Brendin Horner-moord: Só sê hof oor borgtog

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) in die hof. (Skermgreep: eNCA)

Een van Brendin Horner se twee vermeende moordenaars is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Landdros Deon van Rooyen het Sekola Matlaletsa (44) se borgtog op R5 000 vasgestel en verskeie voorwaardes opgelê waaraan hy moet voldoen. Hy moet onder meer drie keer per week by die Paul Roux-polisiestasie aanmeld.

Sekwetje Mahlamba (32) bly agter tralies. Die landdros het bevind dat geen buitengewone omstandighede bestaan wat sy vrylating op borgtog sal regverdig nie en selfs al is hy verkeerd in hierdie opsig, sê Van Rooyen hy glo nie borgtog is in die belang van geregtigheid nie.

Horner (21), ʼn plaasbestuurder van die Paul Roux-omgewing in die Vrystaat, is aan die begin van die maand wreed op ʼn plaas in die distrik vermoor. Hy het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

Sekwetje Mahlamba (32) bly agter tralies. (Skermgreep: eNCA)

Mahlamba en Matlaletsa is kort ná Horner se moord in hegtenis geneem.

Die polisie het onder meer op bloedbevlekte broeke en ʼn paar skoene met modder aan by Mahlamba se huis beslag gelê. ʼn Bloedbevlekte broek is ook in ʼn kisvrieskas op sy perseel gekry.

Mahlamba het aangevoer die bloedspatsels is dié van ʼn dier wat tydens ʼn tradisionele seremonie geslag is. Kapt. Gerhardus Myburgh, die ondersoekbeampte in die saak, het egter getuig die persoon by wie se huis dié seremonie gehou is, ontken dat Mahlamba betrokke was by die slag van die dier.

Matlaletsa het aangevoer die staat het ʼn swak saak teen hom. Hoewel sy swaer glo een van die staatsgetuies gedreig het, het landdros Deon van Rooyen gesê dié dreigement kan nie voor Matlaletsa se deur gelê word nie.

Van Rooyen het in sy opsomming van die getuienis gesê die DNS-monsters wat geneem is in Horner se bakkie kon nie met Matlaletsa verbind word nie. Wat betref Mahlamba se bloedmonster was die uitslag van die toets onbeslis. Die landdros het gesê dit lyk inderdaad nie of die staat ʼn sterk saak teen Matlaletsa het nie en dat dit ʼn vorm van afwagtende straf sal wees om hom agter tralies te hou.

Volgens die landdros weet Mahlamba dat sy vriendin ʼn sleutelgetuie vir die staat is en dat daar ʼn groot moontlikheid bestaan dat hy haar kan probeer beïnvloed om haar weergawe van die gebeure op die nag waarop Horner vermoor is, te verander. Die vriendin het getuig dat Mahlamba nié heelnag by haar was nie en eers omstreeks 04:00 tuisgekom het.

Landdros Deon van Rooyen. (Skermgreep: eNCA)

“Dit is duidelik dat die ondersoek in hierdie saak ʼn ingewikkelde een is en heelwat tyd gaan benodig om afgehandel te word,” het Van Rooyen in sy uitspraak gesê.

Die uitslae van forensiese toetse kan maande lank duur en dit blyk dat daar boonop ʼn agterstand met die verwerking van dié monsters is.

Van Rooyen het ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om sy kantoor se invloed te gebruik – maar nie “onbehoorlike invloed nie” – om te verseker dat die saak sou gou as moontlik afgehandel kan word.

Cele het verlede week die hofverrigtinge bygewoon.

Die saak is tot 1 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Persheks Adri ·

Regtig R5 000 borg? Nee nee nee dis onregverdig al WEER! Dit maak my boos kwaad verby ek gaan my gevoelens eerder nie nou uiter nie dit gaan nie goed klink nie!

tweeling ·

Mahlamba is mos die arrogante een wat gesigte vir die media trek – laat hy sit. Verseker gaan hy die getuies intimideer.

Elize ·

Hy kort ‘n inspuiting of iets wat soos ‘n das om sy nek lyk!

Nozi ·

O okay. Borgtog van R5 000 vir die 1 beskuldigde maar die onskuldige boere moet borgtog van R50 000 betaal? Die sielietjie met sy groot hoed moet hierdie outjie maar mooi oppas.

