goedkoper brandstof he maar nee – dit MOET dieselfde kos as die ander brandstowwe sodat SASOL aan ZIM sy brandstof kan lewer teen 11 c per liter!Die Suid Afrikaanse verbruiker van SASOL subsudieer dus brandstof aan Zimbabwe.Sover dit my betref kan hulle maar al die SASOL aanlegte sluit want hulle beteken niks vir ons nie in teenstelling met wat die Nationale Party vir ons vertel het in die 1980’s.

Leon van Rensburg ·

Dit is hoe hulle werk, maak jou bly oor 5 en kap jou met 50!! En almal is bly???

Topster ·

En so is dit met Escom ook.Die regering dink ons almal is n klop patat koppe .As hulle dit nie doen nie is daar veel minder geld om oneerlik hulle sakke vol te kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.