‘Breytenbach is gewaarsku’

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof aangevoer Glynnis Breytenbach, voormalige NVG-aanklaer en nou DA-LP, is gewaarsku dat sy aangekla kan word indien sy dokumente van haar werkskootrekenaar skrap.

Adv. Karen van Rensburg, voormalige hoof van die NVG, was die staat se eerste getuie in die saak teen Breytenbach en haar voormalige regsverteenwoordiger, Gerhard Wagenaar. Hulle staan tereg op aanklagte van dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag.

Van Rensburg het getuig dat Breytenbach voor die tyd in kennis gestel is oor die regulasies rakende die uitwissing van data op haar werkskootrekenaar en dat sy die nodige magtiging moes kry om dit te doen.

Barry Roux, Breytenbach se regsverteenwoordiger, het die NVG se beleid rakende databestuur bevraagteken tydens sy kruisondervraging van Van Rensburg.

Van Rensburg het egter volgehou dat enige NVG-werknemer van iemand meer senior moet magtiging kry om data uit te wis.

Mukondeleli Ravhudzi, die NVG se bestuurder van inligtingstegnologie, is ook geroep om te getuig. Sy het aangevoer dat sy die gemagtigde persoon is om vir NVG-diensverskaffers toegang te gee nadat hulle sekerheidsklaring ontvang het.

Die saak gaan Dinsdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wessel ·

Barry Roux is ‘n uitstekende Advokaat. ‘n Vrot saak bly vrot ongeag wie die regsverteenwoordiger is. ‘n Goeie regsverteenwoordiger kan egter konsentreer op die sterk punte aangesien dit nie sy werk is om sy eie kliënt se skuld te bewys nie.

Jo ·

Daai rekenaar het n rugsteun stelsel. Die amptelike data in my documents en outlook word elke dag gebackup. Word private goed wat jy op jou rekenaar sit nou die Staat se eiendom? As ek my internet bank profiel uitwis? My Gmail?

Peter ·

Zahn, ek wonder wat die probleem is. Barry Roux is ‘n uitstekende advokaat en almal probeer maar om die beste verdediging te bekom.

Jan maak n Plan ·

Lyk my tussen Glyniss Breytenbach en Paul O’sullivan is hulle die regering se twee seer verstand tande. Eks so trots op die twee, roer maar die regering.

Marietjie ·

Die waarheid omtrent Glynnis Breytenbach is besig om haar in te haal. Ek praat uit my persoonlike ondervinding met haar, lede van die NVG, intelligensie, polisie, landdroste, prokureurs ens. nadat ek in Oktober 2005, n sindikaat in Alberton (waarvan baie mense lidmate was van Alberton Lewens Sentrum) asook n vrou Lorraine Lee wat my identiteit gebruik het om misdade te pleeg en dit op my te sit. Glynnis het haar staats getuie gemaak om die ander persone uit te wys, hulle is gearresteer (lieg tot vandag daaroor) en haar 4miljoen rand betaal skotvry gekom en met die polisie man getrou wat die saak ondersoek het. Dit is 11jr later en steeds word ek geteiken sonder dat iemand hulself identifiseer, of met my kom praat waarom hulle dit doen. Niemand wou my help of glo nie, het als verloor. Die waarheid het n snaakse manier om uit te kom wanneer iemand dit die minste verwag, en sy sal maai wat sy gesaai het, ook met ander sake.

Rynhardt ·

Marietjie, ek hoop geregtigheid geskied.Vandat Breytenbach by DA aangesluit het, dink sy is “untouchable”.Hul se mos, die wiel draai!

[email protected] ·

Dankie Rynhardt dit is al wat ek vra. Die aanklagtes teen haar hou dalk nie verband met my saak nie, maar dit help om te weet dat sy tog verantwoording moet doen.

Lida-2 ·

Praat jy nou wat tanne het! Ek sal dit bitterlik graag onder water, hande en sker wil neem. Maar miskien is ons net katterig. Hare is nie nou ter sake nie. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.