Brendin Horner-moord: Verdagte al 16 keer in hegtenis geneem

Bheki Cele. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, is al 16 keer vantevore in hegtenis geneem.

Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê die ander verdagte in die saak is ook al twee keer vantevore in hegtenis geneem. Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa is kort ná die moord op Horner in hegtenis geneem.

Die minister het gesê dit laat vrae ontstaan oor die strafregstelsel. “Ek sal graag wil weet hoekom ʼn persoon wat 16 keer in hegtenis geneem is nog ʼn kans kry om nog ʼn misdaad te pleeg.” Volgens Cele is dit ʼn kwessie wat deur die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering bespreek moet word.

Cele het aan joernaliste gesê dat hy Maandagoggend voor die mediakonferensie met Julius Malema, EFF-leier, vergader het en dat hy binne die volgende 24 uur ook met Pieter Groenewald, VF Plus-leier, wil vergader. Die minister het verlede week gesê hy wil hê die twee leiers moet vergader om die Senekal-situasie te probeer ontlont.

Oor sy vergadering met Malema het Cele gesê: “Ons het ooreengekom dat ons volwasse moet optree en leierskap moet verskaf.”

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

Die minister het benadruk dat die gebeure wat hom verlede week in Senekal afgespeel het nie herhaal mag word nie. “Dié keer sal ons gereed wees. Dié keer sal ons daar wees om die staat se eiendom te beskerm en die gesag van die staat te verdedig.”

Cele het ook tydens die mediakonferensie herhaal dat hy nie tydens ʼn onlangse imbizo oor plaasveiligheid in Normandien in KwaZulu-Natal gesê het dat boere nie moet huil wanneer hulle seerkry nie. Hy het gesê sy departemente sal die persombudsman nader rakende mediaberigte in die verband.

Cele, en sy eweknie by staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, sal intussen Dinsdag Horner se familie besoek. Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering, het gesê die vergadering met Horner se familie sal agter geslote deure plaasvind.

Die besoek volg ʼn week ná emosies buite die hof op Senekal, waar die twee verdagtes verskyn het, oorgekook het.

Honderde mense het na die hof opgeruk in ʼn spontane betoging teen landelike misdaad. ʼn Polisievoertuig is egter onder meer omgekeer en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig. André Pienaar is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy sal vandag weer in die hof verskyn om te hoor of sy borgtogaansoek suksesvol was nadat hy die naweek agter tralies deurgebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Plaaskind ·

Klippies in ‘n leë blik, maak net geraas. Ons soek asksie Cele, nie net vergaderings en praatjies nie.

Frederik C ·

Hy moes dus laaaaankal bloubaadjie gekry het. Minimum 15 jaar. Daarna kan hy weer in die hof verskyn om sy vordering te monitor.

Chantel ·

Hy is reg om te sê die strafegstelsel nie reg is nie, maar in SA word die krimeneel beter behandel as die se slagoffer.

Jessica ·

Die stelsel is reg, maar die uitvoer daarvan stink soos vrot voete!

Persheks Adri ·

Hierdie verdagtes is gewoonte misdaderigs! Hoekom word hulle keer op keer vry gelaat? Ja Cele blameer almal, maar as julle julle werk doen sou minder kriminele op straat wees!

Rooijan ·

Ek hou niks van Cele nie maar in die geval moet mens opkom vir hom. Hy is die minister van Polisie, nie minister van Justisie nie dit is mnr Lamola, hy is ook nie verantwoordelik vir intelligensie nie ( seker ook goed so), dit is ook n ander minister. So hy sê sy manne dis nou die polisie, hou aan om die blikskottel te arresteer maar die ander departemente hou aan om hom vry te laat.

Herpiet ·

16keer. En elke keer laat die korrupte SAP hom gaan. Hulle moet van moord aangekla word by die internsionale hof

Jdb ·

Dis nie die SAP wat hom laat gaan het nie – dis Korrektiewe Dienste en die howe

annie ·

Ons 12-tot-4-in-die-donker-ridder vergader eers saam met die verontregte EFF om te hoor hoe hy die boere moet roskam. Cele is deur CR aangestel en ook De Lille en die res van die ‘wonder-clan’. En die wet oor grondonteiening is die papier werd waarop dit gedruk staan. Huh?

Mel84 ·

Dit maak my hart sommer suur. NOU wil Malema en kie dit soos volwassenes hanteer – maar as iets teen hulle siele druis kan hulle afbreek, verniel EN hulle word vergoed!!!!!! Toe hulle Clicks met petrolbomme bestook het kon Clicks nie vinnig genoeg spring om dinge ‘reg te maak’ nie en dan is beurse en goed toegeken. En nou? Oor NOG ‘n onsinnige moord – is die polisie reg vir hulle.
Wat van die boere word vergoed met ekstra sekuriteit – ekstra aandag aan hier pandemie wat ons ‘moorde’ noem!