Riaana ·

Nope Pienaar en ander boer uit op R15 000.00 borgnie Vyftig, maar ja R5000 borg vir moor we n R15 000.00 net omdat jy wit is… Ons kan onsself en ons kinders begin voorberei om swaar te trek in hierdie land… Wit is uit volgens ons Government as jy wit is le daar n swaaaaaaaat tyd voor, dit is teeds aan di gebeur

Elize ·

Kan nie verstaan hoekom hierdie gemors van regering nog nie enige vorm van wit ook al begin vernietig het nie. Hulle hou nogal van die kleur wit veral as dit by troues kom

Anel ·

Nou het ek alles gehoor! Die vermeende moordenaar, of hy dit nou gepleeg het of nie, hy was betrokke, kry R5000.00 borg. Die blanke boere kry R15000. 00! Waar is geregtigheid!!! Hy is deel van veediefstalgroep ook. Hy is ‘n misdadiger!!!

Riaana ·

HY IS N MOORDENAAR!!!!! HY MOES GLAD NIE BORG GEKRY HET NIE, NOU HET HY DIE MAG OM NOG BOER, NOG N SEUN, NOG N PAPPA, TE VERMOOR… VERSTAAN DIE GOVERNMENT NIE 1+1=2 NIE????

Morne ·

So R5000 borg vir moord maar gooi n poliesie kar en dan is borg R15000!!!!!!!!!!!!!

Alet ·

Ook net as jy wit is. Die ander wat gebrand word word die mense nie eens in hegtenis geneem nie.

Thea ·

Weet jy…… Hoe is dit….. Nee wag, dat ek eerder my smoel toe hou. As ek moet sê wat ek dink sal ek nooit hemel toe gaan nie.

Net ek ·

R5000 borg? Belaglik is dit wat ‘n lewe werd is in hierdie regter se oë? Die boere wat aangekla is van allerhande twak moet R15000 elk betaal. So in hierdie van Rooyen se oë is n lewe minder werd as ‘n gebreekte deur? Dis skandelik en belaglik. Hoop hy slaap lekker in die nag…………….

Daleen ·

Nou moet sy lyk maar net per ongeluk iewers opduik…. Hoe noem hulle dit – in die informele nedersettings – mob justice?

Persheks Adri ·

Gewoonte misdaderigs en hulle kan anders behandel word! Hoekom moet hoed nou sy invloed gebruik huh? O ja, want die boere was blankes en het absurde klagtes teen hulle as ons tande wys! Hierdie regstelsel is SOOOO in sy glory in saam met hulle regering!

Dries ·

Getuienis of te not, die borgtog-bevoorregte gaan dalk nog spyt wees dat hy nie eerder veilig agter tralies gebly het nie.

Cornelius ·

Kyk maar die saak gaan vir ewig neem om opgelos te word.

Cecilia ·

D EFF gaan seker sy borg betaal. So lewens is maar R5000 werd! Hy is uitgevang dat hy lieg soos n tandetrekker maar hy kry borg. Sy broer dreig getuies, hkm is hy nie agter tralies nie? Ek verstaan nie so lekker vd bloedmonsters nie want hulle se daar gaan maande vir uitslae gewag word maar hy word vrygelaat.
Hy beter bitter ver gaan wegkruip in d hool waar hy bly.

Persheks Adri ·

Hier is jou antwoord Cecilia en dit walg my!!!

“Van Rooyen het ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om sy kantoor se invloed te gebruik – maar nie “onbehoorlike invloed nie” – om te verseker dat die saak sou gou as moontlik afgehandel kan word.”

Marius ·

R5 000 borg – ppfff . Nou weet ek wat aangaan in die hool wat hulle se die nuwe sa is . Nuut is dit beslis .

Werner ·

Hoekom nie 15000 borg nie .Wie glo nog in die regstelsel o ja die DA en al die kruipers

Fedup ·

So van rooyen you made a mistake.
First of all a fast R5000 bail for murderers in this country will not be accepted anymore.
Secondly, none if you are competent enough to do the right thing.
Don’t be scared of madhatter and the garden gnome.
There are worst things in life.

Persheks Adri ·

Agree! They are actually approve this Fedup! I am so irritated with this I will have a heart attack

Sandra ·

So, n wit man wat uit magteloosheid n polisie voertuig beskadig (soos wat die swartes gedoen het die week met hulle protes aksies, asook paaie opgekap het En tyres gebrand het) word R15000 gevra maar n moord verdagte word losgelaat op R5000. Wat word van ons regstelsel? Is dit steeds regverdigheid? Mag die Vader gee Dat ek nooit met die gereg bots nie

Hercules ·

ek is by kwaad verby – SA regstelsel is net korup soos die cANCerous Govt. en die res van die terroriste!!

borg vir moord, dis om van naar te word!!

kom Cyril Ramaphosa wat sê jy ou grote?

