Brandstofpryse styg weer

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die departement van energie het aangekondig dat die pryse van petrol en diesel volgende week sal styg.

Albei grade petrol sal met 7c per liter styg terwyl diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 1c per liter sal styg en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 2c per liter.

Paraffien sal met tussen 5c en 7c per liter daal en LP-gas met 11c per kg. Volgens die departement is die brandstofprysaanpassing hoofsaaklik weens internasionale faktore, naamlik die styging in ruoliepryse.

Die departement het verder gesê die gemiddelde internasionale pryse van alle petroleumprodukte het gestyg tydens die tydperk onder hersiening.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het vroeër voorspel dat die prys van diesel sou daal. “Die rand het geleidelik teen die Amerikaanse dollar verbeter.

“Dit was aan die begin van Januarie byna R14,50 teen die dollar en teen die einde van die maand sowat R14,00, wat die olieprysstyging tot ʼn mate geneutraliseer het.”

Brandstofpryse het die afgelope twee maande gedaal nadat dit in ʼn stadium verlede jaar elke maand skerp gestyg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lerato ·

Hou moed. Net voor die verkiesing sal die prys weer af gaan.

Marinda ·

Sal maar die motor in die motor huis los en weer begin voetslaan. Dis beter vir die figuur ook.

anton ·

Nee ek verstaan nie mooi nie.
Die wisselkoers is tans nader aan R13- teen die dollar en nie R14- soos beweer word nie.
Nou hoe kan die pryse dan opgaan?

Jurie ·

Nou hoe nou, Uitreksel uit Kaleej times VAE : The February price reduction is in line with the decline in global oil prices amidst slower global economy resulting in lower demand for oil prices. The Brent price has fallen 27.6 per cent from $85 per barrel in October 2018 to $61.50 on January 30

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.