‘Brian Molefe gee nie gehoor aan hofbevel’

Brian Molefe Foto: ANA

Die vakbond Solidariteit het Vrydag aangekondig dat hy in die proses is om stappe van afdwinging teen Brian Molefe in te stel.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het Molefe, die voormalige hoof van Eskom, nie gehoor gegee aan die eise wat vroeër vandeesweek deur die vakbond aan hom gestel is nie.

In ʼn skrywe aan Molefe se prokureurs het Solidariteit Molefe versoek om die bevel van die hooggeregshof te gehoorsaam en die fondse wat hy onregmatig verkry het voor 11:00 op Vrydag 20 April terug te betaal.

“Die skrywe het op dowe ore geval. Ons het nog geen voldoening aan ons versoek van Molefe óf sy regspan ontvang sedert ons skrywe op 18 April nie. Molefe se uurglas om die geld terug te betaal het nou finaal uitgeloop en dus is dit onafwendbaar dat Molefe nou die pensioengeld wat hy onregmatig ontvang het terugbetaal,” het Van der Bijl gesê.

“Molefe se sloertaktiek om die terugbetaling van die geld uit te stel het duidelik gefaal siende dat die hof sy aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys het. Die vakbond sal nou indringend deur dié stappe van afdwinging eis dat hy die geld, wat uit belastingbetalers se sakke kom, dadelik moet terugbetaal.”

Maroela Media het vroeër berig Molefe het op 31 Januarie sy aansoek om verlof tot appèl ingedien ten einde ʼn hofbevinding teen hom te laat omkeer. Die bevinding was dat hy die geld wat hy reeds deur ʼn onregmatige pensioenuitbetaling van die kragvoorsiener ontvang het, moet terugbetaal.

Dié hofuitspraak wat op 25 Januarie gelewer is, het beslis dat sy heraanstelling en pensioenuitbetaling van sowat R11 miljoen onregmatig was.

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis Molefe is nie geregtig op enige pensioenvoordele van die kragvoorsiener nie en moet daarom die geld terugbetaal wat hy reeds ontvang het van die R30,1 miljoen-pensioenuitbetaling wat aan hom toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Cherokee ·

Weet nie wat die hofbevel daarvan sê maar die rente wat daarop gemaak is behoort ook terug betaal te word, veral omdat as die geld steeds in die pensioenfonds was, sou dit rente verdien het wat die fonds versterk het.

Wat as hy dit nie meer het om terug te betaal nie? Wat as hy dit oorbetaal het as vergoeding? Dit sal darem seker nie die geval wees nie – dink hy doen net moeilik afstand van die onregmatige buit.

Han ·

Ek is nie ‘n regskenner nie en vra net: kan iemand wat ‘n hofbevel verontagsaam, nie in hegtenis geneem word nie? Dit is deesdae mode dat hofbevele summier verontagsaam word.

Avra ·

Sluit hom onmiddelike toe. Die howe wil dan so graag voorbeelde maak…. Begin nou met die kleur wat nie in die reen boogie is nie.

Charles ·

Hierdie proses beter baie goed kontoleer word. Die Eskom pensioenfonds as die “kanaal” van die onregmatige toestaan van pensioenvoordele deur Eskom behoort as die waghond van die terugbetaling op te tree.
Terloops, is hier rente sedert die uitbetaling betrokke? Of gaan daar ten minste wees vanaf die oorspronklike hofuitspraak?

AD ·

Hier gaan niks van kom nie. Die saak gaan net uitgestel word / verleng word tot almal daarvan vergeet.

Cherokee ·

Ou storie wat net deur verskillende kommentators met verskillende woorde by verskillende berigte oor en oor herhaal word.

Cherokee ·

‘Hier gaan niks van kom nie.’ ‘Daar gaan niks van kom nie.’ ‘n Rympie wat aanhoudend weerklink en eggo deur die forums. Gelukkig het die ou holrugrympie van blankes wat nie kan saamstaan nie sy dinges gesien maar dit blyk vervang te wees met hierdie een.

Anoniem ·

Ou Cherokee… Wat braak jy so gal deesdae? Wat maak dit saak of dieselfde kommentaar herhaal word? Word dieselfde berigte nie herhaal net met verskillende gesigte en scenarios maar dieselfde grondslag nie? Haal jou frustrasie tog asseblief op meer gepaste maniere as jou medemens uit! Jy irriteer ook mense, almal is net nie so galbitter soos jy en baklei met die hele wêreld nie!

