Brandweer het nie water toe brand uitbreek nie

Foto: Susan Taljaard

ʼn Gebou het Donderdag in die Mathjabeng- (Welkom, Virginia, Odendaalsrus, Hennenman, Allanridge en Ventersburg) munisipale area afgebrand toe die munisipaliteit se brandweer nie in staat was om die brand te blus nie.

Volgens Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, was daar nie water tot die brandweer se beskikking nie. Sy was op die toneel waar die gebou van Janru Waste Recyclers in Welkom vandag afgebrand het.

Taljaard het al voorheen die brandweerkwessie onder die munisipaliteit se aandag gebring. “Toe was al die brandweervoertuie buite werking omdat daar glo nie geld was om die voertuie te diens nie. Nou is die voertuie weer in ʼn werkende toestand, maar hulle het nie water om die brande mee te blus nie,” het sy verduidelik.

“Die brandslange word met plastieksakke geheg en aanmekaar gehou, maar die bietjie water wat daar wel is, spuit by lekplekke uit en dien geen doel nie. Dit is ʼn absurde situasie.”

Taljaard het verskeie lede van bestuur in die rampbeheer- en openbare veiligheid en vervoer-afdelings van die munisipaliteit versoek om na die toneel te kom om die vrugte van hulle handewerk te aanskou.

“Al ses dorpe van Mathjabeng moet deur hierdie brandweer bedien word, maar die brandbestryders word nie eers met water voorsien nie, om nie eers te praat van gasmaskers en ander veiligheidstoerusting nie. Dit is ʼn yslike probleem wat die hele gemeenskap van Mathjabeng se lewens in gevaar stel,” het Taljaard bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Nee ons verstaan nie!!!!!! Brand beSTRYDING is KOLONiaal! Maar BrandSTIGTING is die nuwe SA SPORTSOORT! So…wats die issue? ANC LEGACY!!!!!!!!!!

johnny_walker ·

nee wat Johan , dit is nie n ANC Legacy nie , jy sal sien as die DA oorvat sal dit nog steeds so aangaan want dit is eintlik n ander kwessie , iets wat sogenaamde intelligente mense wereld wyd weier om te erken , waarom dink julle het God aan Israel gese om nie met ander rasse te meng nie ? en hoekom het Hy hulel swaar gestraf elek keer wat hulle dit wel gedoen het ?
dit is tog voor die hand liggend

Hennie ·

Besef hierdie mense wragtag nie hoe hopeloos hulle is nie? “As julle te vrotsig sleg is, staan opsy dat ons die werk kan doen!!”

Eish ·

Seker die stad in die Vrystaat wat die grootste verval toon sedert 94.

Leahim ·

Die anc het in die sogenaamde apartheidsera altyd gesê we will make them ungovernable dit het tyd geword om die favour terug te betaal deur siviele eise todat hulle oprgee of regkom.

Karen van Zyl ·

Dit is nie nuus nie, hulle het ook nie water in JHB gehad toe ‘n brand uitbreek het nie. Die brandweer manne werk onder geweldige en slegte kondisies, ja hulle wil mense help maar as nie hulp gegee word nie wat moet hulle dan maak?

stefanie ·

Dit is die die anc se top gehalte werk so is die parlement en so is die staatsdienste kyk maar na S.A.L Zuma is trots op sy LAND So gaan ons land ten gronde maar daar word vir Zuma gestem

Dis Nou Mooi ·

Waarom is dit nuuswaardig?
Net om ons (wat deesdae die minder bevoorregtes is) voor te berei. Eers moes ons maar self ons eie kragopwekkers aanskaf (Alle dank aan Eskom en die ANC), daarna ons eie water resevoirs, hoekom kan ons dan maar nie ook ons eie brandbestrydingstoerusting ook sommer op ons “shopping list” aanbring nie…
Wonder wat is volgende?

Theresa B ·

Ek stem Hennie. Ons land en mense gaan ten gronde want diè spul is so onbevoeg en dubbelsinnig dit maak ‘n mens siek. Hulle KAN NIE die land regeer nie – dit is nou al oor en oor bewys.

Tinka ·

Viva ANC viva!!!!! So val hulle een vir een in die groot gat wat hulle vir hulle self gegrou het.

Oom Johan Willemse ·

Brandweer sonder water is apartheid se skuld. In die vorige bestel is alle fondse gebruik om infrastruktuur te skep sodat daar tans geen geld vir instandhouding is nie. ‘n Skadevergoedingseis teen die Munisipaliteit, Burgemeester en Brandweerhoof (in laasgenoemde se persoonlike hoedanighide) vir alle skade, behoort ingedien te word.

Lee ·

Nee kyk in die nuwe regering mors hulle eerder geld as om als in stand te hou. Kry eerder iemand wat iets tussen die ore het om Stadsrade te run. Dit het al ‘n paar keer in Kempton ook gebeur of die brandweer daag op by ‘n brand en dan het hulle die pype vergeet. Nuwe SA

Ouma ·

Maak nie saak watter party oorneem by die ANC nie, die huidige stadsrade is so diep in die gemors agv al die diefstal, partytjies, geld wat net gemors word, mense wat te lui en te dom is om die werk te doen, dat ek nie weet hoé lank dit die volgende party gaan vat om dinge reg te ruk nie. En dan sal die mense verwág dat die nuwe party moet kan tóór om alles in ‘n maand se tyd reg te ruk. Onmoontlik. En dan begin die opstande maar weer. Net soos in die Kaap.

Ouma ·

Maak nie saak watter party oorneem by die ANC nie, die huidige stadsrade is so diep in die gemors agv al die diefstal, partytjies, geld wat net gemors word op onnodige dinge , mense wat te lui en te onbevoeg is om die werk te doen, dat ek nie weet hoé lank dit die volgende party gaan vat om dinge reg te ruk nie. En dan sal die mense verwág dat die nuwe party moet kan tóór om alles in ‘n maand se tyd reg te ruk. Onmoontlik. En dan begin die opstande maar weer. Net soos in die Kaap.

marous ·

Hulle gaan seker aansoek doen vir biljoene by die sentrale regering om gebottelde water te koop …of sjampanje

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.