Breek alle apartheid-simbole af, sê Malema

Julius Malema eis dat Louis Botha se standbeeld by die parlement in Kaapstad afgebreek moet word Foto: Raymond.ellis via Wikimedia Commons

Julius Malema eis dat Louis Botha se standbeeld by die parlement in Kaapstad afgebreek moet word Foto: Raymond.ellis via Wikimedia Commons

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het mense versoek om alle standbeelde, wat herinner aan apartheid, af te breek, het die Sunday Independent berig.

“Ek daag julle uit,” het Malema gesê. “Rewolusie is nie ʼn wettige aktiwiteit nie. Julle moet ophou om te luister na dinge soos, ‘Dit is onwettig’.”

Malema het die vegters van die Wes-Kaap uitgedaag: “Die standbeeld van Louis Botha by die parlement moet neerkom en hoe dit afgebreek word is julle saak. Ek stel nie belang in hoe dit afgebreek word nie… maak ʼn plan met daardie standbeeld.”

Malema het Saterdag dié uitlatings tydens ʼn EFF-byeenkoms vir Menseregtedag in Langa in Kaapstad gemaak. Hy het gesê mense wat apartheid en alles wat dit verteenwoordig verag, het “ʼn plig om hierdie simbole te verwyder”. “Hou op om sulke babas te wees. Julle het apartheid afgebreek, nou kan julle nie versuim om die simbole van apartheid af te breek nie. Dit is jou plig as ʼn rewolusionêr. Neem dit op jouself. Tronk of nie, jy moet in hegtenis geneem word omdat jy Botha afgebreek het.”

Malema het glo gesê hy is glad nie bang om in hegtenis geneem te word vir die woorde wat hy gesê het nie, en hy het bygevoeg hy vrees of respekteer nie “ʼn vrot regering” nie. Hy het bygevoeg die standbeeld van Cecil John Rhodes by die Universiteit van Kaapstad moet ook afgebreek word. “Daar is nie enige bespreking nie. Rhodes moet val. As hulle sê dit is te duur om hom te laat val, moet die massas daardie standbeeld van Rhodes afbreek. Dit sal nie duur wees nie. Hulle kan ons dienste huur. Ons sal dit sommer verniet gaan verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Elize ·

Breek af dis reg, maar breek ordentlik af dan gaan “herplant”ons dit in Orania. Maar klim tog net uit die gat van “blame it on apartheid” Die lewe gaan aan, hoekom nog rond ploeter met die verlede! Die verlede hou geen toekoms in nie.

CHRISTA ·

Gaan Mal-ema die Parlement ook afbreek? Dis ook mos tydens (deur) apartheid gebou? Dis vir my te goed: al hierdie geboue en beelde rattle hulle cage, maar hulle wil aantrek, leef, en lyk soos die Europeers wat hulle so haat! Wat se dit van hulle. Hulle het nie eers respek vir hulle eie kultuur nie. Hulle wil als wat tydens apartheid gebou is afbreek, maar hulle gebruik die dienste wat deur apartheid opgerig is: Eskom, SAL, paaie, skole, mediese dienste, watervoorsiening (al die damme), behuising. Net jammer als val uitmekaar, want hulle kan niks onderhou nie. Vra Mal-ema wie het sy smart pakke klere gemaak, die smart motors waarin hy so rondry? Hy is net so ‘n nar soos sy maatjie, Zuma.

alex gous ·

Baie dankie Christa vir jou polities korrekte stelling waar jy ‘n kernagtige samevatting gee van wat werklik aangaan.

Bets van Aswegen ·

Wat het arme ou Louis Botha nou met apartheid te make??? Hy het in die Boere -oorlog geveg, lank voor apartheid se dae!! Miskien moet Malema bietjie sy geskiedenis gaan leer!! Neem vir Rhodes Zimbabwe toe, waar hy hoort, maar gee dan al die geld wat die Rhodes beurse vir swart studente laat leer het, ook aan hulle. Malema en ANC sal ALLES in hulle vermoë doen om die Wes-Kaap op te sweep, om dit onregeerbaar te maak!!

Gert van der Merwe ·

Onder die donker kombers gebruik die ANC nou vir Malema EFF on die Weskaap te ontwrig. Daar sal in toekoms as EFF plat val weer n salarissie vir Julius in die ANC wees. En dit is sommer naby.

