Brandstofverligting vir petrolverbruikers kom dalk

Petrolverbruikers kan in Junie ‘n daling in prys verwag. Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Vrydag gesê dat petrolverbruikers ’n daling in brandstofpryse kan verwag. Ander brandstofverbruikers sal egter na verwagting meer moet opdok wanneer die departement van minerale hulpbronne en energie die pryse vir Junie bekendmaak.

Maroela Media het vroeër berig dat die petrolprys in April vanjaar die hoogste nóg in Suid-Afrika was, waarna dit in Mei weer met sowat 9 sent per liter gedaal het.

“Petrol sal na verwagting in Junie 11 sent per liter goedkoper wees. Dit blyk egter dat diesel met sowat 22 sent per liter sal verhoog en paraffien met 21 sent,” sê die AA.

“Die rand het gedurende Mei voortdurend teen die Amerikaanse dollar versterk, terwyl internasionale oliepryse meestal gelyk was. Data rakende ’n skerp toename in olie aan die begin van die maand word nog verwerk, wat gevolglik ’n groter impak op die prys van diesel as petrol beteken.”

Volgens die AA sal dit teleurstellende nuus vir vervoermaatskappye wees wat op diesel staatmaak.

“Dit sal ook nie deur burgers wat van paraffien gebruik maak, verwelkom word nie – veral diegene wat paraffien in die wintermaande vir verhitting gebruik.

“Die toenemende versterking van die rand is egter goeie nuus. As dit so aanhou, sal dit die impak van stygende internasionale oliepryse versag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Wat n klugspul, die brandstofprys word gemanupileer, rentekoerse word ook hierdeur onverander gelaat en moet styg, vinnigste manier om aanvullings te doen.

Rian ·

R1.00 op, n paar sent af, R1.00 op, n paar sent af, ens. ens. ens.

Keith ·

Consider.. that diesel and parafin are the cheapest to manufacture, in the production chain. Our people are up to tricks again. Legitimised looting.

Nico ·

Daar word woer-woer gespeel met die brandstof pryse, die olie voorraad van SA is mos verkoop en niks het gebeur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.