Ansie ·

‘n Behoorlike ondersoek moet gedoen word na die rede waarom hierdie moordenaars soveel keer in hegtenis geneem is om net weer vrygelaat te word en dan moet die skuldiges te boek gebring word. Vir al wat ons weet was daar bedrog en omkopery betrokke – euwels wat wortel en tak uitgeroei moet word.

Fedup ·

Acting like an adult and being civil?
16 Times?
Either mad hatter lives on his own little planet or he is just plain stupid.
Incompetence is civil, feckless on the other hand.

Natasha ·

Dit is nie die eerste keer wat herhaaldelike kriminele weereens moor, roof, verkrag, aanrand, ens. nie. Ons regstelsel is al lankal ‘n grap. Kyk hoe maklik ontsnap hulle uit aanhouding, want selle word nie instand gehou nie. Ek stel aan u dat Cele nie bevoeg is om sy werk te doen nie. Kriminele is nie eens meer bang om tronk toe te gaan nie, want dit het ‘n B&B geword. Ons regstelsel moet verskerp en daar moet meer ernstige gevolge vir enige misdaad wees sodat daar weer wet en orde in ons land kan wees.

netek ·

Vergaderings om als te ontlont. Dit klink na `n bangegeit vir my.

koos10 ·

Geagte Minister. Dis die einste Julius Malema wat met geweld gedreig het en om sy “vegters” te ontplooi. Nou wil jy die VF+ betrek om die boere te kalmeer? Nee wat jy saal die verkeerde perd op. Jy moet teen Julius optree, soos vereis word deur die wet!
As ek jou kan raad gee, bly weg van die familie af. Wat jy nou wil doen is te min te laat. Vra eerder verskoning dat jy die boere as die slegte ouens uitmaak en hulle nie kan beskerm nie, en bedank dan.

Moedeloos ·

Hoekom wil hy die ouers besoek dit sal nie hul kind terugbring nie. Ek hoop eintlik die ouers dagvaar die staat vir hierdie beskuldigde wat op vrye voet rondloop.

Mariana ·

Snaaks dat hulle gereed sal wees as blankes hulself wil laat geld, maar aa Julius en sy minions afbreek, brand en plunder, daar niks gedoen word nie. En daai voertuig wat gebrand het, hulle mooi gaan kyk wie dit aan die brand gesteek het. En daai kriminele hoort lankal agter tralies, hoe gebeur dit dat hulle op vrye voet is. Daar is duisende van hulle wat elke dag steeds agter tralies hoort.

Grassie ·

Volgens Cele sal Malema “leierskap verskaf.” Ek hoop hy is reg. ‘n Ware leier stuur nie sy mense in nie, hy lei hulle in. As die EFF die boere konfronteer hoop ek Malema tree soos ‘n ware leier op en stap heel voor. Ek kan nie wag nie.

Pieter jacobus theron ·

Ek is n afgetrede advokaat met 40 jaar ondervinding as staatsaanklaer, prokureur, advokaat en waarnemende regter. My hart bloei vir ons land en sy mense wat uitgelewer is aan moord en ander ernstige misdaad. Die boere is tereg woedend. Hulle is egter magteloos en blote optogte gaan nie veel help nie. M.i moet die boere en alle ander mense ernstig begin aandring dat n referendum oor die herinstel van die doodstraf gehou word. 80 % of meer gaan daarvoor stem en dit sal moord en ander ernstige misdaad baie verminder. Maak tronke plekke van swaar straf sodat niemand daarvoor kans sien nie.

Kokerboom ·

Pieter dki vir u nugtere bydrae. As landbou ekonoom deel ek u seining. Die inkonsekwentheid van die regstelsel stem my egter diep bekommerd.

Alta Alleman ·

Wees versigtig met die doodstraf…dit kan ‘n lelike nadraai hê as daar van boere voorbeelde gemaak gaan word.

Kokerboom ·

Die minister plooi sy woorde soos dit hom en sy party pas en dan lieg hy deur sy tande. Hy het seker gedink Blankes verstaan nie Zoeloetaal. Die EFF is nie hier ter sprake maar ons weet hul doen die ANC se vuilwerk vir hulle.. Hulle het nie geliefdes verloor . Selfbeheersing is hier die kuns. Die wiel SAL draai

LiveAndLetLive ·

Volgens ander nuus word vermoed meer as 2 was betrokke by Brendin se moord.
En om n boer toe te sluit omdat die boere begin opstaan teen duisende moorde wat reeds gepleeg is, is maar net verdere rasisme, want swart mense wat erger doen loop vry.
Malema met sy haat spraak gaan net aan, niks word aan hom gedoen nie.

