Die departement van energie het Vrydag die brandstofpryse vir Oktober aangekondig.
“Die prys van 93-oktaan petrol sal Woensdag met 2c per liter styg,” het die departement gesê. “95-oktaan petrol sal met 5c per liter daal.”
Die prys van diesel daal met 13c per liter en paraffien met 14c per liter.
LP Gas sal egter met 12c per kg styg.