Vra net ·

Wat van daar word n lasbrief uitgereik vir sy arresstasie vir nie nakoming van bevel. Wat maak hom verhewe bo die reg

Johann ·

Daars niks oor nie… hy moes sy SHEBEEN rekening in Saxonworld betaal het…

Pietsepan ·

Maar dan moet daar beslag op al sy eiendom gemaak word. Hy moet gesekwestreer word en toegesluit word vir minagting van die hof. Hoekom is ons regstelsels so slap en traag.

Buffel ·

Dis om van te huil…..en as die hartseer oor is ‘n Black Label geniet in die shebeen langsaan die Gupta’s.

Cherokee ·

Wat ‘n ìronie! Ek geniet hierdie nuus met ‘n Black Label saam (o ja, ons praat Afrikaans hier, so maak dit ‘n Swart Etiket’) en jou Buffelagtige kommentaar het my lekker laat lag :-)

Cherokee ·

Wat? Die Black Label of die R10m?
in Afrikaans:
What! The Swart Etiket or the R10m?

SjN ·

Arresteer hom en lê beslag op al sy bates, dit is hoekom dit so gaan in die nuwe rommel status Rsa

LHS ·

Nee wat ou Cherokee, niks is holrug gery nie, dit is en bly n realiteit dat die soustrein gedeelte van die land mekaar sal beskerm, daar sal niks van kom nie, nie enige aantuigings of bewyse van enige aard teen n armlastige, agtergeblewe, onderdrukte mafia lid, sal absoluut nerens iets van kom nie, nie malema nie, nie zuma nie, nie een nie. Afrika regstelsel werk nie soos die westerse regstelsels nie.

Cherokee ·

LHS, hetsy dit ‘n realiteit of verbeelding is, niks voorkom ‘n irriterende herhaling van dieselfde sinnetjie om holrug te word nie.

Johann ·

Kry vir jou Molefe! En om te dink jys na als bemagtig met n lekker job in die weermag. N arrogante vermetelheid wat net n ANC kader ontplooide sal kan doen, gewetenloos vat en hou… geld en mag. ANC LEGACY

zoom zoom ·

Waarom het die hof nie ‘n sperdatum aan molefe gestel vir die terug betaling van die gelde met rente nie of mis ek iewerste iets in die berig

Chris Ws ·

Ek wil graag weet wat word van die’ wat gehelp het dat hy onregmatig pensioenvoordele toegeken is.Daar is ‘n paar persone wat ook aangekla hoort te word vir bedrog.Ek glo vas hy’t elkeen ‘n miljoen of twee belowe as hulle toesien dat hy die R30 miljoen kry.

Cherokee ·

Dit is juis waarom ek sê dat hy dit miskien nie meer het om terug te betaal nie.

Hansmyt.eeiskoud ·

Kyk hoe kyk hy nou vir my!!!!
Vyftig Randjies daar met die komplimente van Blapsa!

Oom Kalahari ·

Die trane die rol oor jou Solidariteit. Mnr Brian gaan weer paar water druppels afskei as jul sy Gupta vakansie geldjies gaan kollekteer. Wat se Tannie Lynne Brown oor die petalje waar hy heraangestel was? Die geldjies gaan darem hel as die vry grond toekenning inrol, dan kan hydarem met ‘n voorsprong wegspring. Sterkte Solidariteit en hoop jul gaan die rondte wen.

Jane ·

Dit lyk my oorals die selfde. Mense sit in die tronk vir die gebruik van n word, maar vir die diefstal en bedrog van R11 milijoen uit elke mens se sak gebeur daar niks. N emosie wat , wel nie van pas, hoggeloop het teen n noukeurig beplande diefstaal. Daar bestaan nie meer reg en geregtigheid.

Jan . . . Jan van Riebeeck ;-) ·

Eskom is die verantwoordelike party wat moet sorg en toesien dat hulle die gelde terugkry van Molefe – nie Afriforum nie! Wys jou net wat is Eskom se belang in geregtigheid! (Drie Bravo’s aan Afriforum)
My beskeie mening is dat minagting van ‘n hofbevel ‘n kriminele oortreding is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.