Rentia ·

JY Cele het alle reg verloor om kommentaar te lewer op boere se reaksie. JY voel vere vir blankes, en JY het dit openlik erken. JY kan begin deur by jou eff pelle skoon te maak. Die ou sal weer loskom, na 16 keer weet hy presies hou korrup is die stelsel en polisie, en weereens JY Cele dra die skuld daaraan.

henndrik ·

Suid Afrika moet beleid instel dat ‘n persoon wat ‘n derde keer in die hof vir ‘n oortreding skuldig bevind word wat tronkstraf opgele is, moet outomaties lewenslank toegesluit word (sonder parool) want dit is duidelik dat die prsoon ‘n gewoonte misdadiger is

Adeline ·

Die (oom Paul- namaak beeld) van hoof van polisie ( wat ook net so voos vrot is) wat die kamtig nou sy eie agter end wil red oor dit rooi warm geword het om op sy stoel te sit oor sy eie uitlatings wil nou skielik die nuusblaaie die skuld gee vir sy uitlatings – verskuiwing van verantwoordelikheid oor wat hy gesê het – tipies van die voos vrot black matter wat regeer. Hy is direk asook die cANCer leier vir plaas en blanke moorde verantwoordelik – Cyril het die gevangenisse vrygelaat met die verskoning die tronke is oorvol – covid-19 as verskoning gebruik en oom hoed het sy mond verbygepraat om die ware keur van hulle binneste te openbaar deur woord en daad. Hierdie dood van die kind is die skrif teen die muur – onthou vir Nebukadnesar – Julle is geweeg en te lig bevind…. verseker- die skrif is aan die muur!! Kanselleer alle toekoms planne en werk aan planne om groter tronke vir julle self te bou voor daar gewerk kan word aan ‘n beter toekoms vir die land en sy verskeie mense.

Oe la la ·

En so laat die regstelsel van Suid Afrika ons weer in die steek.. niks wat saak maak funksioneer 100% nie.. as hulle maar net dieslefde energie in hierdie 2 jakkers gesit het as om Oscar agter tralies te sit….

Hoekom ·

Hulle praat nie ‘n woord sonder om ons in die gesig te klap nie. “Die keer sal ons gereed wees. Die keer sal ons daar wees om die staat se eiendom te beskerm en die gesag van die staat te verdedig.” Ons as publiek van die republieke staat is die gesag, julle werk vir ons. Daarom betaal ons belasting. As julle maar net so gretig was om die publiek te beskerm soos julle die staat wil beskerm. Julle woorde is altyd in haat en rassisme toe gedraai, laat nie ‘n oomblik verby om dit te wys nie, met die ANC regime aan die stuur, sal daar nie samehorigheid wees tussen rasse nie en sal daar nooit vrede heers in hierdie land nie…

Kerneels ·

Hoe is dit moontlik dat iemand wat al tevore gearresteer is, deur SAPD in diens geneem is? Word die aansoekers se kriminele rekords nie nagegaan nie? As die polisieman eers na sy aanstelling 16 keer gearresteer is, hoekom was daar geen disiplinere optrede teen hom nie? Hoekom is hy nie uit die diens ontslaan nie? Hoekom het Cele nie gereageer op die brief(e) wat aan hom geskryf is oor die korrupsie by die Paul Roux polisiestasie nie?

Weet iemand waarvoor is hierdie twee voorheen gearresteer?

Hoeveel ander polisiemanne is ook kriminele???

Ek haal my hoed af vir die goeie polisiemanne wat hul bes doen in sulke omstandighede.

Toktokkie ·

Ek wil graag by Minister Cele weet hoekom die regering slegs gehoor gee as geweld en plundering betrokke is? Hoekom het niemand van die regering nog enigsins ag geslaan op die boere se pleidooie in die verlede nie. Moenie iemand gaan soek om onder die bus te gooi nie – vat verantwoordleikheid vir jou posisie – jy is die hoof van daai gebroke stelsel. Hoeveel moorde en diefstaf het daai een verdagte nie al gepleeg nie en hoeveel dockets het nie al weg geraak om sulke mense weer vry te laat nie. Die hele stelsel is gebroke – nie slegs een of twee aspekte van dit nie. Ek is van mening dat daar nog steeds geen gehoor gegee sou word as daai polisievoertuig nog gestaan het nie. Mens kan mens ook nie so weerspreek nie – woorde het gevolge en jy moet pa staan vir wat by jou mond uitkom.

