Brandstofskok wag op motoriste

petrolpomp 2

Argieffoto.

Motoriste kan in Oktober ʼn brandstofverhoging van meer as R1 verwag wat die binnelandse prys van 95-oktaan tot meer as R17 per liter kan stoot.

Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) wys data van die Sentrale Energiefonds dat dié reusestyging die gevolg is van ʼn skerp styging in internasionale oliepryse en die rand wat wipplank gery het teen die Amerikaanse dollar.

“Gegewe die huidige data sal petrol met sowat R1,12 per liter styg en paraffien met R1,17,” het die AA gesê.

Die prys van diesel na verwagting met tot R1,38 per liter styg. Indien dié stygings realiseer sal 95-oktaan tot meer as R17 per liter in die binneland styg en 93-oktaan tot net minder as R17 per liter. Die prys van 95-oktaan was R14,42 in Januarie.

Volgens die AA sal ʼn reusestyging in die dieselprys katastrofiese gevolge vir die landbousektor hê. “Reusebrandstofprysstygings kan marginale sakeondernemings, insluitend plase, tot finansiële breekpunt stoot en ʼn reuse- negatiewe impak op verbruikerspryse hê.”

Die AA het die hoop uitgespreek dat die prentjie voor die einde van die maand sal verander, maar het nietemin weer ʼn beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp.

Dit volg nadat Jeff Radebe, minister van energie, begin verlede week aangekondig het die prys van petrol sal met 4,9c per liter styg in September. Dit was ʼn eenmalige subsidie en die eerste keer sedert 1990 dat die regering in die brandstofprys ingegryp het.

Radebe het in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van dié verhoging absorbeer. “Ondanks die feit dat die verhoging hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om vandeesmaand tydelik in te gryp. Dit is ʼn eenmalige tydelike ingryping om ʼn bietjie verligting vir motoriste te verseker.”

Die 4,9c per liter sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

AgAsseblief ·

Ons almal weet dat ‘n groot gedeelte van die brandstofprys deur belasting opgevreet word. So spaar my die storie oor die wisselkoers, en die hoë olie pryse. Hoe dom is die mense? Die regering melk die belasting op brandstof, en sal dus nooit dit laat afneem nie. Besighede gaan toemaak a.g.v. die brandstof pryse en nog mense gaan sonder werk sit. Net nog ‘n dag in die mal ekonomie van Suid-Afrika.

Pieter Coetzee ·

KAN NIE WAG VIR VOLGENDE GOEIE NUUS VAN HUL KANT NIE !!!!!!!!!!!!!

KanekVra? ·

Twyfel of dit gaan gebeur. Elke keer as brandstof styg, kry die ANC ‘n lekker ” TAX ” inspuiting. En die Afrikaanse mense is nou nie juis bekend vir saamstaan nie.

Siekensat ·

Ek kan nie wag om te sien hoe die pendelaars gaan sukkel om te betaal vir vervoer nie en steeds nie die regering blameer nie. Stem vir julle pellies. Die land gaan weer brand en CR en sy comrades gaan net agteroor sit.

HPV ·

Die teken van ‘n mislukte staat is juis die heffings, belasting en verhogings op lewensnoodsaaklikhede. Die regime het niks anders om internasionaal aan te bied, te ruil of te verkoop nie. Hulle het slegs hul belastingbetalers om te melk!

Gustav ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Ek kan ook nie sien hoe dinge kan verander nie, oorbevolking in ons land met te min water stuur op ‘n ramp af

What the ·

AG en niemand gaan niks doen nie, die TAXIS word gesponsor met MY EN JOU BELASTINGGELD .. en ons gaan maar net meer moet betaal vir petrol EN vir die taxis se petrol en al die ander BYVOORDELE wat die Padongelukke fonds het.. .soos luukse motors ens.

Lizzie ·

Hoekom moet ons so baie vir brandstof betaal as dit plaaslik vervaardig word. In die buurlande is brandstof heelwt goedkoper en waar kom hulle brandstof vandaan??? Is dit om Zuma se pensioen aan te vul. Hy het reeds sy pensioen en MEER gekry.

Erika ·

Dalk moet ons die mense leer dat deur onluste, plaasmoorde, stakings en diefstal die rand beinvloed en sodoende almal swaarkry…Ek dink nie die mense wat so geweld aanhits sê dit ook vir hul mense nie

corne ·

En Sasol glimlag die breedste nou kan hulle nog meer vra vir hulle cheap petrol

Lieflik ·

Dieselfde regering wat petrol swaar belas met allerlei heffings, kom nou tot almal se redding in September en gebruik die belastinggeld om die verhoging in die prys te finansier. Wat ‘n deurmekaarspul. En taxi eienaars en busmaatskappye word op groot skaal subsidies gegee uit daardie einste heffings en belasting. Die petrolprys is die groot melkkoei v hierdie regering. Dit is nou net duskant R20/l en merk my woorde oor ‘n jaar is dit nie minder as R20/l nie. Dis belaglik verby

Matt ·

En hoekom word die ander petrolmaatskappye nie aangekla vir prysvasstelling nie. Dit is deur hulle dat Sasol nie sy brandstof goedkoper mag verkoop nie. Is dit nie so dat die destydse regering in Sasol se stigtingsjare die ooreenkoms met hulle moes onderteken nie….. beslis ‘n ondersoek werd. Ek het self vir jare die internasionale olieprys en R$ wisselkoers gemonitor, en die prys het net nooit meer afgekom as wat dit gestyg het nie.