Hoekom ·

R5000 borgtog vir ‘n vermeende moordenaar maar laat jy nou as boer net kwaad word en ‘n tafel omgooi dan is jy ‘n terroris en kry geen borgtog nie…

Mariana ·

Vir moord R5000. Wow en daar loop die moordenaar skotvry weg. Sal hom seker ook nie gou weer sien nie. Hoe onregverdig en pateties is die regstelsel in die land. Gewoonte misdadiger vry om weer te doen wat hy wil.

Piet ·

Ek sien daar is nou weer ‘n groot gehuil oor die bedrag van die borggeld. Ongelukkig weer ‘n gehuil a.g.v. onkunde. Weereens, die finansiele vermoe van die oortreder speel ‘n groot rol by die vasstelling van die bedrag.

Maggies ·

So wat jy hier sê is dat die twee blanke mans sommer net so 123… die R15 000.00 uitgehaal het. Komaan in watter feëverhaal leef jy?

Janine ·

En met moordklagtes behoort daar GEEN borg te wees nie. Finansies se agterent, man!

Elize ·

Ja siestog Piet want hy is een van die arme agtergeblewendes. Hulle kry baie geld met die veediefstal my vriend en terloops, hoekom het jy nie aangebied om dit vir hom te betaal nie?

Jean ·

Ek weet jullle is ongelukkig oor die borg bedrag, maar dit is ons wet. Jy kan nie iemand R50 000 vra as hy nie eers daai geld het nie.

Mrs H ·

Wel, dan moet hy bly sit in die tjoekkie. Wat reg sal wees.

Elize ·

Vir jou vra ek ook, hoekom het jy nie aangebied om sy borg te betaal nie? Die boere het mos geldtrommeltjies onder die bed wat oorloop van al die geld daarom kry hulle so groot borgbedrag.

Maggies ·

Hierdie storie maak nét eenvoudig nie sin nie. Die mannetjie lag seker nou so lekker saam die ander veediewe.
Hy ís ‘n veedief met vorige vonnisse, hy kon moontlik teenwoordig wees.
Sy bloed /DNAwas dalk nie IN die bakkie nie, of OP die toneel nie, OMDAT hy dalk nie gebloeI het NIE en dalk ook nie binne in die bakkie was nie.
Daar is mos baie voorwerpe om die arme jong boer mee dood te maak. Voorwerpe wat hy kon saamvat en elders weggooi. Goed soos handskoene, stokke ens.
Dít my edelagbare regverdig nie dat hy met ‘n skamele betaling van R5 000.00 op borgtog kon uitgaan nie.
Daar is ‘n baie groot oordeelsfout gemaak. Hierdie mannetjie gaan verdwyn.

Jannie van Niekerk ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Borgtog vir ‘n wit man wat teen plaasmorde betoog is R15000. Borgtog vir ‘n swarte wat van moord aangekla word is R5000? Is dit dalk omdat die landros nie wit is nie?
Ek ruik so bietjie rassisme teen wittes hier.

Cindy ·

Hoe de hel werk dit dat jy vir “terrorisme, aanhitsing en poging tot moord” R14 000 moet betaal om op borgrog vrygelaat te word, maak maak nou iemand dood wat sorg dat jy kos op jou tafel kry, dan kry jy maar R5 000 borg. Dis belaglik….rassisme!!!

Adriana ·

As hy weet wat goed is vir hom sal hy nie die borg aanvaar, hulle gaan jou soek, hul gaan jou kry, hy sal moet begin hardloop en wegkruip.

agnes ·

Het so.n wrede moordenaar reg op n “luukse” tronksel met sak geld maandeliks , goed gebalanseerde maaltye en sportdeelname etc.etc. ? Ons land se opset is siek.

Karina ·

Die wiel draai stadig maar hy draai verseker.!!! Dit is verregaande om net drie keer per week aan te meld, teen die tyd dat die polisie besef hy het nie aangemeld nie, is hy lankal oor die grens na ‘n ander land en teen die tyd dat hulle sover kom om ondersoek in te stel, is hy verewig weg soos gister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.