Brandweer maak weer draai by parlement

Skade aan die parlementsgebou ná verlede maand se brand. (Foto: Verskaf)

Ingenieurs het Woensdag tekens van hitte in die kelderverdieping van die beskadigde gebou van die Nasionale Vergadering (NV) by die parlementêre kompleks in Kaapstad opgelet.

Die gebou blyk egter geen gevaar in te hou nie.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê ingenieurs van die departement van openbare werke en infrastruktuur was vanmiddag besig met ondersoeke binne die brandbeskadigde gebou van die Nasionale Vergadering toe hulle plek-plek hitte in die kelderverdieping bespeur het.

Die ingenieurs het die metro se brand-en-reddingsdienste dadelik na die parlementêre kompleks  ontplooi. Die amptenare het ondersoek ingestel en kon vasstel dat dié warm plekke geen moontlike opvlammings of gevaar vir lede van die publiek inhou nie.

Mothapo sê die brand-en-reddingsdienste is as voorsorgmaatreël ontbied “en daar was geen onmiddellike gevaar vir óf die inspekteurs óf die algemene parlementêre gemeenskap nie”.

Die brandweer sal ’n volledige verslag hieroor by die parlement indien.

Lees al Maroela Media se berigte oor verlede maand se brand by die parlement hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

casper ·

Skraap dit plat want dit het geen doel in die huidige of toekomstige SA nie — Soek ‘n boom erens in die oos kaap !!

Hennie J ·

Die warm plek in die kelder is seker waar kopdoek en hoedman lyf wegsteek van hul parlementere take!

christo ·

Die parlementsgebou is vernietig en dis dit. Of die ANC gaan poog om dit te probeer restoureer of ‘n nuwe gebou te bou, dit sal die belasting betalers miljarde Rand kos. Die verwoestende gevolge van die ANC se swak regering gaan net aan en aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.