Brian Molefe baklei terug

Brian Molefe Foto: ANA

Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, sal aansoek doen om verlof tot appèl teen ʼn hooggeregshofuitspraak dat hy die geld wat hy reeds deur ʼn onregmatige pensioenuitbetaling van die kragvoorsiener ontvang het, moet terugbetaal.

Maroela Media het vroeër berig Molefe is vanaf die uitspraak verlede week Donderdag gelewer is tien dae kans gegee om die R11 miljoen terug te betaal wat hy reeds ontvang het.

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis Molefe is nie geregtig op enige pensioenvoordele van die kragvoorsiener nie en moet daarom die geld terugbetaal wat hy reeds ontvang het van die R30,1 miljoen-pensioenuitbetaling wat aan hom toegeken is.

“Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat die heraanstelling van mnr. Molefe as die groep uitvoerende hoof by Eskom in stryd is met die wet, dus ongeldig is en gevolglik ter syde gestel moet word,” het regter Elias Matojane uit die uitspraak van ʼn volbank hooggeregshofregters voorgelees.

“Ons het ook bevind mnr. Molefe was nooit geregtig om enige pensioenvoordeel van die Eskom-pensioenfonds te ontvang nie, en enige betaling wat as deel van hierdie voordele gemaak is, was onwettig.”

Die vakbond Solidariteit en politieke partye het die hof genader om te versoek dat Molefe se pensioenuitbetaling ter syde gestel word.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Woensdag Molefe se voorneme om teen die uitspraak te appelleer as ʼn uitsteltaktiek bestempel.

“Ons is verstom oor mnr. Molefe se aansoek [om verlof tot appèl], en is van mening dat geen ander hof tot ʼn ander beslissing sal kom nie. Ons sal die aansoek beslis teenstaan,” het Hermann gesê.

“Hierdie soort aksies en uitsteltaktiek is ʼn misbruik van die reg en ʼn vermorsing van tyd.”

Hermann meen Molefe toon geen insig in sy oortredings nie. “Hy behoort skaam te wees, die land om verskoning te vra en die geld wat onregmatig aan hom betaal is, terug te betaal. Hy doen egter die teenoorgestelde en probeer om dit wat die hof reeds bevind het onverdedigbaar is, te verdedig,” het hy gesê.

“Behalwe ons opponering van die appèlaansoek gaan Solidariteit voort met ʼn voorlegging aan die Valke om hulle met die strafregtelike ondersoek teen meneer Molefe te ondersteun. Die strafsaak hang nie af van sy appèlaansoek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Amanda ·

Dit is sulke dinge wat ons lans se ekonomie op sy kniee het. En hulle kom net absoluut weg met dit.

Johan de Beer ·

Ek verwag enige oomblik dat daardie mond skielik wyd oopgaan, ‘n lang, taai tong uitskiet en ‘n vlieg of ‘n mot inkatrol

Leeutjie ·

Ek het nou so gelag. Jy is so snaaks Johan…my dag gemaak!!

Simon ·

Ek is as Nederlander welke Suid Afrika baie lief het…niewskierig welke diploma’s en kwalificaties welke al die SA ministers het.
En kan nie geloof nie dat een land door analfabeten bestuur wordt.
Die kabinet van SA lyk meer op een comische soap.

Piet Pompies ·

Die kwalifikasies van die regeringsbeamptes is onbekend en ek dink ook die meeste van hulle is ongeletterd. Dit maak jou vraak dag geldig, hoe kan ongeletterde mense ‘n land bestuur?

Carl Jordaan ·

Ek hoop hy betaal die regskoste, Ek verstaan nie dat hy nog nie verder ondersoek en aangekla is nie.

leon ·

Jy is reg Simon, is dit nie komies nie? Tog was dit die Nederlandse regering wat die korrupte anc ondersteun het, finansieel en moreel. Dit was buitelandse druk en sanksies wat die nuwe bestel op die minderhede in die land afgedruk het. ‘n Grondwetlike Demokrasie as oplossing vir die komplekse land, sien ons nou na twee dekades, was vals.

Lientjie ·

Verlof tot appèl so gedink ja. Hy het seker nie meer die geld nie, wonder waar gaan hy geld kry vir die appèl saak?? Hy moet reeds die ander se kostes betaal. Hy baklei nou vir oorlewing. Wat ‘n gekke spul!

christa ·

Ek vat nie sy part nie, maar die person wat verantwoordelik as vir die uitbetaling moet self daarvoor opdok al vat Eskom die persoon sy pensioen. Did onregverdig om die geld nou wil terugvat wat aan hom uitbetaal is.

Joe ·

Dink hy hy het niks met die uitbetaling te doen gehad nie, seker net die tjek geteken???

zoom zoom ·

Nou dat hy in die SA Lugmag is gaan die Weermag betaal vir sy regskostes. Hy verdien dit want hy dien vir zuma die guptas en nou sy land. He He He

lvh ·

Stem saam Christa! Iemand ht dit goedgekeur. Lynn Brown dalk? Stem ook saam met Leon. NL was die voorbok met sanksies en was/is die grootste oorsaak dat ons in die ellende gedompel is. Btw…..het Molefe sy paspoort ingehandig?

Frik ·

Nie net hy moet strafregtelik aangekla word nie maar almal wat die betaling goedgekeur het of daarby betrokke was.

Christina Swart ·

Dit was hy wat ‘n hand in die pensioen sage van Transnet ook gehad het. Nie om gegee vir die pensioenarisse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.