Brasilië: Busse aan die brand gesteek toe wêreldrekords spat

Grafika: soccerlens.com

Grafika: soccerlens.com

Sokkerondersteuners het Dinsdagaand in Sao Paulo, Brasilië, busse aan die brand gesteek en ‘n winkel met elektroniese ware geplunder ná die land se verwoestende nederlaag teen Duitsland in die semifinaal van die Wêreldbeker.

Die polisie het nie aangedui hoeveel busse is aan die brand gesteek nie, maar volgens die Folha de Sao Paulo-koerant is minstens 20 busse in ‘n motorhuis, waar ongebruikte voertuie gestoor word, aan die brand gesteek. Nog drie busse is in ander dele van die stad aan die brand gesteek.

‘n Winkel wat elektroniese ware verkoop is in die ooste van die stad geplunder.

Die polisie wou ook nie bevestig dat dit aan die wêreldbekernederlaag gekoppel word nie. “Dit word ondersoek,” het ‘n polisiebeampte aan AFP gesê.

Duitsland het Brasilië met 7-1 uitgeskakel. Duitsland het vyf doele in die eerste helfte van die wedstryd aangeteken. Die meeste doele wat een span al ooit in een wedstryd in ‘n wêreldbeker aangeteken het, was in 1982 toe Hongarye 10 doele teen El Salvador aangeteken het.

Duitsland het Dinsdagaand die wêreldrekords laat spat deur as een span die meeste doele in ‘n semifinaal aan te teken. Dit is ook die wedstryd met die meeste doele deur albei spanne in ‘n semifinaal.

Duitsland het in Wêreldbeker 2014 reeds 17 doele aangeteken.

Nederland en Argentinië kom vanaand teen mekaar te staan. -SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Die hele wêreld het mal geword. Magtig, kan ‘n mens nie eers net doodgewone sport speel en kyk nie. Julle almal het die verkeerde god beet. Kom net by !!

Jas van As ·

Afgod. Ja, ek stem heelhartig met jou saam. Maar glo my, hulle gaan nie by kom nie. Sport is die meeste mense se alfa en omega. Jy kan enigiets van hulle wegvat, moet net nie aan hulle sport raak nie.

Trippie ·

Stem saam Theresa – en daardie god noem ons die sportgod.

JAS, presies soos met die rugby in hierdie land – baie mense se alfa en omega.

Groete, en ‘n geseënde dag (dis YSIG hier in Pretoria).

AmY ·

Wat gaan aan met die mense? Mens is mos nie sulke slegte verloorders nie?

Dis net sport. Al is die ‘n wêreldbeker. Daar gaan nog erger teleurstellings in daai mense se lewens wees.

Gaan hulle dan met elke teleurstelling die strate invaar en alles verwoes sover as wat hulle gaan?

Belinda ·

Dis hoekom ek geen sport kyk nie en stel ook glad nie belang in dit nie vadat politiek sport oorgeneem het kyk ek glad nie sport en stel ook nie belang in enige sport held se dade nie…………….Goeie een Eben………………:-)

job jobson ·

Duitsland het Brazil vernietig.Brazil moet maar in die TOEKOMS sy doelhok permanent oophou want daai goalkeeper is ZERO maar hy worry nie want hy pay.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.