Brian Molefe by provinsiale rede verwelkom

Brain Molefe Vrydag in Taung vir die provinsiale rede. Foto: ANA

Brain Molefe Vrydag in Taung vir die provinsiale rede. Foto: ANA

Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof wat gister as ANC-LP ingehuldig is, is Vrydag spesiaal deur Noordwes se premier, Supra Mahumapelo, in die wetgewer verwelkom.

Mahumapelo het tydens sy provinsiale rede in Taung vir Molefe verwelkom en gesê Molefe moet ʼn dik vel ontwikkel om in die politiek te oorleef. “Mnr. Molefe, die hoogste bome vang die meeste wind,” het hy gesê.

Molefe is Donderdag amptelik as LP ingehuldig. Sy toetrede tot die parlement het wyd reaksie ontlok, met sommige mense wat meen dit is slegte nuus vir Suid-Afrika, terwyl ander Molefe se nuwe posisie verwelkom het.

Molefe het in November by Eskom bedank, kort nadat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, haar sogenaamde staatskapingsverslag bekend gestel het en kontak tussen Molefe en die Gupta-familie aan die lig gebring het.

Molefe het egter gesê sy bedanking is nie ʼn skulderkenning nie, maar hy doen dit juis in belang van Eskom. Hy het volgehou hy het niks verkeerds gedoen nie en dat hy, wanneer hy die geleentheid gegun word, sy onskuld sal bewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Die blatante arrogansie waarmee Zuma en sy trawante “operate” om homself en AL sy Zumaikies te bevoordeel en te beskerm is bloot angswekkend? En dis wat ons van weet….! Immagine wat hy/hulle slaag om mee weg te kom.sonder dat iemand iets weet/sê?

Janee ·

Ons nuutste “Honourable Member” wat se dit vir ‘n mens .

Jaybee ·

Stem saam met Johan, sal net graag wil weet wanneer hy sy onskuld gaan bewys.

pieter ·

Sjoe ry lekker op die soustrein gister in die Kaap vandag in Noordwes.

MisDemeanor ·

Hul het hom seker aangestel omdat hy so ‘n “great job” gedoen het by Eskom. Dink nou wat hy kan vermag as hy by die bestuur van ons land betrokke is….

andrea van vuren ·

hy gaan tydens sy eerste toespraak of konfrontasie in trane uitbars!

Adrian ·

Hoe kan korrupte man soos die sy bakkies in die parlement wys nou geen respek vir hom nie, hy het homself verryk by transnet daarna by escom nou die volgende een is finansies om daardie deure oop te sluit dan jz en die res sal die kluise leeg steel ai ai ai

andrea van vuren ·

Ek wonder steeds hoe sterk die Guptas se houvas op Zuma en sy kaders is!

Hennie ·

Nee wat, nou hoef hy nie meer sy onskuld te bewys nie. Hy sit nou soos baie ander krimenele in die parlement!

Ben ·

Los hulle. Al wat ek weet die Here Jesus sluimer of slaap nie. Die wiel gaan verseker draai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.