Brendin Horner: Vyf polisielede vas vir veediefstal

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Vyf Vrystaatse polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn veediefstalsindikaat in die provinsie. Dit kom nadat boere in die omgewing kort ná die 21-jarige Brendin Horner se moord, die Valke daarop bedag gemaak het dat polisielede betrokke is by veediefstal in die omgewing. Boere glo dié sindikaat was moontlik verantwoordelik vir Horner se moord.

Horner (21) was ʼn plaasbestuurder op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing, toe hy in Oktober vermoor is.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, is die polisiebeamptes, tussen 28 en 40 jaar, Woensdagoggend in Bloemfontein aangekeer. Twee veemakelaars, tussen die ouderdom van 30 en 50 jaar, is dieselfde oggend op Ladybrand in hegtenis geneem. Hulle is glo kop in een mus met die beamptes. Twee onwettige vuurwapens is in die makelaars se besit gevind.

Maroela Media het vroeër berig Horner het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

“Bheki Cele, minister van polisie, het kort na Horner se moord die omgewing besoek en boere het tydens dié besoek bewerings gemaak dat polisiebeamptes glo by veediefstalsindikate betrokke is,” sê Singo.

“Die Valke het ’n multidissiplinêre taakspan saamgestel om hierdie bewerings te ondersoek wat gelei het tot die inhegtenisneming van polisiebeamptes en makelaars.”

Volgens Jan van Niekerk, die VF Plus-leier in die Vrystaat, het ontstoke boere kort voor Horner se moord inligting oor polisie-betrokkenheid by veediefstalsindikate aan die Valke oorhandig en gevra dat dit ondersoek moet word. “Die lede van die Valke wat destyds die inligting ontvang het, moet verantwoording doen omdat hulle nie opgetree het nie. Dit kon Horner se lewe gered het.”

Die sewe verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Ladybrand verskyn. Hulle sal teregstaan op aanklagte van veediefstal, dwarsboming van die gereg en meineed. Die makelaars word ook aangekla vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

“Die VF Plus sal ook wil sien dat die saak vinnig en deeglik afgehandel word en dat die skuldiges die swaarste vonnisse moontlik opgelê word. Boere in Suid-Afrika is onder groot druk van ’n onsimpatieke regering terwyl hulle moet stry teen natuurlike elemente en ernstige misdaad soos plaasmoorde en veediefstal.

“Plaasaanvalle en -moorde is buite beheer en kan nie as gewone misdaad beskou word nie, veral in ag genome die wreedheid wat daarmee gepaard gaan, soos in die geval van Horner.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elinette ·

Onstellend om te dink dat diegene wie ons moet vertrou – die SAPD – heel moontlik by mnr. Horner se dood betrokke kon wees. As jy nie meer die polisie kan vertrou nie, wie – in hierdie land – KAN jy dan vertrou?

Frik ·

Jy sê As jy nie MEER die polisie kan vertrou nie? Weet jy wat jy sê? Waar was jy die afgelope 25+ jare, in droomland?

Harley Davidson ·

Ek stem saam as jy die polisie vertrou moet jy ook aan die tande muis glo.

Tiptol ·

Maak die name van die polisie lede sowel as die name van valke wat destyds die inligting geïgnoreer het bekend. Dagvaar almal vir moord.

Samuel ·

Hoe tragies om andermaal te moet lees polisielede is betrokke by ernstige misdaad! Ek hoop en bid die skuldiges sal aan die pen ry.

Marius ·

Ek het in 1995 n groot gly gekry in SAPS en hulle het hulle na al die jare net meer bewys dat hulle minder as n skelm makelaar vertrou kan word . WELL DONE saps julle is die beste in die wereld want 99% van die tyd is julle reeds op die misdaad toneel terwyl dit gepleeg word . Geen vertoue in julle nie .

Pieter ·

Nog altyd gese die grootste skelms is in die S. A. P hulle is nes die ANC regering vir wie hulle werk. Kan iemand vir my se hoekom betaal ons nog belasting. Die ANC land is klaar in sy maai.

Harley Davidson ·

Jy bedoel seker die saps,die sap was staatmakers.

JohanR ·

Onthou iemand hier nog die BSAP in Rhodesie? My gooiste as jy in die aand gaan vensterinkopies doen en ‘n swart konstabel kom aan was daar wonderlike wedersydse respek…..”good evening constable.” “Good evening sir, maam, and good evening children.” Het altyd soe bietjie geselskap gewissel, en dan het die konstabel weer op sy voet patrollie aan gegaan. En dan dink ek aan PATU wat sulke wonderlike werk gedoen het in die terrorisite oorlog. Hier loop jy in ‘n polisie stasie in dan is jy al klaar op jou hoede.

Riaan ·

Die polisie is baie vinnig om ‘n meer veglustige houding in te neem indien een van hulle lede sterf tydens ‘n konfrontasie met kriminele, daarom dink ek dit het tyd geword om die doodstraf terug te bring vir die SAPS lede wat betrokke is by sindikate en hulle self skuldig maak aan moord en ander ernstige misdade.

Anel ·

So wie word nou aangekla vir die seun se moord? Hoop die hoed word sommer aangekla.

Toy ·

Korrup, en nou is ‘n onskuldige jong man dood, so onnodig.
Eks jammer maar ek vertrou die polisie nie meer nie.

Persheks Adri ·

Waar is die aanklagte van moord? Ek sien dit nêrens nie

LANA is ELANè ·

En hulle moet natuurlik ook van moord aangekla word, SAPS is op die beste van tye ‘n mafia~agtige organisasie wat die hele samelewing op verskillende maniere boelie. Ek is bang vir hulle.

Jannie van Niekerk ·

Ou GROOTbekkie met die hoed sal sorg dat hierdie SAPD beamtes (met wie hy simpatiseer) niks oorkom nie want dit sal RASSISTIES wees indien hulle aangekla word want Brendin is ‘n WIT slagoffer.

JohanR ·

Die wat die Brendin Horner moord ondersoek het, die selfde wat die moord gepleeg het? Daar is maar net mense in die wereld wat met geen hard gebore is nie, net ‘n swart steen in die borskas!

Vanessa ·

Dis skokkend. Dit wil vir my voorkom of jy niemand meer kan vertrou nie. Daarom dat mense die wet in eie hande neem. Ons kan hulle nie verkwalik nie!!!!!

Corrie ·

Volgens ‘n ander nuus webwerf het hulle borg gekry. Snaaks dat hulle so vinnig borg kry en die Pampoenkraal boere was hoeveel maal borg geweier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.