Brandweer en paramedici-krisis in Merafong

Argieffoto

Argieffoto

Die Merafong plaaslike munisipaliteit aan die Wes-Rand het glo slegs een brandweerwa om ʼn bevolking van 198 000 inwoners te bedien, waar dit veronderstel is om minstens vier brandweerwaens beskikbaar te hê.

Dit het aan die lig gekom tydens ʼn oorsigtelike besoek aan die Carletonville-brandweerstasie, het DA-LP Ina Cilliers in ʼn verklaring gesê.

Daar is ook bepaal dat die brandweerstasies in Fochville en Khutsong glad nie werkbare brandbestrydingstoerusting het nie.

Die “noodlottige agteruitgang” word vererger deur die feit dat geen driloefeninge, voortgesette opleiding of brandbestrydingsaktiwiteite plaasgevind het nie, het sy bygevoeg.

Brandbestryding is ʼn paar jaar gelede onder die sorg van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit geplaas en brandweertrokke en nooddienste (paramedici) is veronderstel om gestasioneer te wees in Carletonville, Fochville en Khutsong. “Khutsong staan tans leeg en Fochville het net een ambulans,” het Cilliers verduidelik.

Daar is ook nie enige aanduidings op brandblussers of brandblusserpadkaarte beskikbaar nie. Toe dit opgespoor is, kon die nooddienste ook nie die brandblussers toets nie, weens ʼn gebrek aan toerusting en diesel.

Die personeel het ook drie jaar laas nuwe uniforms ontvang. Dit sluit brandbestrydingskopskerms en -stewels in. Die moraal was nog nooit só laag nie, het sy gesê.

Gegewe die feit dat Merafong maandeliks meer as 52% van sy water verloor, is die plaaslike en distriksmunisipaliteite nalatig om toe te laat dat nooddienste tot só toestand versleg waar duisende inwoners se lewens in gevaar geplaas word.

Cilliers meen Jacob Mamabolo, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng, moet ingryp en seker maak dat diegene wat verantwoordelik is vir die agteruitgang, aanspreeklik gehou word en die situasie moet so gou as moontlik opgelos word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is krimineel om die minste te se.Dank onmiddelik die verantwoordelikes af want hulle speel met menselewens en eiendom. Dit is growwe nalatigheid en n voorbeeld van die handelinge van affirmative stootches.

Johann Marx ·

En erfbelasting en heffings op water, vullisverwydering, riolering en elektrisiteitsverskaffing was nog nooit hoër as nou nie!!

Johann Marx ·

Ek het die volgende verneem van ‘n inwoner van ‘n naburige klein dorpie in dieselfde omgewing: Voor 1994 het daardie dorpie 9 munisipale bestuurders gehad, wat elkeen ‘n spanleier en ‘n werkspan of spanne gehad het. Nou het dieselfde munisipaliteit 64 “managers” wat elkeen in ‘n kantoor sit, met ‘n rekenaar wat min van hulle kan aansit, gratis selfoon, motorskema, mediese en pensioen, bogemiddelde salaris, sekretaresse, en GEEN munisipale rekening nie want hulle “werk” vir die Marafong Munisipaliteit. Daarby hou hulle ELKE DAG vergadering….en nie wanneer nie? 12 uur. Dan bring iemand se familie, wat nou skielik ‘n spysenier is en ‘n “kontrak” het met die munisipaliteit ongeveer R13 000,00 se kos elke dag….vir 12 uur se vergadering. Dan eet almal eers ietsie, pak die sakke vol vir vanaand se aandete, en stel die vergadering uit…..en môre doen ons dit weer. En die huis-eienaar betaal daarvoor ten duurste….en kry ZERO diens daarvoor terug. Viva Afrika, Viva….

alida ·

Dit is die waarheid en niemand doen iets daaraan nie. Ons sit met ons hande in ons hare. Glo my dit sal nie beter gaan nie. Die opposisie partye moet net meer druk op die ANC en Munisipaliteite toepas. Maak hulle mal sodat hulle kan wakker skrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.