Brian Molefe nié in hegtenis geneem, sê Eskom

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Eskom ontken gerugte dat sy uittredende uitvoerende hoof Brian Molefe in hegtenis geneem is ná ʼn beweerde onsuksesvolle selfmoordpoging en gesê die bron is ʼn valse nuuswebwerf genaamd News24-TV.

“Molefe is tans besig met sy gewone daaglikse pligte,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “Ná kontak met die regte News24, het dit aan die lig gekom dat News24-TV ʼn valse webwerf is wat doelbewus ʼn soortgelyke naam en handelsmerk gebruik in ʼn poging om niksvermoedende lesers om die bos te lei.”

Eskom doen ʼn beroep op die betrokke owerhede om die nodige stappe te doen teen sulke valse nuuswebwerwe.

Molefe het verlede week bedank “in die belang van Eskom en die publiek” ná die voormalige openbare beskermer se sogenaamde staatskaping-verslag wat aanvoer dat hy moontlik betrokke was by multimiljoen rand se kontrakte met Tegeta, ʼn Gupta-beheerde maatskappy.

Molefe het gesê hy verlaat sy pos op 31 Desember en sal dan ʼn tydjie neem om te besluit wat sy volgende loopbaanskuif sal wees.

Eskom-personeel het Dinsdag ʼn impromptu vergadering gehou en geëis dat hy sy bedanking terugtrek, maar hy het dit van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

humors ·

Stem saam dit kan nie waar wees nie, want niemand van hulle het n gewete wat so kan skaaf nie.

Alida ·

Ja wel die strop word al stywer gespan om hul nekke. Daar gaan baie duur staatsbegrafnisse wees as die hele spul begin selfmoord pleeg eerder as om tronk toe te gaan.

Chris ·

Hierdie is nou weer die nuuste van liberaliste . Die gekerm oor Vals nuus web werwe.Ek sien Clinton meen dit is agv die vals nuus dit sy verloor het en Obama kerm ook daaroor.Dit het begin by die sogenaamde Alt.Regse .Toe word kommentare op MSM gestop agv die rasisties kommentaar en nou is Evkom ook op die wa met vals nuus aantuigings.Mense glo nie meer hoof stroom nuus en propaganda.
Ek sal nie verbaas wees as Molefe wel selfmoord probeer het nie.Glo die posisie waarin hy is kan nie te gemaklik wees nie en die trane stort by pers konferensie wys hy is emosioneel nie op goeie plek.Maar bed war jy maak moet jy maar op slaap.

John ·

Het iemand nie ‘n rol vir die briljante akteur met ‘n eie helikopter wat hy met sy eie sakgeld gekoop het nie?

sarie van heerden ·

Wonder HOEVEEL floppe en blabse weet ons nie van nie. Hulle moet Zuma se voorbeeld volg en sy dinges afvee aan enige beskuldigings wat na sy kant kom en net vetter en vetter word saam met sy harem vroue en weet nie hoeveel kinders waarvan ons nie eintlik die regte getal weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.