Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag styg.
Die prys van petrol sal met 47c per liter styg, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% met 41c per liter sal styg en dié van 0,005% met 49c per liter.
Die departement het gesê die grootste rede vir die styging in brandstofpryse is die hoë ru-oliepryse wat gelei het tot hoër pryse vir alle petroleumprodukte in die internasionale markte in Mei 2015 vergeleke met April 2015.
“Die internasionale prys van Brent-ruolie het gemiddeld toegeneem tydens die tydperk onder oorsig in vergelyking met die vorige tydperk. Die Amerikaanse ruolievoorraad het vir ‘n tweede agtereenvolgende week gedaal, wat daarop dui dat die wêreld se grootste oliemark herbalanseer. Verder het die hernude spanning in die Midde-Ooste (Irak) kommer gewek oor die veiligheid van die verskaffing van ruolie,” het die departement gesê.
Maar julle bly weg van die Rand/Dollar verhouding?
Ek as ‘n leek weet dat in 2005 was R6=$1.
Nou is R12=$1.
So, wat sê dit vir vertroue in die bestuur van SA?
Dit is genoeg om mens die Nkandla-hoenders in te maak.