Brandstofpryse styg skerp voor Paasnaweek

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste kan hul gereed maak vir ʼn groot styging in brandstofpryse volgende maand, en dit enkele dae voor die aanbreek van die Paasnaweek.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), toon die jongste data dat die prys van 95-oktaan petrol op 1 April met sowat R1,70 per liter kan styg, terwyl 93-oktaan sowat 5c minder, met R1,65 behoort te styg. Die groothandelprys van diesel kan met ongeveer R1,35 styg.

Hierdie stygings bestaan gedeeltelik uit die 80,5c-styging in die regeringsheffing op brandstof wat deur die minister van finansies in sy begrotingstoespraak aangekondig is. Die oorblywende gedeeltes van die stygings is hoofsaaklik as gevolg van die styging in oliepryse gedurende Maart, met die verswakkende rand wat ook ʼn bydrae maak.

Volgens Joubert is dit eintlik nog te vroeg om te voorspel presies wat met die pryse gaan gebeur. Hy het gesê dit is egter nie te betwyfel nie dat die stygings baie groot gaan wees.

“Dit sal, vir die tweede agtereenvolgende maand, die grootste nominale maandelikse styging in die geskiedenis wees. Voor Maart se 96c-styging was die vorige grootste sprong in die prys van petrol 93c per liter in September 2012. April se styging sal hierdie vlakke weer eens oortref,” het Joubert gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boesman ·

Hierdie is TIPIES van ons ANC regering. Dankie tog dat ek nie vir hulle gestem het nie en ook nooit vir hulle sal stem nie. Useless.

Kobus ·

Liewe Mnr. die Minister, jy betaal duidelik nie vir jou brandstof nie. Ons belastingbetaalers dra daai koste namens jou. Wil jy dit nie maar R30 n Lt. maak en oor en verby kry nie. So bevorder ons die vooruitgang van die regering en die verarming van die verbruikers.

zahn ·

Ek sien jou punt, maar wees vesigtig waarvoor jy vra, netnou kry jy dit..

Gina Slabbert ·

Iemand moet die regering se skuld betaal. Dis ONS. En hulle het altyd n antwoord vir als. So sal ons verbruikers uit gemergel word tot ons niks oor het nie…

hennie ·

Welliswaar dit was te goed om waar te wees toe die brandstof prys gedaal het. Soos male sonder tal kon ons almal verseker gewees het van die styging wat gaan kom. Ons betaal vir alles in die land sodat die “fatcats” lekker kan lewe en dan weer baadjies vir boeties gee. Maak hulle sakke vol op ons onkoste.

Dominic Fourie ·

Die olieprys is nog steeds minder as die helfte van wat dit laasjaar die tyd was..en na die volgende verhoging gaan ons basies dieselfde prys vir petrol betaal as laasjaar.
As ons ooit n bewys wou gehad het dat ons geroof word deur die regering dan het ons dit nou..!

Charles ·

Bly almal betaal maar eish hulle roof darem maar hulle eie mense en die is so dom soos n klip hulle sal maar weer vir die fatcats stem en ons sal betaal

CHRISTA ·

Nie eers met die wereld se sanksies teen ons het ons so baie vir petrol betaal nie. Ons het ook nog die egalisasiefonds gehad wat die petrolprys meer stabiel gehou het, maar dit is ook rot en kaal deur die ANC gesteel en niemand is ook eers daarvoor verantwoordelik gehou nie. Maak maar vrede daarmee: ANC staan vir ALL the NATIONS’ CRIMINALS!!!

Jan van Riebeeck ·

In plaas daarvan dat die regering die korrupsie met die Padongelukkefonds ondersoek en stopsit, laat hy die klein persentasie belastingbetalers/motoriste die verliese betaal. Enigiets om die staat se enorme skuld te verlig solank die stemvee nie geraak word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.