Brendin Horner-moord: Verdagte ook nou in ander saak aangekla

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) in die hof. (Skermgreep: eNCA)

Die saak van die twee verdagtes wat tereg staan vir die moord op plaasbestuurder Brendin Horner (21), is tot volgende jaar uitgestel vir verdere ondersoek.

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Senekal in die Vrystaat verskyn.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig die beskuldigdes moet weer op 22 Januarie in die hof verskyn in verband met die moord op Horner.

Die beskuldigdes moet egter weer op 8 Desember in die hof verskyn vir ’n afsonderlike saak van veediefstal, sê Shuping.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Matlaletsa ook ’n verdere twee aanklagtes van verkragting en twee van ontvoering in die gesig staar.

Brendin Horner. (Foto: Facebook)

“Matlaletsa het na bewering in 2001 twee minderjariges ontvoer en verkrag.”

Hy is op 22 Oktober op borgtog van R5 000 vrygelaat in verband met die moordsaak terwyl Mahlamba borgtog geweier is.

Horner (21), ʼn plaasbestuurder van die Paul Roux-omgewing in die Vrystaat, is aan die begin van Oktober wreed op ʼn plaas in die distrik vermoor. Hy het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

Mahlamba en Matlaletsa is kort ná Horner se moord in hegtenis geneem.

Die polisie het onder meer op bloedbevlekte broeke en ʼn paar skoene met modder aan by Mahlamba se huis beslag gelê. ʼn Bloedbevlekte broek is ook in ʼn kisvrieskas op sy perseel gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rentia ·

Sluit toe en sweis die deur vas!!! Geen mens moet eers ‘n sleutel soek nie. Watse mens doen dit!

Persheks Adri ·

Gewetenlose gewoonte misdadigers en nog steeds kry 1 borg vir R5 000! Sluit toe vir ewig en altyd!

Keelvol ·

Hoe staan die hof borgtog toe as die een twee aanklagtes van verkragting en ontvoering innie gesig staar? Verduidelik dit?!

Snowball ·

Vra dit!!!!!Dan staan Grootlieg en praat van die veldtogte om geweld teen vrouens en kinders te teiken en hy lyk nog opreg daaroor. Regstelsel is in sy ….

lodewyk ·

Nou Malema,wat se jy en jou rooi nare van dit?? -Dus julle het betoog om moordenaars,verkragters en diewe te ondersteun?? -Wys nou net wat is julle waardes en nie eers te praat van julle rasistiese houdings nie -En julle wil die land regeer met die voorbeeld- hoop die mense wat julle ondersteun kan darem 2 by 2 sit??

Maggies ·

En borgtog is aan hom toegestaan! Wag ons sal sien wie sy volgende slagoffers is en dit sal alles op ons geagte regter se skouers geplaas word.

Misky ·

Daagliks lees ons hierdie skokkende nuus van borgtog aan gewoonte misdadigers en hoe kan enige regter dit toestaan. Daai regter moet as medepligtige aangekla word as daar weer misdaad gepleeg word. Hy is indirek verantwoordelik.

pdbpta ·

Sal graag wil sien dat die MEDIA regverdig en professional sal optree en dat joernaliste net so ywerig en geniepsig hiérdie inligting sal verkondig. Kom ons kyk wat doen eNCA en andere!!

My siening ·

Ja malema en jy betoog teen moord oor die slagoffer wit is, maar bewaar elke SA burger die dag wat jou soort aan bewind kom, want die volk sal vrek van die honger. Vsek EFF, Vsek ANC!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.