Brandstofpryse styg weer skerp

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Brandstofpryse sal Woensdag vir die tweede agtereenvolgende maand aansienlik styg.

Die departement van energie het bevestig dat die prys van 93-oktaan-petrol met R1,63 per liter sal styg terwyl 95-oktaan-petrol met R1,72 per liter sal styg. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% sal met R1,73 per liter styg en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% sal met R1,69 per liter styg.

Paraffien word R2,14 duurder per liter terwyl gas met R4,48 per kilogram duurder word. Volgens die departement is die hoofredes vir die styging weens die rand-dollar-wisselkoers en die styging in oliepryse en petroleumprodukte.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het vroeër gesê die rand het in Junie ongeveer 34 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk, hoewel die plaaslike geldeenheid steeds sowat R2,50 swakker teenoor die dollar is as voor die Covid-19-pandemie en die land se kredietafgradering.

“Ons kan nie oorbeklemtoon watter invloed die ineenstorting van die rand tans op brandstofverbruikers het nie. Indien die rand gebly het op die vlak wat dit was voor die Covid-19-pandemie, sou brandstofverbruikers waarskynlik volgende maand ʼn daling van 75 sent per liter in brandstofpryse gesien het,” het die AA gesê.

Die petrolprys het begin Junie met R1,18 per liter gestyg, terwyl die prys van diesel met tussen 21c en 22c per liter gestyg het. Paraffien het met tussen 40c en 54c gestyg en gas met R1,98.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stofdonkie ·

Gas styg met R4.48 per kg. DWS dis R40.32 vir ‘n 9kg meer. Hoe kan mense byhou met sulke stygings? Dan moet daar bygesê word dat elektrisiteit nou teen wintertarief is wat ook amper dubbel is. Dit raak onbekostigbaar om te leef in die land. Sodoende word die armes net al armer. Die middelklas is besig om uitgeroei te word. Ons het nie meer ‘n middelklas nie, dis nou rykes en armes. Middelklas is al almal af na arm. Interresant dat die brandstof prys nie so baie af is met die olieprys wat geval het nie, maar nou dat die olieprys weer herstel nou styg die brandstofpry weer. Dus as olieprys styg dan styg brandstofprys, as olieprys val dan bly brandstofpryse dieselfde. So wie is dit wat hierby baat? Is iemand nie besig om belaglike winste te maak ten koste van die land se ekonomie nie?

Friedrich ·

Maar in die Here nigde Arabiese Emerate styg dit nie. Hoe die hel maak dit sin, veral as die Rand STERKER word. Iewers skep iemand lekker!! ????????????????

Pieter ·

Wonder wat het geword van al die goed koop olie wat die ANC gekoop het to olie twintig doller n vat was. Nou verstaan ek hoekom ons sukkel om diesel te kry want die diesel word terug gehou tot die prys verhoging in werking tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.