Babs ·

Plant sommer vir Malema voor die Parlementsgebou dan kan die voëltjies op sy kop ook skeit. Miskien sal daar breins groei.

Gert van der Merwe ·

Verwyder die Rhodes beeld, ek stem daarvoor. Pak dan n “POO” emmer op daai voetstuk. Dit sal die “POO” gooier student se brein stimileer elke keer as hy daar verby stap klas toe, dan sal hy dalk sy vakke begin slaag en aan die Rhodes beurs wat hy kry begin terug betaal. Malema kan die “POO BEELD” kom onthul. Sal hom dalk net trots maak op sy mense.

Ben ·

Onthou net een ding. As ‘n Boer of Engelsman (lees: Whitey) gedwing word en dinge raak net te veel, kan ons ook in terug-vegopstand kom en ook standbeelde verniel en afbreek! Tot dusvêr het ons net gehoor gegee aan ons inherente goeie maniere, maar dit kom ook al gevaarlik naby versadigingspunt!

Chris ·

Hy bedoel seker vinniger afbreek, want hulle is in elkgeval besig om die “apartheid simbole” af te breek!

Francois ·

Eintlik is die oplossing baie maklik…hoekom verwyder ons nie ALLE standbeelde nie, die van Rhodes, Paul kruger en dies meer..MAAR dan terselfde tyd verwyder ons die van Mandela in Sandton, voor die Uniegebou, ens, ens, ens…Ek bedoel ALMAL. Nog beter hoekom sloop ons nie sommer die Uniegebou ook nie! Dis mos OOK tydens apartheid opgerig. Malema hoort in ‘n inrigting! Kies self watter een!

Marianne Venter ·

Wat n idioot. Die lewe is moeilik -net soveel moeiliker as jy stupid is

Charles ·

Snaaks hulle praat van appartheid maar nie een van hulle is met n wit vrou getroud nie wonder wie is nou Apartheid

Bertie ·

Ja, hulle moet sommer ALLES in die land at reek ( soos hulle meestal reeds het, maar NOG) insluitende Malema se huis, AL die geboue waar die heidene nou vergader wat ONS voorvaders gebou het en dan moet hulle sommer ook die stuk str@nt se sonbrille, kar ens breek want witmense het dit ook mos gemaak! Dis tyd dat blankes OPSTAAN teen die GEMORS!!

Leon ·

Bid sonder ophou en hou op “worry “. Leef en werk rustig voort.

rika swart ·

Kom ons bly op ons Kniee en glo en vetrou net Op GOD HYS GROTER AS ALLES EN ALMAL!!!! Ek wens net almal wil ophou om apartheid vir alles skuld te gee Wat is apartheid Is dit dan nie n mens gemaakte ding nie Dit kon mos nie sonder n mens se reaksie ontstaan het nie Ek weet nie waarom almal so n groot geraas maak Oor apartheid nie Ekt saam met my Oupa se werkers op die plaas se kinders gespeel toe ek klein was Ja swart kinders En ons het nooit baklei of mekaar sleg gese nie So hoekom as jy nou n swart vrou groet dan is jy verkeerd en as jy hulle ignoreer dan is jy nog verkeerd Mense dink weer As dit nie vir Jan van Riebeeck se slawe was wat hy saam gebring het nie sou daar defintief nie nog n nasie gewees het nie Want as die wit mense nie saam met die slawe geslaap het nie was daar nie swart of bruin mense nie So ons voorgeslagte van al die nasies was verkeerd Kom ons gun mekaar die son en probeer ophou om mekaar as rassiste uit te maak Here Vergewe asb die mensdom hulle weet nie wat hulle doen nie AMEN!!!!!

mathom ·

Liewe hemel party mense se koppe raas erger Malema sin lees tog julle geskiedenis niemand het by iemand geslaap nie. Eks skaam my vir onosel wittes . Baie min het iewers geslaap

JoeV ·

Sal goed wees as ons alles wat aan apartheid herhinner afbreek,

Dan kan ons binne kort weer mielies plant in Johannesburg!