Snuffels ·

Kan iemand my dalk se hoeveel was die verhoging wat hulle geabsorbeer het? Ek twyfel dit was baie, nie R1 soos die maand se verhoging nie.

Anna ·

Nee, Swanna, die Jan van Riebeeck se skuld. Alles gaan nou die hoogte inskiet. Geld het nie waarde nie.

GR ·

En wat gaan ons betaal as die ru olie prys weer $100-110 per vat kos?die regering het dan kwansuis die 5c/liter Subsidieer wat nou?

Jozi ·

Net wanneer ons dink dit kan nie erger gaan nie!
Ons word behoorlik gemelk.

jaco ·

maak dit n vaste prys een maal n jaar, dalk op die 1ste Maart. Verhoog dit dan eers weer op die 1ste Maart die volgende jaar, al is dit met R2 meer per liter. Dan weet ons ten minste dis n verhoging net eenmaal per jaar. Dit sal ekonomiese vooruitbeplanning vir die hele jaar ook baie vergemaklik

Marinda ·

Nou dit verbaas my glad nie. Vertel ons eerder iets wat ons nie weet nie.

Frik ·

Hier in Saudi Arabia kos dit 1,39 Saudi riyal per liter regering melk jul in Suid Afrika

Andre ·

Nes jy daar sê Flojo! Hulle is direk vir die totale fiasko op alle terreine verantwoordelik, maar lyk my hulle almal is nou oorlede …

Elsabe ·

Flojo, dit is net so ‘n ou afgesaagde deuntjie oor en oor. Presies dieselfde as ander skreeu “Dis apartheid se skuld en rassisme”. Die verlede is verby en die alewige “ja stemmers” verwyte oorheers jou denke.

Cherokee ·

Dit mag nie toegelaat word dat hierdie land finansieël vou nie. Dit sal onregverdig wees teenoor jakop zuma want hy sal dan nie sy masiewe pensioen betaal kan word nie.

Johanna Botha ·

So praat die anc laas maand groot ….hulle tree nou in en maak die verhoging baie klein ….net om nou die SKOK te beleef …..weer lee woorde van die anc wat kamtig wil help hehe…..die rand verswak omdat die anc se beleid nie vertroue gee nie …..ag vader waneer gaan hulle dit begin agterkom .. OOIT ! !

Robert ·

Tyd dat die mense opstaan betoog, blokkeer paaie en kanselleer alle dienste aan die staat dat hulle dit voel.

Adri ·

Mandela het gese “a better live for all of us” maar dit was n leuen

marlyn ·

Wat gee hulle om, onthou hulle kry n Petrol toelaag en betaal nie vir Petrol nie.

honourable member ·

Die ANC se sakgeld vir volgende jaar se verkiesing. So duidelik soos daglig.

Domvraag ·

Hoekom was die wisselkoers en petrolpryse voor 1994 so laag vergeleke met nou. Die antwoord kan 100% voor die voete van die Anc gelê word. Swak regeringsbeleid en onstabiliteit.

bgj van der westhuizen ·

al wat gaan werk is dat alles tot stil stand kom vir een dag nie mand ry of koop eits nie gaan nie werk nie ry nie koop niks

m.d.r. ·

Eintlik is die Internasionale Brandstof prys nie werklik so ‘n groot probleem nie—de bykans waardelose RAND moet die skuld kry…….en wie moet die skuld kry vir die Rand
se waardeverlies….?
Ons almal ken daardie antwoord…..!
Iewers is die boek oor Siener van Rensburg word daar geskryf dat die Siener vertel hy sien
“die karre staan teen die bulte want daar is nie petrol nie…”…miskien het hy in sy visioen verkeerd verstaan–daar is wel petrol maar niemand kan dit meer koop nie…!
Lyk vir my ons is vinnig op pad na so ‘n situasie…!!

Karen van Zyl ·

Hierdie land sit in ‘n resessie (asof ons ooit daaruit was) en dit ook nog, asof ons die geld het om meer vir petrol te betaal, nee hiedie land is in sy dinges in verby.

Anna ·

Ja en intussen word die kommissies van ondersoeke nooit afgehandel nie. Jooste is gou aangekeer maar ons vergeet hier is sake teen die vorige prez wat al bykans 20 jaar sloer. Thuli Madonsela: Waar is jy? Kom help die manne reg asb.

Trots Afrikaans ·

En Siener het voorspel dat die motors sal staan weens ‘n te kort aan brandstof en die treine weens ‘n tekort aan smeerolie……

Antiestabliesment ·

cANCer kan nie meer transito rooftogte uitoefen nie, die publiek se oog is nou te skerp op hulle met die onlangse lek dat ‘ ANC lid in Luthuli huis aandeel het in dit.

Nou moet hulle hul verkiesingsgeld kry uit ‘n verhoogde brandstof prys.

Christelle ·

EK GAAN DIT WEER Sê STAATSAMPTERNARE, POLISIE, BRANDWEER ENS. BETAAL SLEGS R1 PER LITER PETROL. DIT TERWYL MEESTE DIE VOERTUIE MISBRUIK EN JAN PUBLIEK VERARM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.