Breyten se ope brief aan US rektor

Breyten Breytenbach Foto: GelykeKanse.com

Breyten Breytenbach Foto: GelykeKanse.com

Die alombekende digter en taalregteaktivis, Breyten Breytenbach, het die afgelope naweek ʼn ope brief aan die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) gerig wat betref die universiteit se taalbeleid.

“Dis ’n kwade dag wanneer daar in die openbaar gepleit moet word vir die erkenning en versterking van diversiteit en vir die effektiewe behoud van veelvuldigheid as onderskraging van die gedeelde, oorkoepelende waardes waarop Suid-Afrika se Grondwet berus,” begin Breytenbach in dié brief aan prof. Wim de Villiers.

“Veeltaligheid is ’n voorreg en ’n kans. Trouens, die US behoort die leidende rol te kan neem in die ontwikkeling en bevordering van ander inheemse tale, en om mee te begin die tale wat in die streek aanwesig is en gebruik word en waarvoor daar praktiese behoeftes bestaan… Geagte professor, u voorgestelde taalbeleid is die dood in die pot vir meertaligheid.” Lees die volledige ope brief.

Breytenbach skaar hom ook by vele ander bekendes uit ’n verskeidenheid sektore wat sopas ’n inisiatief van stapel gestuur het om te verseker dat Afrikaans in die toekoms ’n volwaardige onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch sal bly.

“Die groep belanghebbendes onder die benaming, Gelyke Kanse, volg nadat aan die lig gekom het dat daar reeds geruime tyd in die praktyk afgewyk word van die US se taalbeleid wat, breedweg, gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels as primêre tale van onderrig verg,” het Danie Rossouw, ’n prokureur wat ook as koördineerder van die inisiatief dien, gesê.

“Teen die einde van 2015 het die rektor van die universiteit en lede van sy bestuurspan ’n nuwe taalbeleid voorgestel wat bepaal dat Engels die primêre taal van onderrig sou word en wat in 2016 geïmplementeer moes word,” verduidelik Rossouw. “Hierdie poging om die afwykende praktyk te wettig het plaasgevind nieteenstaande die feit dat die raad van die US verantwoordelik is vir formulering van die taalbeleid. Ten spyte van die feit dat die raad die rektor en lede van sy bestuurspan gerepudieer het, het laasgenoemde nogtans toegesien dat hulle voorstelle sedert die aanvang van die 2016 akademiese jaar ingestel word.”

Rossouw voeg by dit het tot hofsake aanleiding gegee om die US te verplig om sy taalbeleid te implementeer, wat op sy beurt tot gevolg gehad het dat die raad ’n besluit, wat die voorsitter later erken het onwettig is, aanvaar het in ’n poging om grootskaalse afwykings van die taalbeleid te probeer wettig.

“Die Wes-Kaapse hooggeregshof het skaars ’n tussentydse bevel uitgereik dat die US sy taalbeleid moes implementeer of die bestuur kondig ’n voorgestelde nuwe taalbeleid aan – sonder dat dit deur die raad geïnisieer is en sonder dat die raad se nuut-ingestelde taalkomitee daaroor geraadpleeg is,” het hy gesê. “Dit is weer eens in ’n poging om die de facto situasie te institusionaliseer, wat gekenmerk word daardeur dat Engels die primêre taal van onderrig is en dat daar van gelykwaardigheid tussen Afrikaans en Engels as onderrigtale geen sprake is nie. Intussen, is daar ook ’n regterlike ondersoek na afwykings van die taalbeleid aan die gang, wat deur die raad gelas is.”

Die mede-stigters van die Gelyke Kanse inisiatief bestaan uit talle prominente figure uit verskeie sektore. Hulle is, benewens Breytenbach, proff. Herman Giliomee, Flip Smit, Christo Viljoen, Braam de Vries, adv. Jan Heunis, en Ebbe Dommisse. Hierdie persone het ook ’n beswaarskrif verwoord wat die besware teen die voorgestelde nuwe taalbeleid van ’n groep belanghebbendes wat ’n gelyke kans vir Afrikaans aan die US bepleit en ook hul voorstelle vir ’n toelatings- en taalbeleid wat sal verseker dat Afrikaans in die toekoms ’n volwaardige onderrigtaal aan die US sal wees.

Talle prominente figure uit verskillende sektore van die Afrikaanse en ander Afrikatale-omgewing, ondersteun reeds die Gelyke Kanse Inisiatief. Hulle is onder andere Dominique Enthoven, Rhoda Kadalie, John Miles, Danie Marais, prof. Sonja Loots en vele meer.