Koos ·

Hoekom praat hy apart met malemertjie en Groenewalt is hy bang die publiek hoor wat malemertjie regtig te se het

Spook ·

16 keer in hegtenis geneem!!!!!!!! En Andre Pienaar kry nie borg nie!! Wie wil hulle bang maak?

Malema loop buite die tronk rond nadat hy en sy tjommies ‘n polisieman aangerand het, en hy (Malema) persoonlik ‘n vuurwapen in die openbaar afgevuur het. Malema dreig om openbare geweld te pleeg, openlik op Twitter. Ek hoop en vertrou daar gaan sommer BAIE polisiemane Vrydag op Senekal wees.

Johanncb ·

Julle beskerm die staat se eiendom, maar julle laat na om sy grootste besittings, ons, die mense van die staat, te beskerm! Waar lê julle prioriteite?

Darkwing Duck ·

Wil ons ook graag weet hoekom het die regstelsel on 16 keer gefaal

4ntj13 ·

Omdat, mnr Cele, jou polisiemanne nie net swak voorkomende diens lewer nie, maar selfs swakker ondersoeke doen ná misdade. Omdat witmense vir terrorisme ondersoek word, maar plaasmisdade nie vir poging tot moord of intimidasie of teistering nie, want dit lyk asof dit jou polisiemanne se goedkeuring wegdra. Dáárom word die moordenaar eers ná sy sewentiende keer wat hy agter tralies sit, deur die slagoffers self aangeval, die mense wat jou polisiemanne dan as terroriste sien. Na 26 jaar het hul harte nog nie uit die wrede Angola in Suid-Afrika gearriveer nie. Die lewens waarvoor sy pa baklei het, is steeds nie erken as mede-landsburgers nie. Maar, mag jou poging vrugte afwerp. Mag dit genoeg goedbedoelde boodskappe na bang en bekommerde Afrikaner-ore en -oë stuur om my mense rustiger te maak. Om God se vrede na ons terug te laat kom. Asseblief!

Inkpot ·

Dis presies wat ons altyd sê, waarom kry misdadigers borgtog?
En nou kom agteros ook in die kraal en maak minister Cele die ontdekking dat dit ń probleem is. Mens weet nou net nie hoé groot en ernstig die probleem regtig vir hom is nie.

Racheltjie Debeer ·

Die moordenaar is al 16 keer gearresteer maar loop nog vry rond, maar Andre Pienaar word borgtog gewyer! Hoe maak dit enigsins sin Min Cele??

Thea ·

“Die minister het gesê dit laat vrae ontstaan oor die strafregstelsel. “Ek sal graag wil weet hoekom ʼn persoon wat 16 keer in hegtenis geneem is nog ʼn kans kry om nog ʼn misdaad te pleeg.” – WANT JULLE LAAT DIT TOE!!!!! DIT IS HOE DIT IN SA GEBEUR!

Cornelius ·

Die SAPS en die regstelsel is net so dysfunctional soos die res van die staatsinstellings onder die ANC.

JM ·

As ek Brendin se ouers was, sou ek vir Bheke Cele weggejaag het! Wat help ‘n vergadering nou? Cele is ‘n pateet en behoort afgedank te word.

Cecilia ·

16 x wat hy actually gevang is. Hy het seker nog 16 ander misdade gepleeg waarvoor hy nooit gevang is nie! GEEN BORG d Staatsaanklaer moet veg teen enige borg! Hy is 9/10 keer op borg uit. Dan pleeg hul net verder moord.
NOU wil Cele d hele polisie mag daar he om n gewoonte misdadiger te beskerm? Dis nou d SA landjie v ons. Misdadigers het meer reg tot beskerming as weerlose belastingbetalers. Cele moet onthou wie sorg dat hy pap en brood op sy tafel het. Nie daai 16x krimineel nie maar d boere wat hy uitgekryt het in d Openbaar.

Jax ·

Wat de hel?! Ek sal wragtag die regering dagvaar vir hierdie sinnelose moord! 16 keer al skuldig bevind!!! Hy hoort nooit ooit weer die buitelug te kan sien of ruik nie!

Anel ·

Hoe kan hy met misdadiger Malema vergader? Malema hoort in die tronk, klaar!!!!!

Herman L ·

Cele, die probleem is nie die stelsel nie! Die probleem is by mense soos jy wat die stelsel moet laat werk, maar wat net net omgee vir die salaristjek en geen flenter omgee vir die mense wat jou salaris betaal nie. Om die stelsel die skuld te gee is net ‘n manier om veranrwoordelikheid en aanspreeklikheid te ontken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.