Breedevallei se reeksmoordenaar gevonnis

V.l.n.r. Eric Ntabazila van die Nasionale Vervolgingsgesag, sers. Pieters, kapt. Kobus Neethling, adv. Ntsoaki Mabilietse, ao Lesley Dlamini en kapt. Loganathan Chetty (Foto verskaf deur die SAPD Wes-Kaap)

Siyamcela Sombambela (35) is Vrydag in ʼn hof in Worcester 25 jaar tronkstraf opgelê ná hy skuld beken het op drie aanklagte van moord. Hy het ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan.

Sombambela is van moord aangekla ná drie liggame in Oktober 2020 in die Pine Valley- informele nedersetting in die Breedevallei gevind is.

“Hy is op 24 Oktober 2020 omstreeks 23:00 opgemerk toe hy iets gesleep het. Die polisie is ontbied en beamptes het ʼn gruvonds gemaak,” sê kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie. “Hulle het op die liggaam van die 21-jarige Bernadine Frans van Pine Valley afgekom.”

Sombambela, wat ook ʼn inwoner is, is in hegtenis geneem.

“Die polisie is op Sondag, 25 Oktober 2020 weer na die gebied ontbied toe ʼn verbyganger op ʼn vlak graf in ʼn oop veld afgekom het. ʼn Vrou se liggaam is gevind. Sy is later as die 25-jarige Miché Pienaar uitgeken. ʼn Verdere soektog deur beamptes het gelei tot nóg ʼn graf, nie ver daarvandaan nie. Die liggaam van die 33-jarige Grizella Minnaar is in dié graf gevind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

25 jaar vir 3 moorde. Ons regsstelsel is ‘n sirkus.

Magda

25jaar vir 3moorde. Regtig

JM

Wat gaan aan?! Drie moorde en hy kry net 25 jaar. Geen wonder dit gaan so in die land nie!

domheks

hy sal net 7 jaar sit dan laat die prez hom vry!

Delia

Belaglik. So omtrent 8 jaar vir elke moord. Kan iemand met regskennis dit verduidelik asb, want ek is te Dom om dit te verstaan.