Brandstofpryse styg weer

petrolpomp 2

Argieffoto.

Die departement van energie het Maandag bekend gemaak met hoeveel die brandstofprys Woensdag styg.

Die departement het in ʼn verklaring gesê 93-oktaan-petrol sal met 25c per liter styg, terwyl die prys van 95-oktaan-petrol met 29c per liter sal styg.

Die prys van albei grade diesel sal met 42c per liter styg, terwyl paraffien 39c per liter meer sal kos. Die maksimum kleinhandelprys van gas sal met 39c per kg styg.

Die departement het gesê gemiddelde internasionale brandstofpryse het gestyg tydens die periode onder hersiening. “Die rand het ook verswak teenoor die Amerikaanse dollar.”

Die prys van petrol het op 5 September met 67c per liter gestyg, diesel met 44c en paraffien se prys het met 49c per liter gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris Ws ·

As ons president ophou om negatiewe dinge te uiter en eerder beleggers lok en werk skep en ‘n positiewe beeld van ons land die buitewereld laat sien sal ons geld eenheid sterker word teendie dollar en sodoende kan ons brandstof prys stygings verminder word maar nee dis mos goed om als in die land ten gronde te laat gaan.

Piet Pille ·

Stem saam met jou kommentaar, maar dis moeilik vir my om na hom te verwys as “president”.
Hoof nar met fikile 2de

jaco ·

ek aanvaar die stygende pryse van petrol en klomp ander goed is seker die ANC se manier om ryk wit mense met hulle rassistiese uitbuitende wit monopolie kapitaal te straf vir apartheid, maar besef die ANC nie dat stygende lewenskoste hulle arm swart rasgenote nog meer as die “ryk” wit mense raak nie?
Wat ek ook nie verstaan nie, is dat die arm swart mense nie in hulle massas in opstand kom nie. Alles word maar net so aanvaar. Let maar op: landwye betogings is meestal oor swak munisipale dienslewering. Daars nooit betogings oor die steeds stygende petrolprys en die gedurige styging van kospryse nie.

Potties ·

Nou gaan kos pryse seke ook op waar gaan ons end ???????????

Cherokee ·

Sal nooit werk nie. Die elektriese koorde gaan verstrengel op die pad. En dan word sommige bestuurders se krag afgesit weens wanbetaling en wàt ‘n traffic jam!

Rina ·

Die hele anc kry petrol gratis so hoekom moet hulle bekommerd wees oor ander. hulle vlieg verniet staatskas betaal. Petrol verniet so ook elektriese tyd en water asook geen erf belasting. Daarvoor moet ons armes betaal wat nie meer weet watter kant toe nie. Hulle het self hul eie privaat drs ook staatskas.

Boet Fasie ·

Ja, die arme motoris en verbruiker moet alweer die hand diep in die sak steek sodat die land se boeke kan klop en SAL in die lug kan bly. Is dit dan ook nie tyd dat die president en sy ministers hulle jaarlike verhoging en prestasie bonusse vir kersfees moet kry nie.

Johanna Botha ·

Verwag nog stygings met al die beleggers wat onttrek …die geldtjies is op want dis alles gemos en gesteel !

Vermeende ·

Betaal is die wet van Transvaal, vol elektriese karre bestaan al lankal maar is tans onwettig op SA paaie, die derdeparty versekering is by die brandstof prys gelaai so as jy nie brandstof in jou kar het nie dan dra jy nie by tot die derdeparty fonds nie.
Dit sal darem lekker wees om te kan ry sonder om te betaal nie.

Francois ·

Waar kom jy daaraan dat volledige eletriese voertuie onwettig is in Suid-Afrika? Bron assseblief.
BMW en Tesla se aanbiedinge is al ‘n geruime tyd beskikbaar in Suid-Afrika. Die grootste faktor is die koste van hierdie voertuie. In meeste gevalle is dit tekort aan infrastruktuur, hoë aankoopprys, stadige herlaaitye (10 minute teen 8 ure) en reikafstand ( 120km teenoor 600km gemiddeld) die grootste faktore.

Idris ·

Ek sal maar eder begin lag voor ek in trane uitbars van frustrasie en moedeloosgeid.

maryann ·

Wat my dwars in die krop steek is die feit dat petrol styg en dan styg al die pryse bv. kos, klere, seep, als huishoudelik wat ons almal benodig. Maar wanneer die petrolprys daal, dan daal hierdie pryse nie. Hoekom is daar nie iemand wat ondersoek instel nie. Kyk bv. die ou wat met taxi ry, sy geld gaan op omdat petrol opgaan maar sodra die petrolprys daal verlaag hy nie sy taxi fooi nie. Nee man, my magtig ons salarisse gaan nie op nie hoe moet ons leef. Net om regering ryk te hou.

Jacques venter ·

Saamry klubs
Grootskaals saamry klubs soos in die 70 tags sal die ANC n les leer. Die ANC kry baie geld uit petrol verkope

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.