“Dit is nou die tyd om moedig, kreatief, vindingryk, onbevooroordeeld en inklusief te wees,” moedig Breytenbach die publiek aan om ook deel van die inisiatief te vorm.

Rossouw verduidelik die US-bestuur versoek kommentaar en besware teen die nuwe taalbeleid teen 22 April. “Die Gelyke Kanse-inisiatief sal teen daardie datum soveel as moontlik belangstellendes op hul lys wil hê,” het hy gesê.

Besoek Gelyke Kanse se webwerf
Besoek die Facebook-blad
Besoek die Twitter-profiel
Besoek die Instagram-rekening

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

26 Kommentare

HEVW ·

Groot waardering. Nou moet prof jansen en kovsies ook aan die beurt kom.

Andrea van Vuren ·

Dis baie duidelik dat Wim de Villiers nie Afrikaans verstaan nie. Hy was te lank in die buiteland om empaties by ons jong Afrikaanse kinders betrokke te raak!

Wat-ek-lees ·

Dat geleerdes op die treinspoor speel gaan my verstand te bowe.

Therese van Schalkwyk ·

Wat-ek-lees

As jy daarmee bedoel dat Breytenbach e.a. op jellievisagtige wyse moet oorgee wat taal betref by Maties soos wat by Kovsies gebeur het, gaan jou houding my verstand te bowe.

As oud-Kovsie huil ek in my hart omdat daar nie eers een vooraanstaande, gesaghebbende oud-Kovsie vir ons alma mater kon stem verhef teen Jansen en sy mede-afbrekers nie. Waar is Kovsies se “Breytenbach”? Wat tans verlore gaan, kan nooit weer teruggekry word nie.

Charl N-H ·

Baie dankie Breyten en al julle mense wat opkom vir Afrikaans en alle tale wat regtig eie is aan ons streek. Breyten u vat dit so raak en dit verstom my dat Wim so slim kan wees maar tog so onwys en met geen diepte kan optree.
Ek was daar met die Konvokasie vergadering waar u Breyten die geweldig treffende toespraak gegee, opgevolg deur Wim se toespraak. Twee dae later het Wim egter reeds sy belofte van die aand verbreek deurdat hy toegelaat het dat die Ingenieurs en Regs fakkelteite na net Engels verander word.

22 YEAR OLD SENTENCED TO 18 YEARS IMPRISONMENT: SOMERSET WEST
The fate of a 22 year old burglar from Macassar area was sealed when he was found guilty for 5 burglaries committed in Somerset West area.
The 22 year old, Randall Orane was convicted for 5 burglaries committed in Somerset West over a period of two months. He gained entry into residence by removing windows items such as laptops, shoes and small electronic devices were stolen.
The sentences will run concurrently 18 years imprisonment. He was identified by means of fingerprints. Station Commander, Colonel Mary Ann Williams welcomed the sentenced and praise Detective Constable Adams for the outstanding manner of the investigation.

Enquiries: Sgt Suzan Jantjies
Tel: 0716048375

Medikus ·

Wim is duidelik ‘n verloopte moedertaal veraaier.
Die eintlike probleem is egter dat die afgelope 60+ jaar se mediese onderrig ‘n ongenuansieerde menslik biologiekundige kurikulum volg wat slim maar nie noodwendig inteligente afgeronde profesionele mense oplewer nie. Hy moes nooit in so ‘n pos aangestel gewees het nie want hy is duidelik totaal onbevoeg.

Wynand ·

Hierdie einste Breyten het ‘n paar jaar gelede gese dat hy die VOORREG gaan he om Afrikaans te sien uitsterf. Nou veg hy vir Afrikaans. Wat het intussen gebeur? Hy gaan sy VOORREG verloor indien hy vir Afrikaans veg. Hy was en is nog steeds ‘n draadsitter en Boere verraaier.
Hy was dit nog altyd. Die man soek net aandag want hy pas nerens in nie. Sy maatjies is mos die ANC. Is hulle nou nie meer sy maatjies nie? Wim het vandat hy by US begin het nog net moeilikheid veroorsaak. Hy is ‘n nadeel vir alle Afrikaanssprekende sudente en hy gaan nog hard val. Niemand het respek vir die man nie – nie eers sy eie kollegas nie.

