Brandstofpryse styg weer

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag styg.

Die prys van petrol sal met 44c per liter styg, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% en dié met 0,005% met 4c per liter styg.

Die departement het gesê die grootste rede vir die styging is die verswakking van die rand teen die Amerikaanse dollar. “Voorts het gemiddelde internasionale pryse vir petrol gestyg, terwyl die pryse vir diesel en paraffien gedaal het.”

Die prys van petrol het aan die begin van Junie met 47c per liter gestyg, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% met 41c per liter gestyg het en dié met 0,005% met 49c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

En so kry die R die skuld.
Gee kans Zum is op Zim se spoor en ons volg geduldig.
VIVA !!!

CHRISTA ·

Ek het lankal gesê die ANC is so goed met naamsveranderings, hulle kan maar ons land se naam verander na Zimbabwe Extension!!!

nico ·

Ag dis naby jaar einde die hoe koppe in regering en sanral moet bonus kry

Dave ·

Ek is bly jy’t jouself beheer Nico, en nie hoe met ‘n ‘r’ gespel.

Peet Schabort ·

En Dave, die ‘h’ met ‘n ‘m’ vervang . . .

Andre ·

Dit gebeur deesdae so baie dis nie eers meer ‘n skok nie.

jjobson ·

Is dit die moeite werd om nog van motor te verwissel- die rand is 5cent werd- en Zumpie het die land tot niet.

Francois ·

Maroela gee niemand die Vryheid van spraak nie. Hulle publiseer net wat HULLE dink is reg…soo kyk Noord Maroela en …. voort!

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Kom aan, kerels help my met afrikaans. Moenie so negatief wees nie, met en in alles nie. Nog nooit iets opbouend van of uit hulle monde gehoor nie. Ek bly in nou Texas, Amerika, maar is steeds lief vir my Swart Suid-Afrika. Peet, dit blyk vir my so asof jy ‘n outjie is met ‘n goeie sin vir humor en niks werklik kwaad bedoel nie, en net jou vryheid van spraak uitoefen. Ek like jou my ou maat en kry nou dat ek julle almal probeer verstaan lekker lag oor alles wat julle kwytraak. Ek kan met niemand hier in Amerika, afrikaans praat nie, en wanneer ek winkels toe gaan lag ek my byna dood vir al julle grappe en dan moet ek dit dikwels in engels of spaans aan my kinders en vriende oorvertel en hulle val of gaan letterlik grond toe soos hulle skater van die lag vir julle se goed. Dankie vir al die humor en grappe. Niks kwade gevoelens nie, ou maat.

Se maar Net ·

Ag weet jy hoekom is jy in Texas en nie hier nie. Dalk ook moeg vir dit wat hier gebeur. Lag jou lag. Boggerol is snaak as jy hier bly nie. Van korrupsie en wanbestuur is ons almal ook al mooi g.tvol. Alles kry dir skuld, maar die ware jakop is skarlakend. Botter smelt nie in sy mond nie. So ja ons is ook al mooi keelvol om net ons hand in die sak te steek en die ANC te verryk. Jammer as jy dink ons kla en in ontevrede. Maar ons bly hier en beleef dit daagliks. Die wereld dink ons regering is pateties!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.