Brandstofpryse styg dalk skerp

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika (AA) het Vrydag gesê motoriste kan waarskynlik nóg ʼn skerp styging in brandstofpryse aan die einde van die maand verwag.

Die AA grond sy voorspelling op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Petrol kan na verwagting met 80c per liter styg, terwyl diesel sowat 61c per liter duurder gaan word. Die prys van paraffien kan met 63c per liter styg.

“Die probleem lê by internasionale oliepryse wat elke dag toeneem. ʼn Algemene styging in positiewe sentiment terwyl Covid-19-entstof versprei word, werk saam met ʼn toename in ekonomiese bedrywighede en verhoog die vraag na olie – en dit sleep pryse saam.”

Die AA sê die wisselkoers het in die eerste twee weke van die maand nie ʼn beduidende bydrae tot die verwagte toenames gelewer nie.

“Hoewel die rand, gemeet teen onlangse standaarde, betreklik sterk is, is die enigste hoop op verligting ʼn daling in oliepryse. Ongelukkig is aanduidings dat die situasie voor die einde van die maand verder gaan versleg.”

Die AA sê skerp stygings in die brandstofprys veroorsaak verdere ekonomiese druk te midde van die ekonomiese verwoesting wat die Covid-19-pandemie reeds gesaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aai ·

Nog steeds baie goedkoper as drank.Die @NC het agtergekom daar is nou minder om te steel nou maak hulle ons betaal.

Ou bees ·

As hulle al die belasting wat die staat met bysit die hele tyd bietjie wegvat sal ons baie minder betaal want hulle maak definitief nie die paaie reg nie ensv.

Wakkerslaper ·

Ag onthou tog net, ons het nou mos “freedôm” van die bose wit regering wat SASOL uitgedink het en duisende vate ru-olie gestoor het om ons eie brandstof te maak….

Etienne ·

Al die Covid fondse misbruik… nou moet geld van erens kom wat elkeen met ‘n voertuig sal raak…. eenvoudig

Corne123 ·

Ek sien n petroon raak
Duurder petrol prys aan die kom.
Eweskielik loadshedding want daar nie steenkool nie.

Mallie ·

Ou bees dit is baie waar wat die oaaie aan betref. Ons kan bome plant in die gate in ons paie. Elke oggend en middag gaan ons vir joyrides op ons paaie.

marius ·

Die probleem le by die verorberaars wat nie meer buit het om te plunder nie . Dis die waarheid .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.