Brawe paramedici red man van swerm bye

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Vier paramedici het Maandag hul lewe gewaag om tot die redding van ʼn man, wat sy eie tuindienste besit, te kom toe hy deur ʼn swerm bye in Kaapstad aangeval is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn huis in Kuilsrivier plaasgevind.

“Die man, vermoedelik in sy 40’s, was besig om ʼn bos te verwyder toe ʼn byekorf op die grond geval het. ʼn Groot swerm bye het die man en ander omstanders begin aanval,” het Mathe gesê.

“Terwyl almal van die gevaar af weggehardloop het, het vier van ons mediese personeel hul lewe gewaag om die man se lewe te red. Ronnie Havenga en Charlton Grewe het by die toneel opgedaag en dadelik bygestaan om die man na veiligheid te neem. Twee paramedici, Cole Taljaard en Monde Siyephu, is albei tydens die voorval deur bye aangeval en gesteek, maar dit het hulle nie afgeskrik om voort te gaan om die man se lewe te red nie.”

Sy het gesê die man het meer as 200 bysteke opgedoen. Hy is op die toneel behandel en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Mathe het namens Netcare 911 die span vir hul braafheid bedank en dat hulle uit hul pad uit gegaan het om hul pligte te verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boetman ·

Nice , maar die rekening-deel is nog nie gefinaliseer nie – Netcare is ‘n besigheid en doen niks verniet nie.

Karma ·

Ja, Boetman, en jy lewe seker watter diens of werk jy ookal doen, gratis?

M A ·

Dit is skrikwekkend om deur ‘n swerm bye aangeval te word. Hulle hou nie op as hulle eers begin steek nie. Ek hoor jy moenie in water duik nie want hulle wag vir jou om weer op te kom en steek dan verder. Dit is beslis so dat hulle vir jou wag. Maar hulle hou nie van water nie en hou op met steek as jy hulle natspuit. Ek het ondervinding van bye aanvalle.

Honey ·

Het op radio gehoor die man het gesterf? Dit moet verskriklik wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.