Breytenbach, medebeskuldigde dan verhoor

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

DA-LP Glynnis Breytenbach en haar voormalige regsverteenwoordiger, Gerhard Wagenaar, het Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Landdros Kallie Bosch het Breytenbach en Wagenaar meegedeel hulle sal op 18 Julie in die Pretoria-Noord streekhof verhoor word.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die staat is gereed om ʼn sterk saak aan te voer. “Ons neem nie enige saak hof toe indien ons twyfel ons gaan suksesvol wees nie,” het Mfaku aan verslaggewers buite die hof gesê.

Die Valke het verlede maand bekend gemaak die dossier van die saak teen Breytenbach is gesteel, maar die verdediging het reeds ʼn afskrif daarvan gekry.

Breytenbach staan tereg op aanklagte van meineed, bedrog, dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy en Wagenaar is in Februarie op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beskuldig Breytenbach daarvan dat sy bewyse van haar skootrekenaar gevee het toe ʼn interne ondersoek teen haar aan die gang was. Breytenbach is ʼn voormalige aanklaer van die NVG. Die DA meen die aanklagte is polities gedrewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marous ·

NVG is vol van hulself …. Wonder hoeveel het Shrien Devani se saak die belastingbetaler gekos?

Henry ·

Sal interessant wees om te sien hoe dinge ontvou.
Beide partye is oënskynlik baie seker van hul saak.

Zumie ·

Lyk of ons ‘n era ingaan waar die NVG al hoe meer ingespan word teen politieke opponente. Ek sal graag wil weet of die staat se saak berus op dieselfde feite waarop die dissiplinere verhoor berus het – dit het nie ver gekom nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.