Patrick O'Leary ·

To destroy objects and symbols of the past is to deny your history. To deny your history is to foolishly – and arrogantly – elevate yourself to a positon of saying ‘we can learn nothing from our history’. Symbols of the past do not bring back the past. They are a visual reminder of where we have come from and where we need to go.When one stands in front of that magnificent statue of Nelson Mandela in Nelson Mandela square in Johannesburg, one is reminded of the gloriuos time after the 1994 elections when South Africans of all races and colour came together as one to build a new future. Compared to today, the vision Madiba had for this country is but a distant dream. It is in the past for the present Government has not taken South Africa anywhere near to where Mandela wanted the country to go. Mandela’s vision is now history. Does that mean we destroy that statue as well?

Francois ·

Yes we destroy it too, just as they want to destroy OUR history…

elsabe ·

hoekom moet ons blankes se geskiedenis afgebreek word sodat hul net standbeelde kan oprig van hul mense wat net so baie bloed laat vloei het van onskuldige mense en nog steeds

Pierre Celliers ·

Wat hy eintlk wil se is: ” Breek af al die Afrikaner se geskiedkundige standbeelde, want ons het nie sulkes nie, en sou ook baie graag regte helde soos die boere wou gehad het”! Ons weet voor ons siel dit het niks met apartheid te doen nie, maar breek af, nietemin!
Afguns, is die oorwegings punt!! Is ek nou reg of is ek in die kol?!

jaycee ·

Daar is baie simbole uit die geskiedenis wat nie-Afrikaners na aan die hart lê en die feit dat baie van hierdie simbole nog behoue gebly het tydens die apartheidsjare, wys op die kontras tussen vandag se swart nasionaliste en gister se blanke nasionaliste. ‘n Mens kan redeneer soos jy wil maar die apartheidsregering, vergrype ten spyt, het in ‘n mindere of meerdere mate aan alle groepe in die land ‘n plekkie in die son gegun, iets wat vandag se swart nasionaliste toenemend die afgelope 20 jaar verseg om te doen. Wat Malema hier sê is niks minder as opstokery tot geweld en vernietiging van eiendom nie.

Gert van der Merwe ·

elsebe, dit is alles ok. Dink as hulle die parlement ook afbreek dan is ons ontsla van hulle. Dan hou hulle vergaderings soos hulle tradisioneel gewoond is in die wel bekende gebou van hulle. Die “BUCKET TOILETS”

Antoinet ·

Vir iemand wat nie belasting betaal nie ,is sy bek baie groot! Hy is nie n voorbeeld vir die toekoms van die land nie…

Antoinet ·

Vir iemand wat nie belasting betaal nie ,is sy bek baie groot! Hy is nie n voorbeeld vir die toekoms van die land nie…

Lucas Wilhelmus Meyer ·

Jy kan hom egnoreer……soos die self moordenaar die trein…!!!!!!!!!

J.Z ·

MALEMA ek ken vandag iets wat baie slegter is as die ou apartheid,as jy een pampoen pit bo het sal jy weet wat dit is.

Blondie ·

Malema of te wel die regering kan maar alle standbeelde afbreek soos hulle wil. Maar wat hulle so magteloos maak is die feit dat hulle nie die ‘BOER’ in ons harte kan vernietig nie. Dit sal vir altyd daar wees tot in ons nageslag in.

Lizette ·

Goeie more, ek is regtig baie om gekrap oor sy aan merkings. Gnr Botha is my groot oupa en kan ondhou hoe my ouma ons altyd vertel het van hoe hy teen die engelse baklei het! Hoe kan Malema nou kom en praat van apartheid? Gnr Botha is een van die baie wat die land wat hy wil steel beskerm het en voor baklei het!! Malema is gou om te praat van rasisme ma wat is hy? Mens sien elke dag hoe hy die afrikaaner probeer sleg maak waar hy kom. Ek wil weet as da iets is wat ons kan doen sodat hy nie altyd sy sin kan kry nie? Dis ons as Suid afrikaners Se geskiedenis hoekom moet ons als prys gee?

jacques ·

Ek het gehoor hy het nou net R9 000 000 van n jood gekry van Eng,Wat is die jood dan agter om so klomp geld vir so n mad man te gee?.Julle moet maar hoop Zuma word nie uitgeskop nie want dan gaan ons teen vinniger spoed agter uit gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.