Brandstofverligting wink

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Vrydag gesê hy verwag ʼn daling in brandstofpryse wanneer die departement van minerale hulpbronne en energie die pryse vir Mei bekend maak.

“Die wisselkoers het verstewig teenoor die Amerikaanse dollar en internasionale petroleumpryse, wat in die eerste twee weke van April effens gestyg het, het sedertdien weer gestabiliseer,” het die AA gesê.

As gevolg hiervan sal verbruikers moontlik ʼn blaaskans kry ná ʼn vlaag stygings vroeër vanjaar.

Maroela Media het vroeër berig dat die petrolprys vroeër vandeesmaand die hoogste nóg in Suid-Afrika was.

Petrol sal na verwagting in Mei sowat 13 sent per liter goedkoper wees, terwyl diesel met 32 sent per liter sal daal en paraffien met 23 sent.

“Suid-Afrikaners wat paraffien in veral die winter gebruik vir beligting, verhitting en om mee te kook, sal ongetwyfeld bly wees oor hierdie nuus.”

Die AA sê hy hoop ook dat die bestendigheid verdere verligting vir verbruikers op kort en mediumtermyn sal bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Rerig! Die petrolprys het niks met die wisselkoers te doen nie. Dit hang maar daarvan af watter ANC het die maand geld nodig, of nie!

Johanncb ·

Teen R16,60 per liter vir 95 oktaan by die kus, is dit geen verligting!

Pieter ·

Die prys styg drie agtereenvolgende maande, die laaste maand met R1.00 per liter, en dan moet ons juig oor ‘n verlaging van 13c per liter…….

OW ·

Stem Pieter.13c is geen verligting nie.Jy kan nie eers ‘n “chappie” daarvoor koop nie.

Anton ·

Die ANC het geld nodig vir die entstof wat hulle so lek kan aan koop.En dan weer vir die helfde verkoop want dit gaan nie in ons land werk nie.

JohanR ·

Dis nou ‘n verrasing Anton. Die ou, of sy wat my ‘n -1 gegee het jou verby gegaan. Miskien is hy/sy op die middag slaapie!

Pietertjie ·

Drie treë terug, ‘n halwe tree vorentoe. Só reverse ons die toekoms in!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.