Brandweermanne beseer toe gebou in Durban brand

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Brandbestryders is Donderdagaand beseer terwyl hulle gespook het om ʼn brand in ʼn gebou in Fieldstraat in Durban te blus.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die brandweerdienste is na die toneel ontbied nadat ʼn brand op een van die vloere van die gebou uitgebreek het. ʼn Vrou met ʼn kleuter en baba is uit die brandende gebou gered, terwyl ʼn tweede vrou en kind op die dak vasgekeer was. Brandweerbeamptes kon daarin slaag om hulle ook na veiligheid te bring.

“Terwyl hulle besig was om die brand te blus, het drie van die brandweermanne brandwonde opgedoen en moes hulle na die hospitaal gehaas word. ʼn Vierde brandweerman moes vir hitte-uitputting en rookinaseming behandel word,” het Bodasing gesê.

Volgens Bodasing is beide vrouens wat gered is en een van die kinders vir rookinaseming behandel en hospitaal toe geneem.

“Dit is nie tans bekend wat die oorsaak van die brand was nie. Owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nic Grobler ·

‘n Mens is regtig dankbaar teenoor die mense wat in die feestye op hulle pos is om gevaarlike dienste te lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.