Karolis ·

Wynand, jy praat waar, ek stem met jou saam.
Hierdie man kom nie meer in my geskiedenis argiewe voor nie.

Nics ·

Wynand? Boereverraaier? Wat jy waar kry? Weet jy ooit wat die woord presies beteken? En moenie dinge wat hy voorheen gesê het totaal buite konteks aanhaal nie. D I N K voor jy die “stuur kommentaar” klik. Jy het nie eers ‘n idee waarvoor hy in die verlede geveg het nie – vir regverdigeheid en ‘n einde aan apartheid en enigeen wat nog steeds onder die indruk verkeer dat apartheid REG was moet weer mooi gaan nalees wat dit alles tot gevolg gehad het en nou sit ons met die gebakte pere. Swart wat wit haat en ook weer andersom. Wat help dit? Net omdat hy geveg het vir die regte van swartes beteken nie hy is “maatjies ” met die ANC nie.

Dirk Breytenbach ·

So ver ek die geskiedenis van Breyten ken het hy nog altyd vir regverdigheid gestaan (toe en nou). Hoe kan hy as ‘n verraaier uitgekryt word as die oorweldigende meerderheid van blanke SA tydens die oorgang tydperk in 1992-94 ook ten gunste van verandering gestem het. Verandering van ‘n onregverdige bestel na iets wat hopelik beter sou wees. Die feit dat die nuwe bestel massiewe fout lyne het verander nie aan die feit dat verandering moes kom nie. Terloops, ek is nie familie of ‘n kennis van Breyten nie. Ek stem ook saam met ander kommentare wat voorstel dat ons wakker skrik uit ons lamlendige eiegeregtigheid en eerder positiewe punte van ooreenkoms met mede Afrikaanses sal gebruik as ‘n vertrekpunt as om mekaar te verguis tot genoegdoening van ons kritici en vyande.

Johannes Meintjes ·

Die voordeel van liberalisme is dat dit ook maar wispelturig kan wees en kan dans op die verhoog met die meeste kontemporere kalklig. Dat blanke Afrikaners egter uit hul apatiese waan van lamlendige eiegerigtiheid moet wakkerskrik en waar ookal moontlik en toepaslik aan die Volkssaak en Volksoorlewing moet deelneem, is na mening en uit monde van Breyten Breytenbach wel waar.

Sarie ·

Moedertaalonderrig is een van die antwoorde om ons verswak te onderwysstelsel om te swaai. Dit is deur navorsers bewys dat as ‘n kind in sy moedertaal ten minste die eerste ses jaar onderrig ontvang om sy basiese konsepte vas te lê kan hy/sy ook makliker oorslaan na ‘n ander taal. Die drie beste onderwysdistrikte in die land wat matriekuitslae aanbetref is in die Wes-Kaap . Almal geleë waar die meeste leerlinge bruin en Afrikaans is, nl. Eden-Karoo, Wynland en Overberg. Hierdie kinders hoort op Stellenbosch as hulle kwalifiseer om hulle in hulle moedertaal verder te kwalifiseer. Le Cordeur by die onderwysfakulteit ignoreer hierdie kinders en verkondig in Nederland dat Engels die grootste onderrigtaal gaan wees. Bruin mense is die groep wat die laagste verteenwoordig op universiteitsvlak.

Dirk Breytenbach ·

Le Cordeur se ware kleure kom nou uit of hy is gedienstig aan sy meesters om die regte geluide te maak ter wille van eie gewin. Hoe is dit moontlik dat ‘n Afrikaans sprekende sy eie taal kan afskryf? Die bewese feit dat moedertaal onderrig net positiewe voordele bied en omtrent geen nadele nie word deur die betrokkenes verswyg of weggewens want dit druis in teen die persepsie wat die vyande van Afrikaans geskep het om hulle dwaal ideologiee meer aanvaarbaar te maak. Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie!

Dirk Breytenbach ·

Dankie Breyten vir jou goed gefundeerde brief wat die situasie oor Afrikaans goed verwoord. Ek wonder net waar is die ander voormalige en huidige “leiers” wat behoort op te staan vir Afrikaans, is hulle monde gesnoer deur lafhartigheid en gedienstigheid ter wille van eie gewin?

Die professor van Stellenbosch is die kluts kwyt en dryf ‘n duistere agenda wat nie die kulturele en akademiese gemeenskap wat hy veronderstel is om te dien tot voordeel strek nie. Ek weet nie van enige kultuur of taalgroep in die geskiedenis wat vrywillig kulturele selfmoord gepleeg het nie, hierdie is ‘n unieke verskynsel. Kom ons hoop maar dat beginselvaste leiers figure die stryd sal aanknoop om geregtigheid te laat geskied.

