Brandstoftekort tref Gauteng

petrolGauteng gaan gebuk onder ʼn brandstoftekort met die handelaar BP wat glo die ergste geaffekteer word.

Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die brandstofhandelaarsvereniging (FRA), het Maandag gesê die tekort aan brandstof is as gevolg van raffinadery in Durban wat gesluit is weens onbeplande instandhouding. ʼn Tweede oorsaak is ontwrigtings by Sapref, ʼn gesamentlike onderneming tussen Shell SA Raffinaderye en BP Suidelike Afrika, ook in Durban.

“Ons hoop dat die ontwrigtings nie langer as ʼn week sal voortduur nie. Alles moontlik word gedoen om te verseker dat die situasie so gou moontlik na normaal terugkeer,” het Sibiya gesê. Meer as 100 vulstasies word glo geaffekteer.

Petrolpompe in Gauteng het glo Sondag begin leegloop, wat veroorsaak het dat motoriste tougestaan het by vulstasies, veral in die townships.

Die prys van petrol het verlede week met 51 sent gedaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Wat ‘n grap!!! Eers kan Eskom nie krag voorsien nie agv onbeplande iinstandhouding. Ons watervoorsiening is ook in ‘n krisis. En nou is dit brandstoftekort OOK agv onbeplande instandhouding!!! Is instandhouding nie iets wat onverpoost moet voortgaan nie? Waarom word dit eers aangepak as als begin vou of is dit net ‘n ekskuus vir bestuur wat ONKAPABEL is?!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie is maar nog net die begin,en die soustrein se wiele begin lelik afval . Mens sidder om te dink waar die gaan stop en dan giggel Zuma in die parlement asof alles n grap is.

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as ‘n “struggle entity” probeer om ‘n regering te wees. Eers struggle jy om gebore te word, dan struggle jy om deur die skool te kom, dan struggle jy om ‘n ID dokument te kry, dan struggle jy om enige verdere kwalifikasie te behaal, dan struggle jy om ‘n werk te kry, dan struggle jy om bate-finansiering te kry, dan struggle jy om ‘n korrekte munispale rekening te kry. Dan besluit jy genoeg is genoeg….en jy gaan trek….dan struggle jy om ‘n paspoort te kry, en dan struggle jy om ‘n belastingsertifikaat te kry…As al hierdie ge-struggle jou ‘n hartaanval gee…..struggle jy om ‘n goeie hospitaal te kry, en as jy sterf struggle jou familie om ‘n doodsertifikaat en ‘n grafsteen te kry……en struggle dan sonder jou voort.

susan ·

Ek dink weer hierdie is net weer n storie om die prys van brandstof op te stoot. As daar n tekort is,styg die prys. Iemand verloor nou iewers met die lae brent pryse. Daar moet nou n manier gevind word om brandstofprys te laat styg. Voila n tekort aan brandstof…..

rynhardt ·

Vir jare het ons nou beurtkrag en nou is daar weer n tekort aan petrol in Gauteng.Alles word doelbewus so inwerking gestel.Wat is volgende?n Tekort aan voedsel,treine en vliegtuie wat nie diens kan verrig nie,nie genoeg kontant in banke nie? Dan se Zuma n ruk gelede in parlement:”Die land se ekonomie is op die regte pad$.Werklik?Met 1,4% ekonomiese groei?Dan weet hy ook nie eens dat sekere myne gesluit het nie.Dit wys dat Zuma net n president in naam is!SA beweeg vinnig na algehele stilstand!

Piet Pompies ·

Welkom in die banana republiek.Ons het mos ”n meerderheid gehad wat ja gesê het… hoe wil julle die mense kritieseer?Dis mos nie hulle skuld dat hulle die land moet bestuur.Ons was te sleg om ons tuinwerk,huiswerk en landsbestuurwerk te doen toe kry ons hulle….nou kla ons daaroor.DIT IS ONS SKULD….ONS WAS TE TREURIG

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.