Brian Molefe, die voormalige Eskom-hoof, is Donderdag amptelik as LP ingesweer.
Sy toetrede tot die parlement het wyd reaksie ontlok, met sommige mense wat meen dit is slegte nuus vir Suid-Afrika, terwyl ander Molefe se nuwe posisie verwelkom.
David Maynier, die DA se skadu-minister van finansies, het gesê Molefe se inswering as LP is ʼn “toename in die burgeroorlog binne die regerende party” en die stryd vir beheer van die Nasionale Tesourie, wat deur pres. Jacob Zuma gedryf word.
Maynier het gesê hoewel die party nie seker is daarvan nie, neem hulle aan dit sal nie lank wees voordat Molefe ʼn lid van die staande komitee oor finansies word voordat hy mettertyd as adjunk-minister van finansies aangestel word nie.
“Die feit dat Brian Molefe enige posisie binne die ‘finansies-familie’ beklee, is ʼn duidelike gevaar vir die institusionele onafhanklikheid van die Nasionale Tesourie en sal sleg wees vir Suid-Afrika,” het hy gesê.
“Die Guptas sal verheug wees, want te oordeel aan die staatskapingverslag, as Molefe uiteindelik ʼn lid van die finansies-familie word, sal hulle [die Guptas] ʼn regstreekse lyn na die Nasionale Tesourie, die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en SAL hê.”
Die Black Business Council (BBC) het Molefe gelukgewens met sy nuwe posisie en gesê hulle is oortuig daarvan dat sy bydrae tot die parlement waardevol sal wees. “Die BBC glo mnr. Molefe, sal met sy prestasierekord, die BBC ondersteun in sy stryd vir radikale ekonomiese transformasie in die voorste linies van die regering en die wetgewer.”
Die Progressive Professionals Forum (PPF) het in ʼn verklaring ook Molefe se inswering as LP verwelkom en gesê hulle verwelkom die feit dat Molefe sy kennis, vaardighede en leierskap in die parlement gaan bydra.
“Die PPF is daarom onapologeties verheug dat mnr. Molefe moontlike hoë salarisse in die privaatsektor opgegee het en gekies het om onbaatsugtig tot ons jong demokrasie by te dra deur te help om ʼn verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige samelewing te bou.”
Die VF Plus het, in teenstelling hiermee, sy bedenkinge oor Molefe se aanstelling as LP uitgespreek en in ʼn verklaring gesê daar is ʼn verskuilde agenda agter die skuif om Molefe in die parlement te ontplooi.
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Molefe se aanstelling wys Zuma se faksie sal alles in sy vermoë doen, selfs ten koste van die land, “om mense, wat lojaal is aan die president, in hoë poste aan te stel”.
“Aanstellings soos hierdie wys opnuut dat pres. Zuma doen wat die beste vir homself is en nie wat in die beste belang van die land is nie,” het Groenewald gesê.
Molefe het in November bedank, kort nadat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, haar sogenaamde staatskapingsverslag bekend gestel het en kontak tussen Molefe en die Gupta-familie aan die lig gebring het.
Molefe het egter gesê sy bedanking is nie ʼn skulderkenning nie, maar hy doen dit juis in belang van Eskom. Hy het volgehou hy het niks verkeerd gedoen nie en dat hy, wanneer hy die geleentheid gegun word, sy onskuld sal bewys.
Nog ñ getroue Zupta pion op Zuma se skaakbord !!
Vanaand op SABC2 nuus was Brian Molefe nie in die parlement nie, maar agter geslote deure in Speaker se kantoor ingesweer! Brian word gesien as n held omdat hy goeie bande het met Zuma en Anc se vriende, die Guptas.As jy goeie verhoudinge het met die Guptas, kom jy in aanmerking vir die groot broederskap! Brian is SA se volgende minister van finansies! In 2016 het Gordan se vrou aan E-Tv gese dat Zuma is besig met n veldtog teen haar man.In dieselde tyd het die Jeugliga gese dat Gordhan moet waai en hul wil dat die ekonomie moet vernietig word! Daar is omstrede Brian Molefe nou klaar in parlement.Dit is net verstommende dat die oorgewig ooms in parlement nie dinge kan uitspel nie, nog minder die liberale kommentators.
Die moment as Mr Z vir Mnr B. Molefe aanstel in n finansieele funksie en die land se ekonomie daardeur skade lei moet Z baie formeel aangekla word van miskenning van sy ampseed en minagting van die Grondwet
Wat van so n paar wigte en teenwigte de klerk en kie
Zuma is ‘n helse groot probleem.
BBC? As daar n WBC was sou hul as rassiste gebrandmerk word!!
Hulle kan definitief nie tel nie “jong demokrasie” Dit is al 23 jaar wat die spul regeer
Hierdie man se vingers is baie dik.
Ons het nou al ‘n Braai Molefe, Popo Molefe en soek nog ‘n Piesang Molefe en dan het ons die hele mengelmoes!
Hoop die korrupte Afrika hero het darem n traantjie gepik toe hy ingesweer is
Gedoriewaar!
LP en n tree nader om die staatskas te plunder vir Zuma se vertrek oor twee jaar.
Gierigheid hier is soos n reuse kanker & Molefe moet nou bo en behalwe alles wat al klaar gevat is die tesourie oopsluit. Is daar geen einde nie? Wat maak hulle met al ons geld?!
Hy moet iewers plek gegee word om stil te bly.
Nog ‘n blinde wat die een oogegis lei.
Dit raak net al hoe beter.
Pravin het darem nuwe belastings aangekondig om die man te huisves
Is hy die haas wat Zuma uit die hoed trek om president te word?
Hopp net hy maak nie met ander gelde soos hy met die spoorweg pensioenarisse se geld gemaak het nie – omtrent alles weg waarvoor hulle gewerk het. Nou kan hulle nie eers elke dag eet nie