Brendin Horner-moordsaak na hooggeregshof

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) verlede jaar in die hof. (Skermgreep: eNCA)

Die twee verdagtes in die moord op Brendin Horner (21) het Donderdag weer vlugtig in die landdroshof in Senekal verskyn voordat die saak na die Vrystaatse hooggeregshof oorgeplaas is.

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) word daarvan beskuldig dat hulle Horner, ʼn jong plaasbestuurder van die Paul Roux-omgewing, in Oktober verlede jaar wreed op ʼn plaas in dié distrik vermoor het. News24 berig Matlaletsa en Mahlamba het in die hof aangedui dat hulle beplan om onskuldig te pleit op die aanklagte teen hulle.

Die twee staan tereg op aanklagte van moord en roof.

Brendin Horner (Foto: Facebook)

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak is vanoggend tot 4 Junie uitgestel vir oordrag na die hooggeregshof.

Die staat moet ook voor dán die klagstaat en afskrifte van die dossier aan die verdediging verskaf.

Shuping sê die beskuldigdes sal na verwagting aan die begin van ʼn verhoor pleit.

Maroela Media het vroeër berig Horner het talle steekwonde aan sy liggaam gehad toe sy liggaam begin Oktober op die plaas aangetref is waar dit in ʼn veld aan ʼn paal vasgemaak was.

Dit het ook gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

Die polisie het onder meer op bloedbevlekte broeke en ʼn paar skoene met modder daaraan by Mahlamba se huis beslag gelê. ʼn Bloedbevlekte broek is ook in ʼn kisvrieskas op sy perseel gekry.

Mahlamba is verlede jaar borgtog geweier. Sy medebeskuldigde is borgtog van R5 000 toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Hulle is almal altyd onskuldig! Hoop hulle kry lewenslank. Hulle kan dan maar vir hulle tronk maatjies gaan vertel hulle is ONSKULDIG.

JM ·

Vervloekte moordenaars en dan het hulle nog die vermetelheid om onskuldig te pleit!

Claudette ·

Van uitstel kom afstel..dis al die 5de keer…onskuldig asb wie wil julle flous

ES ·

claudette, gelukkig werk dit nie so in wetgewing nie. Uitstel kan telkemale gebeur maar dit gee die staat kans om hul saak verder te versterk. Jy kan gerus gaan lees oor hofprosedures, dit vat ongelukkig lank omdat dit regte prosedures gevolg moet word. Hulle gaan lank sit, jy sal sien.

Persheks Adri ·

Pleit onskuldig pffft dit gaan die dag wees! Die Here slaap nie inteendeel

Renier johannes ·

Bring die doodstraf terug en al die tronke word leeg

ES ·

Ongelukkig gaan die doodstraf nooit weer terugkom nie… tensy ons Konstitusie verander, wat nie waarskynlik is nie.

Persheks Adri ·

Ek hoor wat jy sê, maar dink net met hierdie huidige regering gaan hulle ons blankes 1ste die doodstraf gee so wees versigtig waarvoor jy vra en nee ek sal jou nie af duimpie gee nie

ES ·

Ek glo daar sal geregtigheid wees. Elke dag wat hulle in die tronk spandeer word iemand anders se lewe gespaar.

Ovelia ·

Ja hull sal onskuldig wees. Was dit nou omgekeerd was hulle al lankal opgesluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.