Die departement van energie het Donderdag aangekondig die prys van brandstof gaan op 3 Mei wéér styg.
Motoriste sal voortaan 49c per liter meer vir petrol opdok, en tussen 30 en 32c per liter vir diesel.
Dié aankondiging, wat op Vryheidsdag gemaak is, beteken die prys van petrol gaan vanaf 3 Mei die hoogste wees wat dit in die afgelope jaar en ʼn half was. Die prys van diesel was in die afgelope twee jaar ook nog nie só hoog nie.
Gas sal ook na verwagting met 96c per kilogram styg.
Volgens dié verklaring van die departement word die styging in pryse toegeskryf aan die swak rand teen die Amerikaanse dollar.
Die aankondiging volg kort nadat die departement einde Maart net voor die Paasnaweek ʼn daling in brandstofpryse aangekondig het.
Ag twak man , soek net meer geld om te steel. Huidige Rand en oliepryse NE verlaging tot gevolg
So voor die winter styg gas se prys kwaai… om Eskom steeds in beheer te hou.
Een van baie stygings dink ek …en as die petrol styg gaan die kospryse ook op …ons wil mos junk status he so hier kom ons …dankie anc !
Hierdie is die dun punt van die wig beginner de met die rommel status afgradering.
Maak jul self reg.dat die petrol prys voor die einde van die.jaar.erg.gaan styg.
Easy money
En so steel die staat weereens van gewone burgers van die land!!!
Niks nuut nie.
Nou gaan voedselpryse ook styg en so gaan dit maar lekker aan hier in anc land.
Die lewe vir baie mense in anc land word moeiliker en ondraagliker en die prysstygings het n ketting reaksie op alles.
Tyd vir gras en water vervoer. Perd ry hier kom ons.
Hoe meer honger mae hoe meer misdaad.
soos die prys van brandsof so styg die prys van kos as daar n vermidering in brandstof kom daar nie n vermindering
in die prys van kos nie hoekom ?
Wa dit nie net Maandag gewees wat MM berig het die DA het kapsie gemaak teen die beoogde uitbreidings/opgraderings by zuma se hutte nie? Dis mos nou afgekeur, nou waar dink julle gaan hy nou geld kry vir die werk? DIENGGG…
Ja die ekonomie sal bly verder verswak en solank daar geen werklike plan of gewilligheid by die regering is om ons land te bestuur nie gaan dit ons voorland wees. Wie gaan die meeste ly, die armes natuurlik. “This is Africa”