Brandstofpryse vir Augustus aangekondig

Argieffoto

Die departement van energie het aangekondig dat die prys van diesel Woensdag daal.

Diesel van alle grade daal met 4c per liter terwyl petrol van alle grade met 1c per liter duurder word. Gas word 17c per kg duurder en paraffien 5c per liter.

Volgens die departement het internasionale oliepryse afgeneem, dus moet die swakker rand die skuld kry vir die styging in die petrolprys.

Die Outomobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het vroeër gesê dit blyk egter dat internasionale oliepryse weer teen einde Julie duurder begin raak en dat motoriste se begrotings tot die einde van die jaar onder druk sal bly.

“2018 is tot dusver ʼn jaar van onbestendigheid in die brandstofprys, en die rand en olieprys wat wipplank ry, dui daarop dat versigtigheid die wagwoord moet wees.”

Motoriste betaal vanaf 4 Julie 26c per liter meer vir 93-oktaan-petrol en 23c meer vir 95-oktaan-petrol. Die prys van 0,05%-sulfaat-diesel het met 26c per liter gestyg en die prys van 0,005%-sulfaat-diesel met 24c per liter.

Die DA en die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het verlede week geëis dat die brandstofheffing dringend met R1 per liter verminder word. Die ANC het verlede maand ʼn beroep op die regering gedoen om die brandstofheffing te bevries of te verminder. Die IVP het gevra die heffings moet afgeskaf word.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê die regering gaan ʼn stel ekonomiese maatreëls bekendstel wat sal help om die las te verlig wat Suid-Afrikaners dra in terme van die styging in die brandstofprys asook BTW. Hy het die ministers in die ekonomiese groepering tot 30 Julie kans gegee om vorendag te kom met voorstelle oor hoe verligting aan verbruikers deurgegee kan word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Reti ·

Flippen lagwekkend! Hoe stupid dink hulle is die mense!!!! 1c!!!!!!! O Vader red ons van die spul belaglike mense!!!!

Henk ·

Wat bewys die kriminele element in petrol prys? Die aankomdiging daarvan. In Mei, Junie en Julie het die AA reeds voor die 10de van elke maand “ geskat” met hoeveel die petrol prys gaan styg en is dit ten minste 8 dae voor die einde van die maand amptelik aangekondig. Wat maak dit hierdie maand verskillend? Dalk moet ons in die geskiedenis teruggaan en gaan kyk wat het met die franse rewolusie gebeur. Dalk kom dinge dan in hierdie land tot normaal

Anton ·

Gaan diesel met 4c op of daal dit? Want volgens EWN gaan dit op. EWN: “Eyewitness News | about 4 hours ago
JOHANNESBURG – The Department of Energy has announced that the fuel price is set to rise by 1 cents a litre and diesel will cost 4 c/l more from 1 August.”

So wat is dit nou?

Avra ·

Please show us what a 1c and a 4c looks like for there are no such currency in RSA.

Willem ·

Brandstofpryse kan maar styg sodat daar genoeg fondse is om in sakke te verdwyn en geen woord gerep oor wat gedoen word om die begunstigde wat die huur vir die duur stoele ontvang het te vervolg nie. Nie eers die AA of enigiemand dring daarop aan dat die die korrupsie aan bande gelê word nie. Blykbaar deel almal in winste.

Koei ·

Die volgende melkkoei wat gemelk gaan word tot sy uitdroog is die gasprys. Die geagte goewerment het nou agtergekom baie mense skaal af op hulle krag maatskappytjie se buitensporige kragpryse en installeer gas, so kyk maar mooi, die eerste 17c per kg verhoging is net die begin. As iets na ‘n koei lyk, melk hom …

Thinus Erasmus ·

Ja ons moet seker bly wees dit styg nie in rande nie!
Ken iemand nie vir Elon Musk persoonlik nie, miskien sal hy ons jammer kry en goedkoop klein elektriese motortjies vir SA ontwikkel!

Casper Labuschagne ·

@Thinus Erasmus – Elektriese motortjies is ‘n puik idee, maar terwyl 2 + 2 = 4 is, vermoed ek sterk dat die som Eskom + Elektriese motorjie = Pap Battery gaan wees.

tokkie ·

Waar is die taxis as ons hulle nodig het. Weet nie of iemand kan onthou in die vroeer 1990 het die brandstof opgegaan en die taxis het ook behoorlik amok gemaak. Dit het die staat gedwing om dit te verlaag. Nou vra ek weer hoekom doen hulle niks, Kry hulle ‘n kick-back of wat

SjN ·

Volgens my ontvang geregistreerde taxi eienaars n susbsudie, veronderstel hy voorsien sy ongeregistreerde vriende van petrol en hul deel die kick back, dan hoef hy nie eers te werk nie. Indien daar in die negentigs sprake was van styging van een sent per liter was alle taxi eienaars in opstand en paaie gesluit, hoekon nie nou nie?

diefie ·

Hulle is soos ‘n trapsuutjie op ‘n smartie box! Weet nie watter kleur en geur om te wees. Of is dit soos ‘n hond wat sy eie stert jag!

Thinus Erasmus ·

Casper, onthou die nuwe neiging is om die elektriese motors met sonpanele te laai! Die afdak by jou werk word met panele toegerus en jy laai e-tjor heel dag, miskien betaal jy dan net ‘n bedrag vir die gebruik van die panele.
Dit is miskien nie die oplossing vir almal nie, maar ek dink die meerderheid werkende mense sal hierdie oplossing waardeer.

Hanlie Geyser ·

Gas en Parafien word duurder. Wie gebruik die meeste parafien. Regtig die mense moet hul oë begin oopmaak en ophou stem vir ‘n regering waar die staat net worry oor hulle self en nie die mense onder hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.