Breederivier-kanomarathon: Laagwaterreëls geld ná min reën

Breederivier-kanomarathon (Foto: Kassie Karstens/Gameplan Media)

Die organiseerders van die twee dag lange Breederivier-kanomarathon het bevestig dat laagwaterreëls van toepassing sal wees weens die min reën in die Wes-Kaap.

Die kanovaart vind Saterdag en Sondag tussen Bonnievale en die Kam’Bati-oord buite Swellendam plaas.

Ondanks onlangse sneeu en reën is daar steeds nie genoeg reën in die boonste dele van die Breederivier nie en omdat daar ook nie beduidende reënval verwag word nie, het Richard Allen, hoof van die wedvaart, bevestig dat deelnemers tydens die twee fases oor die laer deel van Bonnievale en Kam’bati-oord buite Swellendam dit teen mekaar sal uitspook. Die water is dieper in dié gebiede.

Die eerste fase vind Saterdag plaas van Riggton-plaas buite Bonnievale tot by Kam’bati en dek die 33.5 km wat gewoonlik in die laaste fase gejaag word. Die formaat van die tweede fase sal op die dag bevestig word, maar dit is moontlik dat dieselfde roete gevolg sal word.

Die kanovaart se formaat is soortgelyk aan die wedvaart in 2017, maar Allen het gesê toestande sal baie beter wees as die baie lae watervlakke verlede jaar. Hy het gesê die organiseerders is baie dankbaar vir die positiewe gees waarmee die deelnemers die realiteit van die lae watervlakke in die Breederivier aanpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

van wat nou ·

Nou is ek al regtig moedeloos om elke dag die nuus-opskrifte van 3 Augustus te sien, WAT GAAN????

Sune van Heerden ·

Dagsê

Kontak ons gerus per e-pos by [email protected] met ‘n volledige beskrywing van die probleem wat jy ondervind – ons stel graag ondersoek in!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Daan Erasmus ·

Die groot gevaarlike 4 letter woord. Reën. As dit daar is, is dit so natuurlik dit is asof dit altyd daar sal wees. Dit is eers Waneer dit wegbly dat dit ‘n probleem word. Ons as mense moet leer dat min reën die nuwe normaal is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.