Trots Afrikaans ·

Toe Genl Beyers in die Anglo-Boere oorlog in die bors geskiet is het die ronte sy sak-bybel getref en so sy lewe gered. Toe hy deur sy bybel blaai om die skade te bereken sien hy die ronte se punt druk op ‘n teks:

Sagaria 4 vers 6: Toe sê hy vir my:” Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deer my Gees, sê die Here die Almagtige.

En ek stel voor ons buig die knie voor God en volg dieselfde voorskrif.

Suidwester ·

Ek was vanuit Suidwes op Wellington op koshuis en skool. Telke male het ek gehoor van Breyten wat voor ons daar was. Daar was gemengde gevoelens in die KP streek oor sy liberale sienings. Ek het gewonder of ek weer sy naam sal hoor en of dit goed of kwaad so voorspel…

Bloues ·

Ek mis die punt heeltemal.
Moet ons as Afrikaans sprekendes veg vir ons taal of moet ons liefs ons energie toewy om te veg vir oorlewing.
Ek werk in die korporatiewe omgewing en ek is so jammer dat my opleiding nie in Engels was nie. Die sake wereld bestaan uit Engels of julle dit wil ontken of nie. As jy nie baie goed is met die rooi taal nie dan” suffer” jy. Dis hoe dit is.

Dirk Breytenbach ·

Hoe lank kan dit vir iemand neem om Engels te leer terwyl hy in ‘n Engelse omgewing werksaam is? Om Engels te wees kan onmoontlik nie ‘n vereiste vir sukses wees nie, ons almal het tog Engels op skool geslaag wat is so moeilik daaraan om die transisie te maak?

Jacobus Stofberg ·

Wonderlike inisiatief Breyten! Ons moet tot in die laaste loopgraaf (as dit nodig is) staan vir geregtigheid, al kom daar duisende “Slim-Wim tenks” op ons af. Ons het een troos: die geskiedenis sal nie vergeet wat gaan gebeur nie. Mag die gesprek deur rasionaliteit gekenmerk word en nie deur ongesubstansieerde moddergooiery nie.

Cilliers van Niekerk ·

Eerstens, groot dank aan Maroela vir die plasing, asook die skakels na Breyten se brief en na Gelyke Kanse se mediaplatforms – goed om te sien hulle beheers dié terrein.

Tweedens, Breyten se brief is nóg ‘n juweel van argument en verwoording. Dis in beide opsigte haas onvertaalbaar na Engels sonder verlies, en dus sommer sigself ‘n argument vir die behoud van die taal! Ek beveel die lees en verspreiding daarvan ten sterkste aan.

Laastens, aan Breyten en medestigters van Gelyke Kanse: Hartsdank, en dit wil ek sien – die beste onder ons, helder en duidelik verenig in die beste en regverdigste saak, sonder onreg of oneer aan enigeen. Julle het my volle, geesdriftige steun!

John ·

Ons geagte digter moet miskien, soos Engeland ook behoort te doen, die Boere-Afrikaners om verskoning vra vir sy haatspraak van die verlede. Hy het groot skade aangerig. Mens wonder of hy nou aandag soek om die verkope van sy jongste bundel op te stoot en of hy nou oud word en hier wil kom aftree en nou is alles net chaos en Engels. So draai die wiel en die pragtige Parys is ook nie meer wat dit was nie en nog minder die lieflike Stellenbosch. Dit help ook nie meer om die ysterkoei te laat sweet nie.

Jurre ·

Met veel belangstelling las ek Breytenbach’s brief. Ek is ’n Nederlandse student in Leiden en ek skryf ’n opstel oor die beskerming van die Afrikaanse taal; ook al ken ek geen Afrikaners en het ek nog nooit ’n woord Afrikaans gepraat nie, vra ek my af of Nederland ’n rol kan speel en hoe Afrikaners daar teenoor staan. Ek doel byvoorbeeld op meer samewerking in die taalunie, meer kulturele uitwisseling etc. Ek moet sê dat baie opleiding in Nederland ook volledig in die Engels is (ook die myne); die bedreiging van kleiner tale is ’n universeel tema.
P.S. sorry vir my beginners Afrikaans, maar ek hoop dat die boodskap oorkom!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.